Soektog na Pta-ma afgeskaal

Francis Venter by die Bon Accorddam waar daar vir haar dogter gesoek is. Foto: Phillip Bruwer

Francis Venter by die Bon Accorddam waar daar vir haar dogter gesoek is. Foto: Phillip Bruwer

Die soektog na Madelein Murray (40), ʼn sakevrou en ma van Pretoria, is afgeskaal ná byna twee weke nadat sy deur vloedwater meegesleur is.

“Ons het gister [Woensdag] weer spanne gestuur om met snuffelhonde langs die Apiesrivier en die Bon Accorddam na enige teken van haar te soek. Die ondersoekbeampte is in kennis gestel dat die soektog nou afgeskaal is en ons sal bemanning na sleutelpunte ontbied as daar intussen enige leidrade opduik,” het adj. Jan Louw, van die polisie se duikeenheid en koördineerder van die soektog, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Madelein was saam met haar oudste seun, Hanco (20), in sy wit Nissan Skyline toe die motor op 11 November omstreeks 03:00 ná swaar reën deur vloedwater op die laagwaterbrug in Flowerstraat, Capital Park, meegesleur is. Henco, wat bestuur het, kon daarin slaag om sowat 1,5 km van die brug uit die vloedwater te kom en hulp by ʼn nabygeleë vulstasie te kry. Die motor se wrak is omstreeks 09:00 gevind, maar daar was geen teken van Madelein nie. ʼn Volskaalse soektog deur die Tshwane-nooddienste, die polisie se duikeenheid, honde-eenheid en soek-en-reddingseenheid, van so ver as Benoni en Bronkhorstspruit, het sedertdien niks opgelewer nie. Die polisie se lugvleuel was ook by die soektog betrokke.

Madelein Murray en haar seun, Hanco. Foto: Facebook

Madelein Murray en haar seun, Hanco. Foto: Facebook

Francis Venter (60), Madelein se ma, het Donderdag moedeloos aan Maroela Media gesê sy bid nou net dat enigiets na vore kan kom wat daartoe kan lei dat Madelein opgespoor kan word. “Ek wens nou net sy kan gevind word, dit is al manier hoe ʼn mens sal kan aangaan met die lewe,” het sy gesê.

Venter stap nog elke dag op en af langs die Apiesrivier op soek na enige tekens van haar dogter. “Daar is niks, nie eens ʼn skoen of ʼn kledingstuk of handsak nie. Daar is net niks. Ek gaan elke dag soek, ek kan nie net so by die huis sit. Dit maak ʼn mens mal.”

Sedert Madelein se verdwyning het Francis elke dag getrou by die soekgeselskap by die dam gaan aansluit in afwagting op enige nuus. Sy het egter gesê sy kan nou nie meer elke dag dam toe gaan nie aangesien sy al haar petrol uitgery het.

Lees alle vorige berigte oor Madelein Murray op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

MADISON ·

Wonder waar is die seun mens hoor of sien niks van hom nie wonder net hoe dit met hom gaan.

Jakoba ·

Wat beweer jy huh? Hoe kan daar nou n slang in die gras wees as hulle deur die water meegesleur was. Moet tog nie dwase aanmerkings maak nie.

Buitestander ·

Na my meening, soek hulle op verkeerde plek.
Wat van ‘n wyer soektog na haar loods? Probeer weer selfoon te bepaal waar die laaste sein opgetel is.
Sterkte vir alle naasbestandes.

Melt Olckers ·

Die selfoon is op die eerste dag reeds opgespoor in die Apies Rivier.

Belinda ·

Ja die inligting is ook nie baie op skaal nie om daai tyd van die oggend te ry en hy se ook nie waarheen hulle oppad of waarvan hulle gekom het nie. Hoop maar wel dat sy gevind word sterke!

lynette ·

Julle mense wat hier halfpad in die verhaal inval en dan julle eie mening gee maak mens siek. Gaan lees hele verhasl van begin af voor julle bespiegel. Daar is gese waarheen hulle oppad was en daaris ook genoem dat die seun na sy pa toe is. So hou op bespiegel asn.

