Soektog na meisie (6) eindig tragies

Natasha Potgieter

Natasha Potgieter

Die sesjarige meisie van Ladybrand wat Sondagmiddag verdwyn het, se liggaam is Maandagoggend gevind.

Kapt. Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê Natasha Potgieter se liggaam is Maandagoggend in ʼn swembad naby haar huis gevind.

Natasha het gister by ʼn maatjie gaan speel en het glo alleen teruggestap na haar ouerhuis toe, toe sy verdwyn het. Gemeenskapslede en die polisie het onmiddellik na haar begin soek. Sy woon saam met haar ouers in die dorp se munisipale woonstelle.

Volgens Dhlamini is Natasha se liggaam omstreeks 09:00 deur die eienaars van die huis gevind waar sy verdrink het. Hy het gesê die huis is sowat twee huise van Natasha se ouerhuis af weg. Hulle het die polisie ontbied.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Dhlamini het gesê dit is nog nie duidelik hoe Natasha in die swembad beland het nie en dat dit deel sal vorm van die ondersoek. ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

Tania Halse, wyksraadslid, het aan Maroela Media gesê dit is ‘n groot skok vir hul klein gemeenskap. “Dit was egter ‘n riem onder die hart om te sien hoe mense Sondagaand onverpoosd na haar gesoek het. Die soektog is 2:30 vanoggend afgelas weens swaar reën en almal het tot dan nog gesoek. Dit was goed om te sien hoe almal saamgestaan het.”

Halse het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nie valse gerugte te versprei rakende die omstandighede rondom Natasha se dood nie en te wag dat die polisie hul ondersoek afhandel.

Panorama Motors het intussen onderneem om die gesin finansieel by te staan met die begrafniskostes. Mense kan hul kontak om ‘n bydrae te maak.

Natasha het verlede maand haar sesde verjaardag gevier. Sy was ‘n gr. R-leerder by Bokmakierie-kleuterskool by die Ladybrand Primêre Skool.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Anell ·

Missing children gee haar ouderdom as 4? Mag sy sag en in vrede rus in Jesus se hande

Nico Strydom ·

Dagsê Anell
Missing Children het die ouderdom verkeerd, ons het dit bevestig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Rika ·

Hoekom het die dogtertjie alleen huis toe geloop? 6 is maar nog regtig klein om alleen in die strate te loop, veral met al die misdaad en ontvoerings wat deesdae plaasvind.
Liefste poppielap, rus in vrede…

Regstelling ·

Wil julle graag reghelp.Die poppie was 4jaar oud en nie 6 nie

Regstelling ·

Eksuus ek sien nou eers die ander kommentaar.Die internet is bietjie aan die stadige kant ?

Janie Monsieur ·

Dagsê Regstelling,

Dankie vir die navraag. Ons het met die nodige partye bevestig dat sy ses jaar oud was.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Maretha Wiese ·

Dit is SO vreeslik hartseer, maar ek kan nie glo dat ‘n 6 jarige alleen iewers heen loop in hierdie tyd waarin ons lewe nie, miskien is ek maar net te over protected en ‘n paranoise Ma, ai dit is so hartseer, die mooiste ou Gesiggie

Linda ·

Hoe laat enige ouer ‘n kind van daardie ouderdom ALLEEN gaan kuier vir ‘n maatjie! Werklik dit is so hartseer! Die tye waarnin ons vandag lewe is so wreed. Pas asseblief u kinders op, beskerm hulle. Daar is soveel hartseer daarbuite..

net so ·

Ek voel ook so. My dogter word nou 12 jaar oud en sy mag onder geen omstandighede alleen rond loop nie. Dit is net te gevaarlik.

Lou ·

Dit is Ladybrand waar kinders nog kinders is. Julle doen skynbaar alles in die lewe reg en as daar by iemand iets verkeerd loop dan beskuldig julle die ouers, of dit of dat. Op geen berig het julle empatie nie. Julle veroordeel altyd ander en sit dan rustig terug in julle leunstoele met julle vingers wat na ander wys. Ek sweer julle sit nog vroom in die kerk ook op Sondag. Sies!

Nols ·

Ja, Jacoline stem my kinders was al groot dan neem ek hulle waar hulle moet wees en gaan haal hulle weer. My hart is net so seer vir die ou dingetjie.

