Soektog na Joslin verskerp ná items gevind is

Joslin Smith (Foto: Facebook)

Die soektog na die vermiste sesjarige Joslin Smith is verskerp nadat daar oor die naweek items gevind is wat nou vir forensiese ontleding gestuur is.

Volgens die polisie is ʼn gebied in Diazville geïdentifiseer wat as deel van die koördinering van die soektog in sones onderverdeel is.

“Die soekgeselskap is ook versterk met lede van die vloot wat by die soektog aangesluit het en nog ʼn groot groep van die Stad Kaapstad wat ook van Maandag af na die gebied ontplooi sal word,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, gesê.

Brandbestryders van die Saldanhabaai-munisipaliteit, asook ʼn berede-eenheid van die polisie en gespesialiseerde honde van die honde-eenheid is by die soektog betrek. “Speurders van die SAPD se provinsiale kantoor in Kaapstad het sedertdien op die Weskusdorp toegesak om die plaaslike ondersoekers te ondersteun.

“Die pogings van al die rolspelers word versterk deur hommeltuie van die SAPD en die Stad Kaapstad. Intussen is talle buurtwaglede, gemeenskapsgebaseerde organisasies en plaaslike inwoners ook betrokke by die soektog na Joslin.”

Die polisie het intussen by lede van die publiek gepleit om nie vals inligting op sosiale media te versprei nie of beeldmateriaal en foto’s van die soektogte te neem nie, aangesien dit die ondersoek nadelig kan beïnvloed.

Maroela Media het vroeër berig daar is Saterdagaand tydens die soektog op bebloede klere in ʼn oop veld afgekom.

Joslin het op Maandag 19 Februarie in die Middelpos- informele nedersetting by Diazville in Saldanha verdwyn.

Joslin, ʼn gr. 1-leerder aan Diazville Primêre Skool, is op 20 Februarie deur haar ma, Kelly Smith, as vermis aangemeld. Smith het Joslin glo op 19 Februarie in haar kêrel, Jacquin Appollis, se sorg gelaat nadat sy glo olik gevoel het.

Smith kon glo ook aanvanklik nie vir Appollis opspoor nie en toe hy later opdaag, kon hy glo nie sê waar Joslin is nie.

Jose Emke, Joslin se pa, bly  naby Springbok in Namakwaland, maar het intussen na Saldanha gereis. Hy het gesê hy het sy dogtertjie in November laas gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Michael ·

Ek kan nie glo die dogtertjie is nog nie gevind nie,het die ” polisie ” nie ‘n Piet Byleveldt wat die saak kan oorvat nie?

Ronel ·

Ek is baie dankbaar dat soveel mense soek na Joshlin. Ek wonder egter of alle kinders wat weg raak met soveel intensiteit gesoek word…..

George ·

@Ronel, waar daar die resources is, ja. As dit aangemeld word, ja. Maar ongelukkig in SA is die resources en omgee bitter skaars.

piet ·

Michael – Piet kon niks doen met die Inge Lotz moord nie, net om een te noem….

Althes ·

Ek hoop hul vind haar veilig. Sy sal seker nie vir mensehandel op ñ skip verkoop wees nie?
My hart gaan uit na al die onskuldige kinders wat weg raak.

AREND1 ·

Danksy Afriforum,want as dit van die polisie afgehang het het hulle dit net so gelos,want hulle wou dit mos gelos het en Piet het nie die sake opgelos nie.Dit was die mense onder hom wat die wek gedoen het.

kommentaar ·

It would appear that some of the people of Velddrif Vredenburg and Saldana have turned into Sherlock Holmes’s overnight. You should see the expert opinions being aired on local groups and social media.

Miena ·

Joslin: waar-ookal jy is op hierdie planeet aarde of in die hemelruim bo ons jou vlerkies sweef – wil hierdie tannie net vir jou sê dat ek jammer is oor wat met jou in jou kort lewetjie gebeur het. Jy verdien nie wat gebeur het met jou nie. Jy was toevertrou aan die sorg van n persoon wat na jou moes omsien vir n wyle.
Ek hoop regtig die soekspanne vind (jou)Joslin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.