Soektog na moordenaars begin ná ses se skietdood

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Speurders van die KwaZulu-Natalse taakspan het met ’n grootskaalse soektog begin na die moordenaars wat ses mans in Umlazi doodgeskiet het.

’n Groep mans, tussen 22 en 25 jaar oud, het omstreeks 13:00 Maandag in ’n huis in die N Section- informele nedersetting in Umlazi gesit toe hulle aangeval is, het brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Sowat sewe mans met pistole het die huis binnegekom en losgebrand. Ses mans is doodgeskiet en nog twee is gewond. Die beseerdes is na die nabygeleë hospitale vir behandeling geneem.

“Speurders van die provinsiale taakspan ondersoek ses sake van moord en twee van poging tot moord. Ons doen ’n beroep op enigiemand met inligting om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.”

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel en gesê die polisie sal geen steen onaangeroer laat om te verseker dat die genadelose moordenaars aan die pen ry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon ·

Hoekom “sit” ses (+2 = 8?) mans 1 uur in die dag in n huis? Besig met wat? En word dan op as n groep aangeval?

Herman ·

Ja toe, nou waar’s BLM nou? Of “matter” hierdie “black lifes” nou nie meer nie?

KatjieDeKat ·

Waar ek woon hoor ek dit gereeld, 6-8 skote na mekaar in die informele woonbuurt. My seun is al so gewoond daaraan hy se net: “Well Someone just got got shot to ….again”. Baie dele van die land is maar so, daar gaan skaars n nag verby waar mens nie ten minste een skoot hoor nie. This is how we live now. Gangster’s Paradise.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.