Regtig mense ·

Jul sit sowaar en wag vir nuus om te oordeel, eers Maroela en hul inligting is korrek en toe die ouers. In klein dorpies kan kindertjies alleen op 6 na die maatjie in die pad afstap, daar is ander huise en almal weet. Dit is eenvoudig ‘n hartseer gebeurtenis dat sy dalk afgedwaal het, onthou het van die swembad (sy het dalk warm gekry en wou net die ater voel), die erf besoek het en ‘n ongeluk het gebeur. Dit is goed om besorg te wees, maar TE was nog nooit goed, in ‘n stad is dit heeltemal anders, daar stem ek saam, sal ek ook nie eens gemaklik voel as my volwasse kind uit die huis uit wil gaan nie, maar platteland is anders. Bid liewer vir hierdie 3 gesinne wat diep geraa word en nie skuld het aan wat gebeur het nie. Die ouers, swembadeienaars asook die maatjie. Almal voel terrible en het genoeg om te verwerk, oordeel kan hul totaal breek.

AGnee ·

Dis baie tragies, ek stem saam sal nie laat my kind alleen ENIGE plek stap nie… hy is 5, better safe than sorry…

Liezl ·

Ek stem 100% saam met jou!!! Ek laat my kind nerens alleen gaan nie!

jacoline ·

Dit is baie baie hartseer.
Kan net ni verstaan how maatjie se ouers toegelaat het DAT kind alleen stap ni… Sy is immers 6.
#baiehartseer!

Frikkie ·

Ons moet maar net ingesteld bly op ons kinders se veiligheid en ek weet ander voel anders, selfs nalatig daaroor, dis realiteit. Wat Carina sê het waarheid, daarom moet ons net so bekommerd wees oor ander se kinders as ons eies.

Zelda ·

My seun is al 13jr oud. Hy gaan nie eers alleen kafee toe nie. Die kafee in n blok van ons af. Hy mag nie eers alleen fiets ry nie . As hulle nie n groep vriende is nie mag my seun nerens alleen gaan nie. Al bly een maatjie in die selfde straat.

Carina ·

Zelda en Jacoline – dit wat julle nou gepos het, is ‘n klassieke manier om jouself te probeer vrywaar dat jou kind kan doodgaan. Deur te sê “Hy gaan nie eers alleen kafee toe nie” ens, probeer jy afstand tussen jou en die ouers van die kind wat doodgegaan het plaas. Dit probeer fout soek, blaam plaas op die ouers – hulle het dan hulle kind alleen laat rondloop, daarom is sy dood. Deur te sê jy laat jou 13 jarige kind nooit alleen rondloop nie, vrywaar jou nie van tragedie nie. Jou kind kan volgende week met kanker gediagnoseer word en voor die einde van die jaar doodgaan, kan vanmiddag na skool deur ‘n dronk bestuurder raakgery word, of per ongeluk voor ‘n kar beland, sulke dinge gebeur. Nie jou fout nie, niemand se fout nie. Tragedies gebeur, kinders gaan dood. Dit kan met enige iemand gebeur, niemand van ons het ‘n waarborg nie. Niemand het al die feite van wat met hierdie arme dogtertjie gebeur het nie, daarom kan niemand eintlik hul menings of teregwysings publiseer nie. Mens doen wat jy kan om jou kinders veilig, lewendig en gesond te hou, maar om nou, waar die ouers pas uitgevind het dat hulle geliefde kind dood is, sulke kommentaar te plaas, is onnodig

manda ·

Zelda ek stem 100% saam met jou my meisiekind amper 13 sy gaan nerens alleen nie sy mag nie eens buite die skool hek wag nie sy moet binne wag uiters gevarlike toestande waar in ons lewe jammer om te se maar die is bitter onnodig.

Celesté ·

Ek stem saam met Zelda…hoe laat jy toe dat jou 6 jare alleen in die strate….nee eks jammer vir die ouers se verlies maar dis nie onaanvaarbaar…my oudste word 18 en sy mag nie alleen in die strate fiets ry of alleen winkel toe nie…maar dan glo ek ook mos aan dat as dit jou tyd is is dit jou tyd…net die manier van jou dood kan verskil….maar nee jy laat nooit jou kinders alleen rondloop nie….

Frikkie ·

@ Carina…die idee is nie om iemand te blameer nie maar eerder om ons mede-ouers bedag te maak op wat jy met reg sê. Baie mense kan baie sleg en skuldig voel oor wat gebeur het want eintlik is ons as dorp almal partydig hieraan!!! Dis baie hartseer en ja, ons kan kommentaar lewer oor die ‘verantwoordelikes”; maar help ons mekaar? Hoekom is dit so vreemd om betrokke te raak, juis wanneer dit kom by ons kinders? Persoonlik, laat sak ek my kop in skaamte omdat ek nooit gehelp het nie maar gereeld gekritiseer het…Ons het ons harte verloor.

