Soektog na jong man afgelas

Werner Finger. Foto: Facebook

Werner Finger. Foto: Facebook

Die soektog na die liggaam van een van die drie vriende wat dood is toe die bakkie waarmee hulle gery het oor ’n afgrond in die see naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap gestort het, is afgelas.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle vermoed steeds dat Werner Finger (20) verdrink het. Hy het gesê hulle hoop Finger se liggaam spoel uit.

Pojie het vroeër bevestig dat van Finger se persoonlike items langs die kus naby die bakkie se wrak gevind is en dat daar ook items in die see gevind is. Pojie het gesê hulle vermoed Finger het in die see beland toe hy tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger is.

Finger, MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21) is Sondag 15 November by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle die Saterdagaand na Heroldsbaai is en nie weer teruggekeer het huis toe nie. Die polisie het onmiddellik na die drie mans begin soek. Die bakkie se wrak is naby die Voëlklip-uitkykpunt gevind waar dit sowat 120 m teen die krans afgestort het.

Els en Jansen se oorskot is deur hul naasbestaandes geëien. Hulle liggame was in die bakkie vasgekeer. Die bakkie het nadat dit by die afgrond afgestort het, op rotse in die see beland en is verpletter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cheryl ·

Dis verskriklik, Ma het op Netwerk24 gese as haar kind nog nie op haar verjaarsdag gevind is nie las sy die soektog af – my hart bloei vir julle-Mag jou seun gevind word en julle as ouers vir
hom die afskeid kan gee sodat julle as familie kan voortgaan met julle lewe – Ons bid vir julle-diep uit my hart vir julle pyn en lyding, want nie niemand wat in julle skoene staan weet waaroor dit gaan nie

marike ·

Ai man dis aaklig. Ek bid vir die familie. Ai hys so oud soos my seun. Ek kan net dink wat jul deurgaan op die oomblik. Dink aan julle. God bless

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.