Soektog na PE-ma en -dogter afgelas

Karla Hazel.

Die polisie se soektog na ʼn ma en dogter van Port Elizabeth wat sedert Donderdagaand vermis was, is afgelas.

Maroela Media het Maandag berig vermistepersoonsake is vir Karla Hazel (31) en haar dogter, Kayla (8), by die Kabegapark-polisiestasie aanhangig gemaak.

Cindy Vermeulen, Kayla se stiefma, het vir Maroela Media laat weet dat Hazel en Kayla in Salt Lake by ʼn vriend opgespoor is en dat albei oukei is. “Ons is baie bly en wil almal bedank wat na hulle help soek het,” het sy gesê.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het bevestig die ma en dogter is ongedeerd opgespoor. “Hazel het omstreeks 17:00 Maandag teruggegaan na haar ouers se huis om haar klere te gaan kry. Die polisie was teenwoordig gewees om haar te ondervra. Kayla was toe nog by vriende in Salt Lake. Die polisie het haar daar gaan verwyder en in die sorg van haar grootouers gelaat.”

Naidu het gesê die gesin moet hulle Dinsdag by die Kabegapark-polisiestasie aanmeld vir verdere verwysings en bystand.

Vermeulen het vroeër aan Maroela Media verduidelik Hazel en Kayla bly by Hazel se ouers in Ferguson naby Sidwell. Hazel se ma, Karin, het hulle Donderdag by die Green Acres-winkelsentrum gaan aflaai waar Hazel inkopies gaan doen het. Volgens Vermeulen is Hazel en Kayla daarna na Hazel se suster, vir wie hulle omstreeks 20:15 by haar huis in Sherwood gaan kuier het.

Haar suster woon oorkant Jade’s Sport Bar waar die twee die laaste keer gesien is toe hulle teen 22:20 saam in ʼn kennis van Hazel se motor geklim het. Hazel het tot Maandagmiddag glo nie met familielede gekommunikeer nie en het buiten die inkopies by haar geen klere vir haar of Kayla by haar huis gepak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

Die mense moet nie die polisie se tyd misbruik om familie probleme uit te sorteer nie ek weet die polisie is meeste van die tyd nie besig nie maar nogtans

Mornay ·

Die berig en die vorige berig bevestig maar net wat ek gedink het
as ek dit sou skryf sou ek maar net deur mm geblok word
Bly die kind is ok

Helen ·

DIT IS NIE MORS VAN TYD NIE!!! Die grootouers het aan die dogtertjie gedink. Wat kon gebeur het met daai kind as hulle nie die polisie in geroep het nie. Daai is n gevaarlike area waar hulle daai dogtertjie gekry het!!Eks net bly sy is trug by haar ouma en oupa. Laat mamma nou maar haar lewe verder verwoes en laat die grootouers die dogtertjie n beter lewe bied! So ja as die ouers niks gedoen het en dit net as n familie probleem gesien het was nog n dogtertjie dalk verkrag of mishandel dan sou julle almal weer gese het nou hukom het niemand iets gedoen nie??? Dankie ouma en oupa dat julle dit gedoen het en dankie dat daar nog n dogtertjie gered is!!

snoefie ·

as mense so keelvol vir hulle omstandighede is dat hulle voel om net weg te kom, stuur dan ten minste bet n smsvof w\a boodskap dat mense darem weet hulle is ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.