Cherie ·

Weet enige iemand of hierdie gesin twee jaar terug ook in Ladybrand gewoon het ?

Dit is vreeslik hartseer ! Sterkte aan die familie

twisted ·

Ok eerste punt 2 huise is i vet kans more like 2 blocke ver en dan het i polisie lid haar gevind derdens sy sou in haar hele lewe nie naby daai daai swembad gegan heti punt

Kotie ·

My hart gaan uit na die ouers, maar hoe laat mens jou 4 jarige dogtertjie saam haar maaitjie alleen loop.
Mense pas julle kinders op, of dit in n klein dorpie, plaas of stad is. Daar is altyd gevaar daar buite. Rus n vrede kleine dogtertjie!!

Tanya ·

Hoe laat jy jou kind se maaitjie alleen huis toe stap? Veral in vandag se dae. Hoe kon die ouers nie reelings getref het om die kindjie te gaan haal het nie? Hoe tragies is dit nie. Mens laat jou kind nie vir 2 sekondes onder jou oë uit nie. Baie hartseer. Rus in vrede klein prinsessie.

WW ·

Jitte mense, julle weet mos nie wat gebeur het nie! My kind was so 4 jaar oud toe sy deur die palisades (met groot moeite) wriemel en ewe na die kafee om die hoek stap vir ‘n ‘sweetie’. Ek het haar BESLIS nie “toegelaat” om dit te doen nie. Weerhou julle van blaam; julle spekuleer.

Paul ·

mense dit was nie maklik om na klein natasha te soek nie ons harte is stukkend en seer ons het seker 100 keer by daardie huis verby gery om na haar te soek dit is merkwaardig hoe die Ladybrand gemeenskap saam gestaan het tot vroeg in die oggend ure met swaar reen maar elke man vrou en kind het in die velde geloop en gesoek.Baie dankie aan almal wat alles gedoen het met die soek van die Engeltjie. Nou moet ons die gesin en familie bystaan deur die moeilike tyd wat voorle,mense asb moet nie klippe gooi nie dit is hard genoeg hartseer wat oorkom moet word

Lindie ·

Ek is bitter jammer vir die ouers. Soos ‘n ouer is, gaan hulle waarskynlik met geweldige self verwyte moet saam leef.
Dit gaan ‘n moeilike pad wees om te stap mens kan maar net bid dat hulle vrede sal vind. Niks gaan ooit weer vir hulle dieselfde wees nie.

Magda ·

Dankie Paul. Ek stem. Dit was ‘n lang en hartseer nag vir ons almal. Hoe dink julle moet daai ouers voel. Almal, soos die hele dorp se gemeenskap het help soek en sy is intussen 2 huise van hulle af…hoe moet hulle DIT verwerk. Hoe moes hulle dit weet. Dis privaat eiendom…maar kinders bly kinders. En ek kan julle nou al sê dat daai ouers se kinders hierdie dorp beter ken as ek. Hulle is nie dom nie.

E.K. - ek sê net! ·

MOET mense nou weer kritiseer in hierdie seerkrytyd? Jou kind kan saam met jou stap en steeds wegraak/wegglip en iets kan gebeur met hom/haar. Maroela stop tog sommer asb die KOMMINtare

BB ·

As ek so na al die kommentaar luister van verwyte en beterweterige persone wil ek sommer huil. WIE van Julle het saam met haar gestap??????? Stop dit. Toon eerder medelye aan die ouers. Maak nie saak wat gebeur het nie. SY Is DOOD. En daar is n gat so groot soos Kimberley s’n in haar ouers en familie se harte. My hart gaan uit na hulle. Mag hulle vertroos word deur mense en Gid wat rerig omgee

magda ·

Hi julle jammer om te hoor en sterkte vir julle,God sal julle hier deur dra al voel dit nie nou so nie.

Louise E ·

Dink julle nie die ouers het al klaar, soos dit is, nie al genoeg verwyte nie? Wees eerder dankbaar in hierdie liewe land leef jy en jou kinders nog!

Jammer vir jul verlies, sy was ‘n pragtige dogtertjie!

Corrie ·

Ek is jammer maar ek sal nie toelaat dat my 6jarige kleindogter eers alleen buite speel nie wat nog huistoe stap! Iemand is verantwoordelik vir die kleine poppie se dood! RIV kleinding.

