Soektog na Mpuma-transitorowers

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Tzaneen is op soek na meer as agt mans wat ʼn veiligheidsmaatskappy, wat kontant vervoer het, aangeval en beroof het.

“Die voertuig is Maandagaand op die R36 tussen Tzaneen en Lydenburg, naby Ofcolaco, beroof,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Persone in ʼn wit Ford Ranger het omstreeks 19:30 van agter op die veiligheidswa begin skiet en die bestuurder is genoodsaak om stil te hou.”

Die verdagtes het ʼn kluis in die veiligheidswa oopgesny en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit. Verbygaande motoriste is ook voorgekeer. Hul motorsleutels is uit die aansitters gehaal en in die bosse gegooi.

“Geen beserings is aangemeld nie,” het Ngoepe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

At van Wyk ·

Ons het die swartes uit donker Afrika gaan haal. Nou vat hulle ons net weer terug donker Afrika toe.

In Sreuke is daar geskrywe: Wee die land waar die slawe regeer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.