Rbee ·

Lynette ek volg die storie op 3 verskillende verslag gewers. Waar het jy gelees waarheen was hul oppad 03h00

Cheryl ·

Ja Sarie ek dink ook daai ding iewers is ñ slang in die gras… Iewers skort iets. Die hele storie het nou te veel los draadjies. Ek volg die storie van die begin af en lees elke artikel. Die huisgenoot se storie verskil ook van die ander… Daar het die seun glo gepraat, hy sé hul was oppad om my ouma by vriende te gaan haal? Daai tyd? En sy ouma sé syt nie ñ idee waar heen hul daai tyd van die nag oppad was nie. … So hoe nou????

Alida ·

Cheryl ek is te bang om iets te se maar watse bewys is daar dat sy wel in motor was? Sy is iewers lewend of dood. Niks maak sin nie.

Alida ·

Ja-nee iets is nie lekker nie maar die waarheid sal een of ander tyd uitkom. Om 3 uur in die oggend te ry in sulke weer is nie goed nie.

LS ·

SARIE, hoekom sal jy nou so iets sê oor Hanco ? (nie Henco soos hulle altyd skryf nie)
Hoe in der ewigheid is daar nou ‘n slang in die gras met Hanco, en ek sal regtig wil hoor hoekom jy so sê?????
Hy was saam met sy ma af daar by die Apies en ten spyte van die feit dat hy BAIE seer gekry het, is sy hart ook stukkend oor sy ma.
Nou sê jy maar vir ons almal dat ons kan hoor wat kwansuis nou verkeerd is met Hanco, hoe sou jy wou gehad het hy moes optree sodat die situasiet vir jou MEER aanvaarbaar lyk/is?
Julle maak my SIEK as julle altyd die ergste van iemand verwag en dan ken julle hulle nie eens nie! En wat maak dit saak waarheen hulle was daai tyd van die oggend, dit het absoluut niks met die prys van eiers te doen nie!
Kry net ‘n lewe Sarie !!!

Alida ·

Ls gaan jy net so bitsig wees as die waarheid eendag uitkom?

Alida ·

Die seun is baie baie stil. Hy moet dalkies maar bietjie ondervra word oor presies waarheen en waar hulle 3 uur in die oggend op pad was.

charmaine ·

Hoe de hel kry hulle n selfoon op die eerste dag in die Apies Rivier maar nie n mens nie? Selfs die kar is eers later gevind, maar die selfoon op die eerstedag?? Verstaan nie die sin in die berig nie?

Denise ·

Ai tog los tog die mense uit elkeen is geregtig om sy haar eie mening te uiter almal kan nie dieselfde dink nie dit sal baie vervelige gewees het !!!! Sterkte aan die familie!!!!

Ina ·

Ai mense,kry respek vir ander mense se lewens,hierdie vrou se mense treur oor haar,sy het jong kinders in die huis,hulle lees al hierdie komentaar,die seun gaan vir berading,en is reeds gestuur vir slaap terapie,hy verwyt homself,want hy het sy ma op n stadium in daai verskriklike vloedwater aan haar hare beet gekry en probeer red. Sy en sy broers en suster se lewens gaan nooit weer dieselfde wees nie,en duidelik ken julle nie die plek waarheen die vroutjie gespoel het nie,niemand weet waar sy is nie,en solank hulle nie n liggaam het nie,hoe moet hulle ooit berusting vind. So asb kry n lewe van julle eie,en los hierdie mense dat hulle op hulle manier hierdie aaklige ding verwerk.

Sue ·

Hoop hulle kry haar!! Sterkte vir almal betrokke. Wens dit vir niemand toe nie.