Sons ·

Ek dag die meisietjie is 4jaar oud? Dit se so op missing persons se blad. Dis n vreeslike tragedie en nou le pappa self in die hospitaal na n aanval op die nuus dat sy kind dood is! Alle sterkte aan die ouers! Ek wens dit nie eers aan my beste veihand toe nie!

Janie Monsieur ·

Dagsê Sons,

Dankie vir jou navraag. Ons het bevestiging gekry dat haar geboortdatum 29 Januarie 2011 is. Sy was dus ses jaar oud. Die missing persons blad het dit verkeerd gehad.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Erika ·

Sjoe, ……dit is vreeslik. R.I.V klein poppie, gaan speel nou lekker saam die engeltjies! Aan die mamma en pappa, mag julle vertroos word in die slegte tyd. Geen woorde gaan n verskil maak nie maar mag julle vrede vind.

zetta ·

Stem saam met jou, Gert. Die maatjie bly dalk langs hulle. Mense is so vinnig om te oordeel. Sterkte aan haar ouers en familie.

Sarie ·

Mens moet ook nie jou kinders te bang maak om te lewe nie! Dit veroorsaak sielkundige probleme. Daar gebeur nie normaalweg “lelike dinge” in Lady Brand nie. Mense is minder gespanne as ons in die stede. Die dogtertjie was 6 & die maatjie het moontlik bàie naby gewoon… Kinders hou van water & sy het moontlik redelik maklike toegang tot daardie perseel gehad… Klink vir mý na ‘n ongeluk; kom ons wag & kyk….

Steph ·

Ek wonder of die wat so klippe gooi besef jy kan nie 24/7 jou kind oppas nie dalk het sy en die maatjie stry gekry en sy het pad gevat hoe sal ons nou weet sulke dinge gebeur

Brenda ·

Ek stem saam Paul. Wie is ons om te oordeel. Bid net vir die Here dat so iets nooit oor jou pad kom ni. Dankie vir die gemeenskap dat jul so saam gestaan het. Sterkte Mamma en Pappa.

Bierpens ·

Dis baie wreed van mense om oordeel uit te spreek oor ouers se keuse om hulle kinders met n sin van onafhanklikheid groot te maak. Ek sak my kop in skaamte. Regtig. Julle is wreeder as enige moordenaar.

Karen ·

Ag nee dis baie hardseer wat ek lees Sterkte aan die ouers dis nou n biter groot verlies niks in die wereld kan daai pragtige dogtertjie trug koop nie Rus in vrede poplap Ek sal n bydrae wil doen jan jul my die mamma se nommer gee asb

Johan Likkewaan ·

Dit is regtig baie hartseer. Die vraag bly maar het sy besluit om te gaan swem of het iets anders gebeur. Ken die mense haar van die huis met die swembad? Baie grys areas maar ons sal seker hoor.

Rita ·

Ag toggie. Hoekom oordeel julle so? Elke ouerpaar se kindertjies is deur God aan hulle geleen om groot te maak en op te voed. Hoe ek my kinders grootmaak is nie dieselde soos jy jou kinders grootmaak nie. Bid eerder dat die ouers deur die tragedie hul ander kinders (if any) beter sal oppas. God SAL oordeel. Dis nie ons werk nie.

linda ·

Ek stem 100% saam met bogenoemde ouers wat se jy laat jou kind onder geen omstandighede sommer net stap na n maaitjie toe nie al is dit die bure. Maak dan nog seker die kind is veilig daar en gaan haal haar of hom as ulle klaar gespeel het, veral op so n jong ouderdom

n ·

ek wys geen vinger nie, maar my dogtertjie word ook 6 hierdie jaar. sy stap nerens alleen heen nie. haar maatjie is ons buurmense se dogter en ek staan op die stoep en kyk wanneer sy soontoe loop. terwyl sy onder my dak bly, sal ek haar beskerm maak nie saak wat nie. eerder oorbeskermend as wat ek later spyt en met ‘n gebroke hart sit.

Stephni ·

Maak nie saak wat, hoe en waar dit is vrek erg en baie hartseer. Glo my die arme ouers sit met al hierdie verwyte wat almal nou so rond gooi.
Daarom vra ek hou op met dit, al is jy watse perfekte ouer dit vat een oomblik vir die duiwel om hom self in te wurm en verwoesting te saai.
Bid eerder vir die ouers hul het nou bystand, God se genade en Liefde nodig nie al die vrae en klippe???

tess ·

vir die mense wat die ouers so oordeel…. As jou kind by ander mense gaan speel, is dit daai mense se verantwoordelikheid om na jou kind te kyk.

tess ·

die maats se ouers moes nooit toe gelaat het dat die kind alleen huis toe stap nie. die maats se ouers moes na die kinders gekyk het. maar nie ek of jy weet prisies wat daai dag gebeur het nie. so asb hou op om die ouers met klippe te gooi.

