Die soektog na die driejarige Everlate Chauke, wat in die water van die Jukskeirivier in Alexandra meegesleur is, hervat Vrydag.
Haar pa het haar Woensdag gedra en in ʼn boom geklim om van die stormwater weg te kom, toe die tak gebreek het en sy in die water meegesleur is. Reddingspanne het Donderdag die rivier in Alexandra en omliggende dele deursoek, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Die Chaukes is een van talle gesinne wat dakloos gelaat is nadat die rivier sy walle oorstroom en talle informele huise meegesleur het in een van die ergste storms nog wat Johannesburg Woensdag getref het. Meeste gesinne het skuiling by vriende of familielede gesoek nadat hulle al hul besittings verloor het.
Paul Mashatile, waarnemende premier, het die betrokke gebiede langs die rivier besoek. Hy het aangekondig dat die inwoners, waarvan sommige al meer as 10 jaar op die rivieroewer bly, na ʼn veiliger plek geskuif sal word.
“Die regering se onmiddellike kommer is om na die onmiddellike behoeftes van die inwoners om te sien. Die regering sal saam met die plaaslike gemeenskap werk om ʼn tydelike skuiling te bied en in die basiese behoeftes te voldoen,” het Mashatile gesê.
Meeste mense wie se huise deur die vloed meegesleur is, bly op die vloedlyn van die Jukskei-rivier. “Ons het berou oor die voorval en betuig ons innige meegevoel met families wat geliefdes verloor het as gevolg van die kitsvloede.”
Sean Phillips, besturende direkteur van die Johannesburgse padagentskap (JRA) het bevestig minstens ses mense is dood tydens Woensdag se storm.
Just an attempt to show you the overall damage of yesterday’s #floods here at #Alexandra pic.twitter.com/O6hz1SCpcF
— Lindokuhle Xulu (@LindokuhlXulu1) November 10, 2016
Swift Water Rescue together with @SAPoliceService Divers searching the muddy water for the missing girl in Alexandra #Floods @radebe_nana pic.twitter.com/pAs9MEAfA8
— City of Joburg EMS (@CityofJoburgEMS) November 10, 2016
Dit is so jammer om al die skade te sien. Maar wanneer wil die mense begin leer om nie naby die oewers van riviere te bou nie. Ek hoop daar word ook ‘n lesing vir die mense gegee saam met die hulp wat hulle kry. Let wel ek gooi nie klippe nie.
Jy is reg dis ni klippe gooi ni wat soek Hulle daar op di wal van di rivier dink net hoe besoedel is dai rivier, jammer vir di meisietjie hoop Hulle kry haar.
Dalk omdat hulle nie lopende water het nie en myle moet loop om water te kry is dit net makliker om naby die rivier laer op te slaan. Ons wat alle geriewe tot ons beskiking het sal nooit die stryd van ander kan verstaan nie. My innige simpatie aan hierdie gesin.
Dit is tragies en my gebede gaan uit na die ouers van die dogtertjie asook die naasbestaandes van die man wat deur die weerlig doodgeslaan is.
Ek bid nog steeds dat hulle die dogtertjie veilig kry.
Siestog,,,maak nie saak waar jy is of wat jy doen, ,,, maar daardie is ‘n klein lyfietjie wat haarself nie kan help nie…BID vir haar spoedige redding
Die lewe is moeilik vir party mense, en nie almal is goed ingelig soos wat dit moet wees nie. En dis die hartseer kant van menigde. Maar nieteenstaande die omstandighede is die kind nou vemis. En dis tragies.
Waar kan ons menslike behoefte skenkings heen stuur of aflewer?
Sterte aan almal betokke.
HERE!!!!! ……. waar sal ons hulp andersins vandaan kom
n Kerk het onlangs n ‘Adam en st(Eve) ‘ spesiale sinode vergadering gehad, het die hemele op daardie dag oopgemaak en al die water uit gegiet, laat mens wonder hoe die sake wat hulle daar bespreek die reenval beiinvloed, en hier dink ons al die tyd dit is elnino en global warming se skuld……
Hoop en Bid regtig dat hulle hierdie dogtertjie kry!!!
Ek hoop van harte hulle kry haar liggaampie?
Hoop hulle kry haar, die arme dingetjie.
Maar, wil ek ook vra: waarom bou dié mense hul huise OP die vloedlyn van die Jukskei? Waar is die logika daarin? En is dit nie ook ‘n wonder dat Apartheid/John Vorster/Jan van Riebeeck nie nou weer die skuld kry hiervoor nie?