Soektog ná Potch-apteker op dam verdwyn

George Dunnhauser (Foto: Facebook)

’n Grootskaalse soektog is Woensdagoggend van stapel gestuur nadat ’n man van Potchefstroom in Noordwes op die Boskopdam verdwyn het.

George Nicolaas Dannhauser (37), ’n apteker op die dorp, het Woensdag ná 08:00 saam met ’n vriend op die Boskopdam, digby die Tanglewood-landgoed, gaan roei.

Eurika Dannhauser, George se ma, sê die vriend het solank vooruit geroei, maar teruggedraai en gesien dat George se kajak leeg en hy weg is.

Die vriend het dadelik die polisie van George se verdwyning in kennis gestel. Die familie soek sedertdien onverpoos na hom.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.