Eschalda ·

Ek stem saam. Mense, ongeluk gebeur so vinnig en dit was haar tyd, dit is baie hartseer. Die Here het doel met alles en hy het sy mooiste blommetjie kom haal, en as sy nie verdrink het nie sou HY haar dalk op ander manier kom haal het. Die Here maak nie foute nie. Ons kan net dankie se vir elke minuut ekstra wat ons saam ons kinders het. Dit help nie ons oordeel nie en.help ook.nie om te sê sy moes.nie allees geloop het nie. Dit het gebeur en sy is nou op beter plekkie. Ons kan eerder die ouers bystaan wat nou deur die moeilikste tyd in hulle lewe gaan.

Marlize ·

Ai mense. Ladybrand is nie kaapstad of n besige plek nie. Ons wat op plattelandse dorpies bly.se kinders kan maar in strate fietsry en stap. Almal ken almal se kinders. Ek sê ook 6 is te jonk, maar daar moes omstandighede gewees het. Ons kinders ry fiets skool toe, of sommer met hulle skaatsplanke.

Esmé ·

Dit is tragies.
Wat ek nie kan verstaan nie is dat mense sulke onsensitiewe goed kan sê wat die arme ouers belas met verdere skuldgevoelens. Hulle het hul kind verloor, is dit nie erg genoeg nie?
Al wat ek weet is dat ek my kinders in die genade en vrese van die Here groot gemaak het. Ek ken mense wie se kinders in hul bure se swembad, in hul eie swembad en in hul visdammetjie verdrink het. Kom ons dra mekaar se last eerder as om te belas.

Jeana ·

Ek dink die ouers voel klaar sleg genoeg. Help glad nie om so gemeen te wees nie. Ek is so jammer dit het gebeur. Kon enige iemand se kind gewees het. My gebede en meegevoel is
met die gesin. Sterkte aan die gesin.

JFK ·

dis sulke goed wat my KWAAD maak! As nie eers die basiese informasie reg is nie (die kind se ouderdom!) Hoe moet ‘n mens enig iets aanlyn vertou???

Janie Monsieur ·

Dagsê JFK,

Dankie vir jou kommentaar. Ons het met die nodige bronne bevestig dat haar geboortedatum 29 Januarie 2011 is. Sy was dus wel ses jaar oud.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

Peanut ·

Rus in vrede klein engeltjie liewe Jesus het n prag blom vir sy tuin nodig gehad.
Baie baie sterkte aan Mamma en Pappa asook die ander familie. Mag Jesus jul
versterk in hierdie donker tyd.

Nadene ·

My hart gaan uit na die ouers toe, baie sterkte in hierdie tyd……

Estelle ·

Mense asseblief moenie so maklik oordeel nie. Hoe moet die ouers nie voel waneer hul sulke negatiewe stories hoor. My hart gaan uit na die pragtige mensie se ouers, familie en vriende. Mag GOD met jul wees in die harseer tyd en vir wat voorlè. Sterkte!

Felicity ·

Rus in vrede pragtige poppie. Jy is nou een van Liewe Jesus se pragtige engeltjies aan Sy voete.
Sterkte aan die ouers. My hart gaan uit na julle.

Ben ·

Ons ou nasietjie gaan my verstand te bowe. Ons simpatiseer nie graag nie maar wys maklik vingers. Toe ek die opskrif lees was die gedagte weereens moord. Dit is hoe ons vandag lewe. Die dorpie is platteland. Kinders speel in strate. Hulle kom niks oor nie. Hier en daar lees van iets op die platteland behalwe natuurlik plaas moorde. Hirdie is net n hartseer, ongelukkige episode. Ek wonder tog wat die kommentaar sou wees as die kind in die badkamer verdrink het? Sterkte aan die ouers.

Wonder ·

Julle wat so oordeel, en soveel foute uitwys, wat tog nie julle kinders sal toelaat alleen nie.

NIE EEN VAN JULLE KEN DIE OMSTANDIGHEDE, NIE EEN VAN JULLE HET N OORDEEL OOR HIERDIE OUERS EN HUL DOGTERTJIE.

Daar is n spreekwoord wat lei: Everyone is saying that “Only God can judge” only to forget that ONE DAY HE WILL”

Simpatie mense!!!

