Soektog ná man ‘lekkers’ wil uitdeel voor skool

laerskool-kenmareDie polisie en lede van die gemeenskap is op soek na ʼn man wat glo “lekkers” by ʼn skool in Krugersdorp aan kinders wou uitdeel.

Volgens die polisie monitor beamptes die gebied nadat gesien is hoe ʼn onbekende man vir laerskoolkinders iets wat soos lekkers gelyk het, probeer uitdeel. Die leerders het nie die lekkers gevat nie en dadelik die voorval by onderwysers aangemeld.

Laerskool Kenmare het intussen die voorval bevestig. Volgens die skool is al die leerders byeengeroep en versoek om, indien hulle lekkers by die man gevat het, dit in te handig. “Nog niks is ontvang nie en die leerders is gewaarsku om niks van vreemdelinge te vat nie. Die GPF is ook reeds besig om die aangeleentheid te hanteer en alles is in beheer. Ons versoek dat u wel u kinders inlig om niks van vreemdelinge te vat nie.”

Die skoolterrein is as voorsorgmaatreël deursoek om seker te maak die leerders is veilig. Volgens inligting op sosiale media het die man die lekkers deur die skool se hek vir die leerders aangebied. Een van die skoolkinders se pa het dit gesien waarna die man glo weggehardloop het. Die soektog is daarna begin.

Die voorval volg nadat leerders van ʼn laerskool in Johannesburg verlede week siek geword het nadat hulle verdagte lekkers geëet het. ʼn Man het Dinsdag jellielekkers aan leerders by Laerskool Suidheuwels uitgedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

N man? Beskrywing? Sou tog dink dis KRITIES ESENSÍEEL om so iemamd vas te trek? Of is ons ateeds vasgevang in n RAS issue wat onverandwoordelike politici ons land mee.lam lê plaas van die DAAD van die oortreders veroordeel en probeer stopsit? Si bv is die huidige tendens dat as dit n blanke is…dit sumier genoem en bevestig en weer genoem word. Stilswye oor n velkleur….wel…aanname ongelukkig…si BAD as wat due veralgemenibg is…SWART? SIEN…dis wat gebeur in die algemene denkende samelewing as absurdhede deur selfbemagtigde politici daagloks RAS as díe issue aangepor word!

Buitestander ·

Die wêreld is boos en almal verwag die ergste.
Wat kan ons doen om uit die bose kringloop te ontsnap?
‘n Verlike vertoue op God en aanleer van die bybel en Goddelike waardes?

Nicole ·

You should have taught your children from AN EARLY AGE NEVER EVER TO ACCEPT SWEETS OR ANYTHING TO EAT FROM A YOUNG AGE!!

Ma Baker ·

Ons buurtwag en lede reken dis ‘n foefie om mense te waarsku teen lekkergoed wat dwelms bevat en wil net sekuriteits beriggewing op die whatsapp sien.

Hennie v S ·

Dan is julle buurtwag en lede maar baie negatief ingestel. Sal die hoof en onderwysers ‘n storie opmaak en vir media leuens vertel, asb. So alle beriggewing wat julle buurtwag doen is foefies en word gedoen om sekuriteits bewusmaking te bevorder.

Sam ·

Ma Baker, dis seker julle buurtwag wat die lekkers probeer uitdeel het…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.