Soektog na jong man by Vaaldam eindig tragies

Bradley Coetzee (19)

Die soektog na Bradley Coetzee, wat op 7 Junie spoorloos by die Vaaldam naby Oranjeville in die Vrystaat verdwyn het, het Dinsdagoggend finaal geëindig toe sy liggaam by die dam gevind is.

ʼn Grootskaalse soektog is amper drie weke gelede na die 19-jarige Coetzee van stapel gestuur, nadat hy omstreeks 19:00 gaan roei het, maar nooit weer na die oewer teruggekeer het nie.

Die bootjie waarmee hy op die dam uitgegaan het, asook een van sy skoene, is kort ná sy verdwyning al gevind. Van Coetzee was daar egter geen teken nie. Hy het nie ʼn reddingsbaadjie aangehad nie en daar was geen sekerheid in watter rigting hy geroei het nie, het Maroela Media verneem.

Polisieduikers het tientalle ure onder die water bestee op soek na Coetzee en het daarna verdere uitgebreide patrollies langs die damwal gedoen om Coetzee te probeer opspoor.

ʼn Familievriend van die Coetzee-gesin het gesê Bradley se ouers is platgeslaan. Hulle wou nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van Coetzee se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Una Swannepoel ·

Dis baie hartseer mag die Here julle omvou met liefde end troos dink aan julle en bid vir julle

Bennie Maree ·

Baie sterkte aan al die geliefdes van die pragtige jong man. Mag sy Engelvlerke oor jul elkeen waak deur die moeilike tyd ????

Cheryl ·

So jammer om te hoor, baie sterkte aan sy gesin, mens het nog heeltyd gehoop en geglo hy sal veilig huis toe kom

Jessica greeff ·

Liewe Bradley. Ons het almal so hard gebid. Ongelukkig het ons liewe Heer jou meer nodig gehad. Ek bid vir vertroosting. Lucy, rieg, Jonathan dink aan julle.

Magda ·

My gebede aan die familie. Dit is bitter tragies, ‘n baie groot verlies en seer om te verwerk. Die Liewe Vader hou ‘n wakened oog oor julle.

Quinton Kingma ·

Daar is geen woorde wat mens kan sê aangaande hierdie hartseer nuus nie. Rieg, Lucy en Jonathan, mag die Here Sy hande om julle vou en veilig hou. Ons dra hom op na God toe.

Chris Ws ·

Ai dis tragies.Innige simpatie met sy familie en naasbestaandes.

Petro Kritzinger ·

Baie sterkte aan die familie met hulle groot verlies. Dit is baie hartseer. RIP Bradley.

Jaco Vermaak ·

Hartseer nuus.Baie sterkte aan familie en vriende :(

VanAfrika ·

Daai dam is nie speletjies nie, my swaer se seun uit sy eerste huwelik, het daar verdrink en n ou wat saam my eks baseball bespeel het het ook daar verdrink. Moet nie op daardie dam gaan sonder n reddingsbaatjie nie.

Marlise ·

Bradley was saam my dogter op skool gewees, baie oulike kind gewees. Sy was so hartseer gewees om van sy dood te hoor. Haar hele dag was omgekrap gewees.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.