Soektog na kleuter eindig tragies

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die soektog na die vermiste tweejarige meisie van Delportshoop in die Noord-Kaap wat oor die naweek ontvoer is, het tot ʼn einde gekom toe die kind se liggaam Donderdagmiddag in die Vaalrivier ontdek is.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, is die meisie se liggaam omstreeks 12:50 in die water ontdek. Daar was ʼn klip aan die liggaam vasgemaak.

Delportshoop lê aan die Vaalrivier.

Die gemeenskap het ses dae lank saam met lede van verskeie eenhede van die polisie, insluitend die honde- en soek-en-reddingseenheid, na die kind wat sedert Saterdag vermis word, gesoek.

Maroela Media het vroeër berig die meisie se klere is enkele dae gelede in ’n veld gevind. Volgens Tawana is dié klere ʼn paar meter van die rivier se oewer gevind.

Dit volg nadat ʼn man, in sy 30’s, Saterdagaand by die meisie en haar ma se huis ingebreek het terwyl hulle gelê en slaap het. Die man het glo gedreig om die ma te vermoor waarna hy haar probeer verkrag het. “ʼn Struweling het tussen die ma en die man uitgebreek en hy kon daarin slaag om los te breek. Daar word vermoed dat die man die vrou se kind gegryp het voordat hy op die vlug geslaan het.”

Die man is aangekeer en het vandeesweek vlugtig in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn op vier aanklagte, onder meer poging tot verkragting, huisbraak en ontvoering. ’n Moordklag van sal ná afloop van vandag se ontdekking ook teen die verdagte aanhangig gemaak word.

Tawana het gesê die Noord-Kaapse polisie veroordeel misdade teen vroue en kinders ten sterkste.

RED: Die berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is om die geslag van die kind reg te stel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Melanie ·

In die hof sal hy praat van sy “human right” en aandring om vrygelaat te word. Doodstraf is al uitweg vir hierdie onmenslikheid.

Salomé ·

Hoe verskriklik,verskriklik siek is ons land en sy mense,die duiwel hardloop loshande rond! Wat n skokkende en tragiese verhaal, baie sterkte aan die mamma ?
En mag reg en geregtigheid tog nou okk geskied

Melanie ·

Dan sal hy in die hof aandring op sy “human rights”. Hierdie land sal regkom die dag as die doodstraf terugkom. My simpatie aan die ma van hierdie klein seuntjie.

HPV ·

Melanie, ja in enige eerste wêreld waar die doodstraf onpartydig en regverdig toegepas word. Sou mens egter die uitsprake van die anc/eff/blf in ag neem asook die partydigheid van die mrk dink ek nie so nie.

Sarel ·

Nog ‘n Kindermoord en die Politieke leiers is stil behalwe indien hulle daardeur stemme kan werf.

Leon ·

Die kind is dood…. Maar die beskuldige is nog lewendig…. Bring trug die dood straf… Die bybel se n oog vir oog.. Baie hartseer.

Stomgeslaan ·

Ek sit en huil terwyl ek hierdie ontstellende berig lees. My hart breek om te dink hoe daardie jong lewetjie geeindig het.
So vreeslik tragies.

Roberto Betta ·

Our current justice system is obviously not working. Something more radical is required.

$ ·

Hoe troos ´n mens ooit sy mamma?

Hoe kan iemand so wreed en gevoelloos wees? Hóé?

My woorde is op …

Wonder maar net ·

Waar is die ma, ek lees nerens dat sy beseer is of gehospitaliseer word nie, kon sy nie agter na hardloop nie? En gil en Alles probeer het nie?

fred ·

hierdie skepsel is nie n mens nog n dier nie….woorde skiet te kort,ek is moedeloos om elke dag van moorde,verkragtinge,diefstal te hoor….en die president,ministers,LP’s is te besig om hulle cosy jobs ,status en luukse lewensstyl te beskerm….ek wonder waarom so baie “mense” in hierdie land al hulle morele waardes verloor het …..menseregte en liberale denkwyse het seker n plek in lande met n beskaafde kultuur maar hier in die “nuwe” Suid’Afrika moet die lyfstraf en doodsstraf maar terug ingevoer word…ons het nog n lank pad om te gaan…

Oujongvrou ·

Hoe vreeslik was die kleine ou mensie se laaste ure nie??en al waaroor die regering gepla is, is stemme werf. En die groof partytjie wat hulle gaan hou as hulle wen. Begin liewer dink hoe julle kinders en weerlose mense gaan red van hierdie bose mense in ons midde. Ek sou my skaam as die res van die wereld moet hoor hoe gaan dit in die duiwelse hoofstad van die mensdom

Michelle ·

My innige simpatie vir die moeder die seuntjie was weerloos het geen kans gehad nie hy het nie hulp gehad nie gee die man vir die gemeenskap asb laat hom uitkom laat die gemeenskap buite wag en kyk ander pad hy verdien niks nie borg nie regshulp nie hy verdien niks hy het geweet presies wat hy wou doen toe hy die plek die eerste keer betree het. Walglik hy verdien nie ‘n lewe nie.

LD ·

Ek lees so deur die kommentare en sien dat van die mense steeds verwys na die kind as ñ seuntjie….. ek het ook eers gedink dis ñ ander berig maar heel onder staan daar dis ñ dogtertjie…. lees mense nie meer nie? Nie te min dit bly tragies! Mag die mamma vertroosting vind en die skuim vrot in die tronk!!

Moenie altyd kritiseer ·

LD die redakteur het die berig later gewysig om die geslag reg te stel. Die ander persone het kommentaar gelewer voordat die regstelling plaasgevind het. Moenie altyd kritiseer nie.

JohanL ·

Ek is stomgeslaan, sprakeloos en voel so bevoeterd. Wil ook graag doodstraf terug kry, maar besef daar is risikos soos HPV hierbo geskryf het. Of die doodstraf moet terug met genoeg “checks & balances” of so persoon, wanneer skuldig bevind, moet dag na dag gepynig en gefolter word – hetsy direk of indirek. Sulke berigte maak net die lelik in my wakker.

Agie ·

Dis vermorsing van die belastingbetalers se swaarverdiende geld. Gee die ding vir die gemeenskap wat help soek het

Lynn ·

Dit is siek!!!
Daar moet klippe aan hom vasgemaak word terwyl hy lewend is. Om seker te maak hy kom nie los nie, moet hy in ‘n rivier vol krokodille gegooi word.

Gatvol ·

Die land is soos n movie… Ons kort n Punisher om die balans terug te bring.
Of net n groep brawe ouens met goeie opleiding en baie breins

Gert ·

Ons wereld is net boos , dink ons is al amper n moderne Sodom en Gamora, eind tye kan nie baie ver wees.

Boerin ·

Gee hom vir die gemeenskap…hy sal n regverdige straf verdien !!! Ons is gatvol vir kinderverkragting,plaasmoord,
Korrupsie en ge toi toi elke 2e dag! Ons land is stukkend en vir die regering is dit “business as usual” en beskerming van die korruptes!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.