Soektog na nuwe SAUK-raad begin

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie sal vandag vergader oor die proses om ʼn nuwe tussentydse SAUK-raad aan te stel.

Prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, het in Desember bedank. Hy was die enigste lid van die raad wat aanvanklik geweier het om te bedank. Vuyo Mhlakaza en dr. Aaron Tshidzumba het in November bedank, terwyl Leah Thabisile Khumalo, die SAUK-raad se adjunkvoorsitter, einde Oktober haar bedanking ingehandig het. Krish Naidoo en Vusi Mavusa het op 5 Oktober in die parlement bedank, waar hulle voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie verskyn het.

Die ad hoc-komitee wat deur die parlement aangestel is om die SAUK te ondersoek sal intussen ook Dinsdag weer vergader. Tydens die komitee se vorige sitting Vrydag het LP’s van opposisiepartye aanbeveel dat Faith Muthambi, minister van kommunikasie, deur pres. Jacob Zuma afgedank moet word.

Die komitee het verlede week verder geskaaf aan die werksdokument wat later aan die Nasionale Vergadering voorgelê sal word. Organisasies en individue wat in die dokument genoem word, sal 14 werksdae hê om voorleggings te maak voor die finale dokument op 22 Februarie aanvaar en op 28 Februarie aan die Nasionale Vergadering voorgelê sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

zoom zoom ·

Tussen Zuma, Guptas en Faith sal hulle die regte persone kan voorstel om aan hulle vereistes te voldoen.

Jane ·

Ai kan dit darem meer verteenwoordigend van almal in die land wees, veral van die mense wat die MEESTE hulle SAUK lisensies betaal? Help nie dit is weer politieke chronies wat daar ingeprop word nie. Ons is veronderstel om ‘n demokrasie te wees waar daar na ALMAL se belange omgesien word .. Almal se objeksie teen apartheid was dat net ‘n sekere etniese groep bevoordeel word, hoekom gebeur dit steeds in ‘n demokrasie? Hoekom word daar nie ‘n balans geskep nie? Hoekom nie na almal se belange kyk nie .. as jy belasting betaal, hoekom moet ons soos TWEEDERANGSE burgers voel? Maak dit asb verteenwoordigend van almal . demografie is die grootste ONDING< want nie almal voel dieselfde oor gesinsbeplanning nie, kyk wie betaal belasting, en kyk ook na hulle belange.

snoefie ·

opposisiepartye moet die nuwe raadslede voorstel. een manier om seker te mask due kaders bly uit.

Johannes van Rooyen ·

Hulle sal buite die ANC moet soek binne die ANC was daar nog glad nie ñ bevoegde persone nie

H.A. ·

Johannes, daar is hom banja ANC mense wat kan aangestel word. Net die beste lede wat na Motsoeng sal luister as hy praat!

Alida ·

Dit is nou die DA se kans om in te gryp en lede voor te stel. Enige voorstelle deur Zuma of sy OB sal weereens op chaos uitloop. Dit is al oor en oor bewys dat hulle onbevoegde mense aanstel wat ons land duisende rande kos.

Alida ·

Sy het reeds ander belange. Ek glo nie sy stel belang om in ‘n byenes van gemors in te loop nie.

jaco ·

die SABC is n staatsinstansie en die Staat word deur die ANC beheer. So vat dit eenvoudig oor. Waaarom nou maande lank baklei en tekere gaan oor n raad en n voorsitter?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.