Soektog na ontvoerde 68-jarige eindig tragies

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 68-jarige man wat vermoedelik ontvoer is, is dood aangetref in bosse, naby die plek waar die voertuig vroeër gevind is. Die onbekende vrou wat saam met hom gery het, word steeds vermis.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit volg ná ʼn groot soektog in Maake buite Tzaneen na die twee slagoffers wat Donderdagaand ontvoer is.

Maroela Media het vroeër berig Johannes Mathipa (68) het saam met ʼn onbekende vrou naby Bismark-nedersetting naby Lenyenye buite Tzaneen gery waar hulle vermoedelik deur onbekende persone ontvoer is.

Mathipa en die vrou het omstreeks 19:50 in ʼn Toyota Hilux gery toe hulle ontvoer is.

“Die gesin het onraad vermoed toe Mathipa nie huis toe gekom het en hy nie sy selfoon beantwoord het nie. Die polisie is in kennis gestel en hulle het vinnig reageer.”

Ngoepe het gesê Mathipa se motor is langs die pad gevind en dit wil voorkom of iemand met mag by die voertuig ingebreek het. “Vrouekledingstukke, ʼn paar swart tekkies en een van Mathipa se skoene op die passasiersitplek aangetref.”

Mathipa is verskeie kere geskiet.

Die soektog na die vrou en verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Al hierdie wrede moorde daagliks. Elke keer as ek dit lees huil my Hart saam met die geliefdes. Dit is absoluut bokant my begrip dat daar mense in ons samelewing is wat geen gevoel en repek vir hul medemens het nie.

Pop ·

Sinnelose moord. Nes al die ander in hierdie vervloekte land. As hulle dan die vrou wou bykom hoekom die stomme ou man doodskiet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.