Soektog ná outistiese seun (5) verdwyn

Malibongwe Dube (5) (Foto: Skermgreep)

Die polisie vra die publiek se hulp om ’n vyfjarige seun van Bronkhorstspruit, Gauteng, op te spoor. Die seun is outisties en boonop doofstom en het reeds twee weke gelede verdwyn.

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, woordvoerder van die Bronkhorstspruit-polisiestasie, is Malibongwe Dube (5) op 9 Mei omstreeks 11:00 die laaste keer by sy ma se huis in die Zithobeni-nedersetting digby Bronkhorstspruit gesien.

Dawie Prollius, ’n lid van Crime Reaction SA wat ook aktief betrokke is by die soektog, vertel die polisie en lede van die gemeenskap soek sedertdien onverpoos na die kleuter.

’n Plaaslike sakeonderneming, Tornado Equestrian Supplies, het pamflette met inligting en ’n foto van Malibongwe laat druk en regoor die dorp opgeplak. Dié onderneming beloof ook ’n spesiale handgemaakte roset aan die persoon wat Malibongwe kan help opspoor.

Prollius sê gerugte word op die dorp versprei dat ’n man lede van die gemeenskap genader en gesê het dat hy inligting oor Malibongwe se doen en late het. Dit was egter valse inligting en hy het só ʼn klomp geld uit die publiek bedrieg.

Enigiemand met meer inligting oor waar Malibongwe moontlik kan wees, kan die Bronkhorstspruit-polisie by 013 932 9222 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Ek het ook ‘n jonger boetie wat outisties is. Hy het ook gereeld die pad gevat, maar hy was nog nooit so lank weg nie. Het hom gewoonlik gekry dan het hy by wild vreemde mense gekuier en tydskrifte gelees. Sterkte aan die famie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.