Soektog na bootkaptein tydelik gestaak

Argieffoto: NSRI

Die soektog na die kaptein van ʼn skiboot wat Sondagaand naby die hawe in Houtbaai in die Wes-Kaap vermis geraak het nadat dié boot met ʼn ander gebots het, is tydelik gestaak.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê lede van die duikeenheid het tot Donderdagmiddag na die man gesoek, maar moes die soektog weens slegte weersomstandighede opskort. Hy kon egter nie aandui wanneer die soektog weer hervat sal word nie.

Van Wyk sê ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur is intussen by die polisie aanhangig gemaak na dié bootongeluk.

Maroela Media het vroeër berig twee bote het Sondagaand teen mekaar gebots, waarna vier bemanningslede van die een boot en twee bemanningslede van die ander boot glo oorboord geval het. Die vermiste man het in die proses spoorloos verdwyn.

Geoff Stevens, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se Houtbaai-basis, het gesê volgens die inligting wat hulle ontvang het, lyk dit of een van die bote moontlik stilstaande in die water was sonder dat sy navigasieligte aangeskakel was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JM ·

Goeie nuus is deesdae so skaars soos hoendertande. Is moeg en in der dagen sat van slegte/negatiewe nuus! Al oplossing is dus volstruistaktiek, deur GEEN nuus te lees of te luister nie. Ons land is siek.

Francois Le Cochon ·

“The Germans killed the Jews, and the Jews killed the Arabs, and the Arabs killed the hostages, and that is the news”. – Roger Waters (Pink Floyd)

SomeOne ·

navigasie ligte is nie vir versiering van ‘n boot nie, dis om sulke ongelukke te vermy

Carel Aaron ·

Op dryf of op anker moet net die “all round” witlig aan wees.

Carel Aaron ·

Wanneer n boot nie vaar nie moet navigasieligte af wees. Net die “all round” witlig moet brand.

Navigasie ligte is om te sien in watter rigting ñ boot vaar.

Danie ·

Nou wonder ek hoe twee bote wat inmekaar vasry n land kan siek maak.
‘n Voeltjie fluit ons praat van stropers.
Sal dit goeie nuus wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.