Soektog na mynwerkers by Gamsberg duur voort

Die Gamsberg-sinkmyn (Foto: Vedanta Zinc International)

Daar word steeds na twee mynwerkers gesoek ná ’n voorval Dinsdag by die Gamsberg-sinkmyn in die Noord-Kaap.

Agt mynwerkers is reeds gister na veiligheid gebring.

Black Mountain Mining, ’n filiaal van Vedanta Zinc International, het Woendag gesê sy span werk nog onverpoos saam met die mynreddingsdienste om die laaste twee mynwerkers op te spoor en na veiligheid te bring.

Dít nadat ’n “geotegniese fout” Dinsdag om 01:15 by die westelike gedeelte van die suidelike skag van die sinkmyn aangemeld is.

“Die bestuur van Gamsberg het besluit om alle mynboubedrywighede tot verdere kennisgewing te staak. Die spanne se eerste prioriteit bly die soek en redding van die twee kollegas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bernard ·

“Geo-tegniese fout?” In die verlede was dit ‘n rotsstorting.

Plaaskind ·

@ Bernard, dankie dat jy my ‘n google antwoord gespaar het :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.