Soektog na ontvoerde seun (7) eindig tragies

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sewejarige seun van Limpopo, wat glo Sondag ontvoer is, se liggaam is Dinsdag in ʼn groot beesdipsloot gevind.

Volgens Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, is die seun glo Sondag omstreeks 15:00 in Olifantshoek, wes van Giyani, ontvoer, terwyl hy saam met maatjies gespeel het.

“ʼn Rooi sedan het na bewering in die straat stilgehou en die bestuurder het die seun gevra om in die motor te klim, waarna hy met hom weggery het,” het Ngoepe gesê.

Die voorval is by die polisie aangemeld en ʼn soektog is van stapel gestuur. Die seun se liggaam is Dinsdag in ʼn beesdipsloot in die Olifantshoek-omgewing gevind, waar hy in die water gedryf het.

Die motief vir sy moord en die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Dit is ook nie duidelik hoeveel mense by sy moord betrokke was nie.

Die Hlanganani-polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees ook: Nóg ʼn Limpopo-kind verdwyn

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

magda ·

Ja…siek, siek wereld en meer verby! My vaag is: HOE GEBEUR DIT DAT “MENSE” SULKE AFSKUWELIKHEDE KAN DOEN??? Iewers moes hul tog gesien, gehoor of gelees het hiervan – of is daar ander redes…my verstand staan stil!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.