Adele Maritz ·

Aai mense ek lees al die kommentaar en kan net my kop skud. Ladybrand is n bitter klein gemeenskap. Almal ken almal en daar hou hul nog straat braais sommer vir die lekkerte. Die ouers was nie daar toe sy besluit sy ga terug huis toe stap nie. Dit was haar eie keuse. Sy was miskien nuuskierig het iets gesien en in geval. Dit is hoe dit bestem was. My oudste word 14 en ek het ook maar perke maar kids moet afhanklikheid ook leer. Pappa, mamma my hart ga uit na julle toe. Ek bid datons ABBA Vader jul styf sal vashou en berusting gee. Ek gaan nou afsluit met die wete dat jul moet weet dit was n frats ongeluk maak nie saak hoe nie gister sou ons Pappa in die Hemel haar kom haal het, want haar tyd op aarde is verby en haar werk in die Hemel het begin…..

Dibby ·

Ons het self in Ladybrand gewoon vir ‘n wyle (en modderpoort, salige tye) so drie jaar terug.. Ons ken net klein plattelandse dorpies, en kinders het nou maar meer vryheid daar as in die stede. Ons het nie die stede se “stres” nie, ons is ook bekommerd, maar het nie alledaagse verskriklikke goed wat om ons gebeur nie, dus het ons meer gemoedsrus. In Tweespruit ontglip die kleuters die bediende, en gaan stap. So ver as wat hul geloop het, het die tannies en ooms my gebel, en gesê hul is nou hier, of daar, dan ry ek, en laai hul maar op en vat weer huis toe. Dieselfde in Ladybrand. Staan buite en roep die kinders, dan skree buurvrou twee huise verder “hul eet net hou klaar”. .. Hul kan immers by die skool, onder toesig, ook iets oorkom. My seun van 12 is nou in koshuis, ook klein dorpie, en woensdae is dorp dag. Dan stap die kinders dorp toe, en doen hul eie ding. Jy sal egter nie een van my kinders kan oplaai nie, tensy jy my man, sus of ma is, sal hul nie inklim, al ken hulle jou HOE goed. Wat met hierdie kind gebeur het, was ‘n blote tragedie. Dit kan enige een van ons oorkom… Hoeveel kinders het verdrink onder ouer toesig die afgelope jaar alleen? Dit is bloot tragedies. Nie nodig om die ouers nou te skrobeer nie.. Sterkte Ladybrand, ek is hartseer saam met julle xx

Wonderbaar ·

Julle wat so oordeel, wat soveel opinies het oor julle wat nie so agterlosig sal wees nie.
Julle wat so OORDEEL oor hierdie ouers en die verlies van hulle dogtertjie.
Laat sak jou kop in skaamte mensdom!

Daar is n spreekwoord wat lei: Everyone says: “only God can judge”, ONLY to forget that one day HE WILL!

Simpatie mense!!!

n ·

ek lees die kommentaar, ek glo nie die mense oordeel nie. ons wonder maar net hoe kan ‘n kind van 6 alleen loop, dis al. ek en ek glo almal van ons voel baie hartseer vir ‘n pragtige dogtertjie wat weggeneem is en ‘n ouerpaar wie se harte stukkend is. dis soos van die kommentaar se, enigiets kon gebeur het. niemand weet wat het regtig gebeur nie.

dok du preex ·

Hou asb op om klippe te gooi. Genade wat te erg is is te erg! Kry julle nie skaam nie? Liewe ouers en familie julle is in my gebede in hierdie hartseer tyd. Ek hoop U vind vertroosting in hierdie tyd by die Here. Sterkte vorentoe.

Mads ·

1000 likes vir Lou. Vir julle wat so lekker klippe gooi, ek wil n vlieg teen die muur wees wanneer dit eendag bakstene op jou kop reen. Sterkte aan die Mamma, Pappa, familie en vriende.

Francis Linstrom ·

Bitter jammer vir ouers. My raad, nie hier van toepassing, is dat wanneer klein kinders of kinders wat nie kan swem nie, vermis raak, mens eerste die naaste waterbronne moet deursoek. Ek het baie, baie jare gelede my 2 jarige seuntjie op die trappie van die dipgat op die plaas gekry. Genade was groot.

louisa ·

Ek gun niemand om n kind te verloor nie. Dit is bitter seer. Maak nie saak way omstyandighede is nie. Wie van julle wat so oordeel kan die 1ste klip gooi. Baie sterkte aan die ouers. RIV liewe pragtige mensie.