Elize C ·

Ek het bitter baie simpatie met die agtergeblewenes, ek volg ook die berigte sedert die oggend wat die motor in die Apies beland het, ek self bly so 25km verder langs die Apies. Omdat so baie mense vrae vra, is dit duidelik dat daar baie vrae is wat onbeantwoord bly in al die berigte. Volgens ‘n berig wat ek daar aan die begin reeds gelees het, het sy en haar seun tot laatnag (let wel: nie vroeg-oggend) by iemand gekuier, die het nog gesê laat weet as julle by die huis kom. Toe hulle egter niks laat weet nie, is daar na die vrou se foon gebel, maar daar was geen antwoord. Waar het hulle rondgery tot 3-uur in die oggend? Hoekom kan die seun dit nie reguit antwoord nie? Waar en by wie het haar jong kinders gebly as sy uit was die aand? Wat weet haar jare-lange vriend van haar bewegings die aand/nag? Die bespiegelinge sal ophou as hierdie logiese, eenvoudige vrae beantwoord word. Onwillekeurig kom die vraag by my ook op: was sy ooit in die kar toe dit in die rivier beland het….? Jammer, maar met so baie onbeantwoorde vrae, kan mens nie help om te wonder nie, gesien in die lig van al die misdaad waarvan ons elke dag moet lees.

Alida ·

Ek se julle mos iets klop nie. Die SAPD moet dalk n paar mense onder druk plaas om te praat. Of sy lewe of sy is dood maar kan nie net WEG wees nie.

Cheryl ·

Ek se dit al van die begin af iets maak nie sin nie…. Alowel dit tragies is en baie hartseer is… Ons kort antwoorde en ware antwoorde… Daar het baie mense help soek na die vrou vroeg oggend tot laat middag… Hul moet net begin praat die seun.

Rbee ·

ElizeC ek vra presies jou vrae.
Sharon ek sal glo dat dit wat bespiegel word kan waar wees.
Nog vrae
Hoe het sy by die Pub gekom as sy saam hom en SY kar weg gespoel het?
Sou sy kaalvoet en sonder handsak gegaan het, daarom niks persoonlike items van haar in rivier gevind
Hoekom sê niemand van die familie vir Franci waar hulle was
Franci is 23h00 afgelaai en Madelein het haar nie last weet sy is veilig by die huis soos wat daar Altyd gedoen is nie. In ñ onderhoud met Franci sê sy hoe het sy aanhou bel na Madelein se cell foon

Xenia ·

Goeie More Sharon

My naam is Xenia ek is die ouma van Mickayla, Hanco se dogtertjie van 13 weke oud,
Ek sien jy het jouself die reg gegee om die onskuldige dogtertjie wat jy n buite egtelike kind noem in te sleep. Die seun is besig om te herstel en probeer nog die trauma te verwerk. Ek wil net vir U vra om my kleinkind uit hierdie storie te los want ek gaan geensins toelaat dat sy onskuldig by enige storie betrek word nie . Groete Xenia

aneri ·

Ja ek stem saam Xenia mens sleep nie n onskuldige kind in nie,en mense kry julle feite agter mekaar voor julle loop en stories versprei wat glad nie eers waar is nie,julle weet nie waar deur daai familie gaan nie.mag God jul vergewe vir al jul slegte kommentaar wie’s jul om te oordeel?Sterkte aan die Murray familie my hart gaan uit na julle toe

Onbekend ·

Niemand van ons mag oordeel nie, miskien het sy n breek nodig gehad soos enige ander mens sy was/is n goeie ma vir al ha kinders, sy het dalk n Nanny gehad of ha man/vriend het na ha kids gekyk, Madelein is my niggie en ek dink net mense moet dink voor hulle oordeel. Maak nie saak wa sy was of oppad heen was nie.

SANNA ·

skies om te se maar ek wou ook al lankal se iets is nie reg nie. Wie se sy lees nie self die nuus om te kyk wat aangaan tot die storie gaan le nie en dan n nuwe lewe begin nie? Mense doen snaakse dinge en mens hoor van die snaakste stories in vandag se wereld.

FIONA ·

Nou is die storie stil wonder wat het regtig geword van die vrou??????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.