Soektog na Bloem-vrou eindig tragies

Natasha Mans (Foto: Verskaf aan Maroela Media)

Natasha Mans (41), die ma van die 15-jarige Noeline Koekemoer wat in April 2015 in haar ouerhuis in Bloemfontein wreed verkrag en vermoor is, se liggaam is Woensdag sowat twee weke ná haar verdwyning gevind.

Sy was sedert Donderdag 31 Mei vermis.

Kons. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “Haar liggaam is nie ver van die huis waarvandaan sy verdwyn het nie, met ʼn skietwond aan haar nek gevind. Die wapen waarmee sy verdwyn het, is ook op die toneel aangetref,” het Nkabi gesê.

Sy kon nie onmiddellik bevestig wie Mans se liggaam opgespoor het nie.

Maroela Media het vroeër berig Mans het op 31 Mei ʼn werker gaan aflaai, teruggekeer huis toe en daarna spoorloos verdwyn. Sy het in die Groenvlei-gebied in Bloemfontein gaan stap en nie weer teruggekeer huis toe nie.

Sy het ʼn denim en ʼn oortrektop aangehad. Mans het ʼn tatoeëermerk op haar regterarm: ʼn kruis van ongeveer 8 x 4 cm groot met die datum van Noeline se afsterwe, 7 April 2015, daarby.

Moses Maoka (37) is in Desember 2015 twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moord en verkragting van Noeline. Hy is ook tot ʼn bykomende nege jaar tronkstraf gevonnis op drie aanklagte van huisbraak.

Natasha het op Noeline se liggaam afgekom. Hulle het saam in ʼn woonstel op ʼn kleinhoewe in Bainsvlei gewoon. Maoka was voorheen ʼn werker op die kleinhoewe en het Noeline en haar ma geken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Albaster ·

Bloed aan die hande van die ANC, hulle sal eendag vervolg word wanneer hulle uitgestem word, al is dit eers oor 2 verkiesings.

Staal ·

Dis baie tragies, ‘’n mens kan somer die pyn waarmee die vrou saamgeloop het aanvoel. Die nalatenskap van misdaad sterk soveel weier as wat mense dink. Waarom kan mense nie menswees nie?

MJ ·

So kan die dogter se moordenaar eintlik nou vir twee moorde skuldig bevind word..
Sterkte aan die familie. Watter moeilike tyd moes hierdie mamma deurgemaak het. Ai.

Retha ·

Stem saam met jou. Die vuilgied kan weer aangeka word, hy het 2 mense se dood veroorsaak.

Gesiggie ·

Waarvoor ek gevrees het, het gebeur.. hierdie Ma het soveel seer gehad.. sy kon nie verwerk wat met haar kind gebeur het,,, ek kan myself nie indink wat als deur haar gedagtes moes gaan..Ek is so jammer vir die Familie dat hul nog n geliefde moes verloor. Natasha was n prag van n vrou, maar sy het verkies om eerder saam haar kind gelukkig te wees in die Hemel… saam is hul nou veilig.. RIP

Lorinda de Waal ·

Ek stem 100% saam jou. Daai Tannie het BAIE seer gehaad!

Elizabeth ·

Mens kan die pyn in haar oë sien……..mens dink hoe langer die persoon dood is,hoe makliker word dit vir die wat agterbly…….

Maar hoe langer jy alleen is, hoe meer word die gemis……

En ja, daai man het nou streng gesproke 2 mense doodgemaak….
So hartseer en onnodig.

Sê maar net ·

Ek en my vriendunne sit nou die dag en gesels oor….as jy dood gaan…sê almal…rus in vrede…hoekom kan ons kan ons nie in vrede leef….ek vra maar net.

Selfbeskikking ·

Ons sal moet hard werk vir vrede deur om te onderhandel vir ons eie stuk land. Eerder van voor begin in n veilige klein land as om in Azania uitgemoor te word.

Moedeloos ·

Hierdie tipe nuus is aan die orde van die dag. Elke keer wat mens hierdie nuus sien maak dit mens so hartseer en bekommerd vir mens se eie lewe en vir die wie jy lief het se lewe. Ons sit en wik en weeg of ons die trap Australië toe moet maak, met hierdie tipe ding wat daagliks gebeur is mens seker stupi om te bly as mens die geleentheid het om te gaan. God het ons nog altyd beskerm, ek bid dat God die godeloses met die banvloek kan tref, sodat RSA kan herstel in volle glorie

Lana ·

SO jammer oor hierdie nuus. Kan net dink waardeur sy moes gaan!
Ons elkeen moet die verantwoordelikheid neem om te baklei teen misdaad en al die gemors wat in dié land aangaan.
Ons is dit verskuldig aan al die mense wat al hul lewe verloor het a.g.v. misdaad.
Ons is dit ook verskuldig aan elke eerlike en opregte mens in hierdie land!!

Plaasjapie ·

Die berig laat dit klink asof sy haar eie lewe geneem het, wat dalk nie noodwendig die geval was nie. Wat my pla is dat die honde nie haar spoor kon optel nie, al was dit so naby aan haar huis? En wie skiet jouself in die nek? Ek weet sy was in diepe donkertes, maar ek wonder tog.
Rus in vrede, mooi vrou!

Ella ·

Ja Plaasjapie hier ontbreek goeie speurwerk, dalk het hulle gladnie hard gewerk om haar te kry en hoekom is hulle vaag oor wie haar gevind het?
Hierdie vrou moes n verskriklike ding verwerk. Geen ma/pa behoort so-iets deur te maak.
Sy kon nie meer daarmee saamleef.