Boeremeisie ·

Soveel oordeel!
Sê eerder there but for the growth of God go I.

Chantel ·

Die Here het n plan met ons almal, Hy het die kleine meisie nodig gehad en toe kom haal Hy haar. Dit help nie om die ouers te blameer nie, hul het seer genoeg deur om hul kind te verloor. Mense met negatiewe denke bly eerder stil en geen die familie van die kleine meisie kan om haar dood te verwerk.

Crystal ·

Rus in vrede klein mensie! Sterkte aan die ouers en familie, ek wens julle die vertroosing van a duisend engele!
Ek vra dat julle tog ophou vingers wys. Julle weet nie wat gebeur het nie!

Liezl ·

Elke mens het sy reg op komentaar. Al wat ek kan sê is dit is bitter hartseer. My seuntjie is 4 en ek beskerm hom met my hele wese, maar ek weet dat ‘n ongeluk so vinnig gebeur. Hierdie kind se ouers moet met hulle self saam leef en met die wete dat hulle nooit weer hulle kind se voetstappe gaan hoor of haar gelag nie. Hulle gaan nooit weer haar armpies om hulle voel nie. My hart is baie seer vir almal hier betrokke en ek hoop dat hulle eendag berusting sal vind. xxx

JANET ·

VERWYTE GAAN NIE DI DOGTERTJIE TERUG BRING NIE. MAAK NIE SAAK WAT GEBEUR HET NIE. SY IS DOOD. DOOD HET NET EEN OORSAAK – DIT WAS TYD!!

maria ·

AI MENSE DIT IS IETS VERSKRIKLIKS WAT GEBEUR HET. MY SIMPATIE GAAN UIT AAN DIE ENGELTJIE SE FAMILIE… ONS MOET ASB NIE OORDEEL NIE, ONS KEN NIE DIE VOLLE STORIE NIE KOM ONS LOS MAAR DIE OORDEEL VIR ONS HEMELSE VADER. ELKEEN VAN ONS MAAK ONS KINDERS OP ONS EIE MANIER GROOT. DIE GAAN SAAM DIE HELE FAMILIE LEWENS LANK BLY EN GLO MY DIT RAAK NIE BETER NET ERGER EN AS ALMAL SO BLY OORDEEL , GAAN DAAR GROTER SKADE AAN DIE FAMILIE GERUG WORD AS WAT DAAR TANS IS. DINK VIR JULLE SELF AS DIT MET JULLE GEBEUR HET WAT SOU JULLE WOU GEHAD HET MENSE MOET OF MOENIE SE NIE…. MOENIE AAN ANDER DOEN/ SE WAT JY NIE AAN JOUSELF GEDOEN / GESE WIL HE NIE…

Helene ·

Ek stem saam met Maria.
Ons het n God van harte.
Dus bewaar julle harte elke dag elke uur elke stonde
Dit so n pragtige sproetjies gesiggie.
Mag julle as ouers vertroosting vind in die wete dat Jesus haar life het en vir julle
Sterkte!

Stukkende Hart ·

My hart gaan uit na die mamma en pappa ek self het my seun n maand terug verloor…..Dink julle verklik dat die ouers hulle self nie verwyt nie nee sies man dit is die ergste erg van met n ouer kan gebeur. Ek hoop my kabouter speel saam met die kleine kabouter in die hemel.
Hou op sensasie soek en dink aan die eina

Mamsie ·

Stukkende Hart jammer om te hoor van jou verlies ook, mag die gedagte van ons afgesterwe kindertjies wat vrolik in die hemel speel en lag ons elke dag dra. Mag God se liefde en troos vir ons genoeg wees.

Ansunette ·

‘n Onskuldige kind is dood…dis so hartseer… te laat vir vinger wys en beskuldigings…’n kind is dood….

mel ·

al wat ek kan sê is kinders is so onvoorspelbaar. ek onthou toe ek ongeveer 5 of 6 was het my ma dorp toe gery van die plaas en ek het dit geweet maar toe vergeet. ek het by die bediende gebly by die huis. skielik het ek besluit om haar te gaan soek en gedink sy kuier by n buur tannie. baie ver te voet van ons. ek het skielik weggeglip en daarheen gehol. Die bediende het my gelukkig ingehaal op die ou end maar ek was al ver van die huis.

