Soektog na peuter eindig tragies

Soek-en-reddingswerkers op die toneel waar die seuntjie verdwyn het. Foto: Rusa

Die tweejarige seuntjie wat Dinsdag by ʼn rivier in Ndwedwe in KwaZulu-Natal vermis geraak het terwyl sy pa sy voertuig op die rivieroewer gewas het, is dood gevind.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die kind se familie het sy liggaampie tussen die digte plantegroei langs die rivieroewer gevind.

Daar word vermoed dat hy verdrink het.

Die seuntjie het voor sy verdwyning op die rivieroewer gestaan terwyl sy pa sy Toyota Fortuner gewas het. Die voertuig was langs die rivier parkeer.

’n Soektog is van stapel gestuur nadat die pa sy kind uit die oog verloor het en ’n inwoner die owerhede ontbied het om na die kleinding te help soek.

Soek-en-reddingswerkers op die toneel waar die seuntjie verdwyn het. Foto: Rusa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda G

Dis so tragies. Bid vir die kindjie se familie

Daleen

Dis hartseer as ‘n skoon kar meer beteken as jou kind se veiligheid. Jy haal nie jou oog vir’ n sekond van ‘n kleuter af as jy so naby water is nie.

JM

Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n ouer ‘n kleuter op die rivieroewer laat staan en nie die potensiële gevaar vir die kind kan insien nie!!

Nettie

Hoe laat jy n 2 jarige kind alleen langs n rivier staan. Hy hart gaan uit na die ouers maar die pa sal nooit kan vergeet wat die gevolge was as hy weer sy kar was nie. STREKTE

Herman

Hoe was jy jou kar in vuil rivierwater? En kyk nie na jou kind nie?.