Netso ·

Netso Plaasjapie, jy skiet jouself in die nek? Nonsens, daar sit meer agter haar dood. Hopelik sal daar polisie wees wat ondersoek gaan instel oor wat werklik gebeur het. Ek stem met jou saam: Rus in vrede, verlos van hierdie wêreld.

plaasarie ·

hoe skiet ju jouself in regyerkamt as jy linkshandig is? vra maar net.

LOL ·

Niks te doen met swak polisiewerk nie; daar is onverpoos leidrade opgevolg wat eenvoudig doodgeloop het.
Dan gebeur dit selde dat n vrou wat selfdood pleeg, haarself ‘vermink’ deur n koeël byvoorbeeld deur haar kop te trek; hulle mik gewoonlik vir die hart.
Wat my wel pla is dan tereg hoekom deur die nek? En hoekom terugsluip na haar woning en dit daar gaan doen na 2 weke? As dit haar plan van die staanspoor was sou sy dit sekerlik dieselfde dag van haar verdwyning gedoen het op n plek waar sy nie sommer gevind sou wou word nie?
Ten minste is sy nou by haar dogter …

SA Moordmuseum ·

Hierdie tragiese verhaal gaan nou n lelike draai maak. Was nie self nie, alweer nog n moord. Dit moet als vir die wereld gewys word saam met ons noodkrete vir hulp.

CS ·

Volgens Netwerk24 blyk dit haar lyk was eers in ‘n vrieskas gehou en dat sy eers onlangs oorlede is, klink nie of sy selfmoord gepleeg het nie.Sal maar moet wag en sien wat kom hier uit

Oom Kalahari ·

Ek ruik hier ‘n rot. Sy mag dalk depressief gewees het en is ‘n pragtige vrou wat regtig nie vir my voorkom of sy sommer hand aan eie lewe sal slaan nie. Daar mag dalk naastes en vriendinne wees wat haar die laaste tyd goed geken het en haar optredes kan beskryf of sy so sou optree. Sy mag dalk haar vuurwapen geneem het as veiligheid vir vrou alleen om te gaan stap, maar iemand het haar oorrompel en dinge kon moontlik verkeerd geloop het en haar liggaam later daar geplaas is. Snaaks dat iemand hom/haar in die nek sal skiet.

Driekie ·

Hier is n paar dinge wat nie sin maak nie….. Die wapen wat ‘ saam met haar’ van die huis weg is kan daarop aandui dat iemand haar met haar eie wapen onder aanhouding ‘ontvoer’ het… Ek hoop dat goeie speurwerk gedoen sal word….

Rina Maartens ·

Ek betwyfel dit sterk dat hierdie n geval van selfdood was net te veel los drade wat nie sin maak nie. Nog n saak om aandagtig te volg.

Hannelie ·

So verskriklik jammer vir haar familie. Ek verstaan net nie dat sy 2 weke weg was…..en skielik opgespoor word nie. Daar is seker nooit na haar gesoek nie. Want polisie se spoorsny honde sou maklik ‘n reuk kon optel. Ons sal maar wag en moet sien wat sê die otopsie. Baie sterkte aan haar geliefdes.

andre ·

Dit is so duidelik soos daglig.Die skuldige wat neolene,Natasha se dogter wreed vermoor het en n kennis was,het iemand da buite versoek om haar lewe ook te neem,agv sy lewenslange tronkstraf.Revenge dink ek is die motief.Hoop en vertrou haar moordenaar kry ook sy dag.

Piet ·

Nie n baie deuglikke soektog geloots nie ne? Naby haar huis gevind, en in 2 weke niks gevind nie, nee great SAPS en community.

Abbie ·

Volgens ‘n ander nuusberig word daar vermoed dat Natasha Mans se liggaam vir 2 weke in ‘n vrieskas gehou was en gister daar gelaat is waar sy gevind is

VanAfrika ·

Op Netwerk24 word vermoed sy was eers in n vrieskas gehou, sy het nie selfmoord gepleeg nie, sy is vermoor

Jack & Jill ·

Jip. Iets is verdag. Nog nooit gehoor dat jy jouself deur die nek skiet nie. Iets is baie vreemd. En dis waar Piet, want hoe is dit dat die lyk naby die huis gekry is, maar vir 2 weke niks????
Mens wonder ook steeds oor die sakeman Louis Siemens se moord. Net een verdagte gevang wat teruggekeer het na die toneel. Die ander ry nog glo in daai einste swart Jeep rond. Hulle gaan haal klere by die meenthuiskompleks. Volgens berigte word dit gerapporteer en niks kom daarvan nie. Daardie man is 15h00 in die middag met 4 skote neergevel in ‘n parkeerterrein. Daar was cctv en ooggetuies. Die arrogansie van hierdie spul. Maroela, sal julle tog asseblief opvolg hieroor?

AH ·

Baie tragies. Ek dink nie dit was selfdood nie. Hoekom sou sy soveel jare na haar dogter se moord so it’s doen? As sy haar eie lewe wou neem sou sy sekerlik nie haar eie lyding so lank uitgerek het nie, maar toe dit nog rou was ‘n einde aan alles gemaak het. Bitter hartseer dat elke tweede berig wat mens lees sulke nuus is.

Nie selfmoord ·

Ander berig sê haar liggaam was in ‘ vrieskas gehou en sy is nie dood waar liggaam gekry is…

Waarheid ·

Sterkte vir dié wat geliefdes en vriende van die mooi vrou was, maar die wat om ander redes betrokke was by haar, mag jul deur die alle velle boemerang van geregtigheid getref word.
Andre …stem saam iewers gelees hul wil wesens in tronke tablets gee wonder vir wat.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.