selfde het met my 4 jarige gebeur noudidag toe het ek dorp toe gery en hy het by my man gebly op die plaas. my man was buite en hy binne. toe my man who inkom was hy weg. almal het hom oral gesoek en nie gevind. ek was oppad van die dorp en kry hom toe maklik 2 km van die huis besig om in die grondpad op te stap met n glimlaggie op Sy gesig en se “ek is baie slim ek het vir mamma kom soek” “ek ken die pad goed”.

weereens kinders is onvoorspelbaar en iets gebeur so vinnig maak nie saak hoe goeie ouer jy is. ek is baie jammer oor wat gebeur het.

anneke ·

Ai maar mense kan verwyt.. kinders bly kinders en geen maar geen mens is 100 persent seker dat jy jou kind kan beskerm teen als nie.. jou kind kan met n sker by die skool doodgesteek word en dan word jy seker verwyt oor die skool.. jou kind kan muisgif eet.. jou kind kan in n rooftog wees.. waa begin en eindig die verwyte.. ek dink aan hierdie mense met medelye in my hart.. laat ons wat in glashuise woon nie die 1ste klip gooi nie..

cherize oosthuizen ·

Mense, hoeveel ongelukke van kinders (veral verdrinkings) het nie binne die grensmure van m huis gebeur nie? Wie wil julle dan verwyt? Lees gerus nuutste Huisgenoot – artikel van hoe vinnig n kind wegglip en op onverklaarbare wyse in swembad val en verdrink. Hou op klippe gooi. Bid eerder vir daardie ouers. Julle het julle kinders by julle – gee hulle nou n oormast liefde en aandag, voor dit te laat is. Sterkte aan pappa en mamma in hierdie moeilike tyd. ?

Dawn Neethling ·

My oudste seun was van nature n rondloper en kon binne n oogwink uit die huis ontsnap en die strate vat Ek het dikwels na hom gesoek vandat hy 4 jaar oud was . My innige simpatie met die ouers Die ouers wat veroordelend spog oor hoe goed hulle na hulle kinders kyk, moet ingedagte hou dat ongelukke soms in die teenwoordigheid van ouers gebeur, My rondloper , wat nou 42 is, het binne ons huis byna dood verongeluk toe hy op op sy bed bollemakiesie geslaan het en altwee voete deur n glasvenster gegaan het

Gerrit ·

Ek voel net so jammer oor die dogtertjie se dood.

Wat my egter regtig plae is hoekom was daardie swembad nie beveilig soos deur die wet voorgeskryf nie ?

Ek het self wonings gehad met swembaddens en as die regte traliewerk aangebring is, kan geen kind deur of oor dit klim nie .

Sê maar net.

Karin ·

Innige simpatie met die familie en ouers. Dit is iets wat GEEN ouer wil oorkom nie en my hart bloei vir hulle. Wens net al die mense wat so klippe gooi en vertel dat hulle so wonderlik is en dat hul kinders nooit so iets sal oorkom nie, maak nie saak wat jy doen, hoe versigtig jy is of hoe hard jy baklei om jou kinders in ‘n kokon groot te maak nie. Die feit bly staan, sy is weg en kom nooit weer terug nie. Dink jouself in daardie situasie in en dink weer voor jy sommer net kommentaar lewer. Maak nie saak of ‘n kind 6 of 18 is nie, NIEMAND wil hul kind aan die dood afstaan nie. Staan liewers by hierdie ouers en hou op blameer.

Nicolene ·

MENSE!!! HOU OP OORDEEL! JULLE WEET NIE EERS WAT REGTIG GEBEUR HET NIE EN JULLE OORDEEL DIE OUERS SOME’ DADELIK! BID LIEWER VIR DAAI MAMMA EN PAPPA… MENSE KAN SO WREED WEES!!! SKAAM JULLE!

RUS IN VREDE LIEFIE, EN MAG JESUS MAMMA EN PAPPA STYF VAS HOU IN DIE TYD WAT JY HULLE VERLAAT HET…

Charm ·

Hartseer storie, leer jou kind swem op vroeie ouderdom. En wees behoed saam en vetrou Niemand op woord nie. Sterkte aan haar ouers

Nannie ·

Asb mense! hou op om klippe te gooi!!! Ons is almal ouers, ons beskerm amal ons kinders. Gee eeder liefde vir die mense met n positiewe boodskap. Moenie oordeel nie. Pasop dat jy nie in daardie ouers se skoene eendag staan nie. Sterkte aan die ouers.

m ·

Dis baie hartseer en ek wil nie onsimpatiek klink nie maar iewers is iets hier nie reg nie. Daar is net te veel weergawes oor wat gebeur het. Die sussie se een ding en die ouma hulle se n ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.