Soektog na Pta-tiener

Eoin Manasse Coetzer. Foto: Verskaf

ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na Eoin Manasse Coetzer, ʼn 15-jarige tiener van Lyttelton in Centurion, wat sedert Sondag vermis word.

Volgens Eileen Coetzer, Eoin se tannie, is haar broerskind Sondag om 11:00 die laaste keer gesien toe hy sy grootouers se huis in Lyttelton Manor verlaat het.

“Hy het sy pa gegroet en is saam met ʼn vriend daar op ʼn motorfiets weg,” het Coetzer gesê.

Hy was geklee in ʼn blou denim, met ʼn turkoois Billabong-hemp en ʼn baadjie met ʼn prentjie van ʼn vis daarop, toe hy die laaste keer gesien is. Hy het ook ʼn keps en swart tekkies aangehad.

Hy is lank gebou, met bruin oë, bruin hare en ʼn swartraambril.

Coetzer is die persoonlike assistent van Mike Bolhuis, die spesialis-ondersoeker wie se dienste ingewin is in ʼn poging om Eoin op te spoor.

“ʼn Vrou het aangemeld dat sy hom Maandag in Belfast in Mpumalanga by ʼn pandjieswinkel gesien het. Ons glo hy is miskien by vriende, ene Frikkie en Gerhard, in Belfast.”

Die moontlikheid dat hy elders in die land kan wees, kan nie uitgesluit word nie.

Eoin is as vermis by die Lyttelton-polisiestasie aangemeld.

Enigiemand wat weet waar hy hom moontlik bevind, word versoek om Mike Bolhuis Spesialised Security Services se AO Werner Koekemoer by 082 820 3680 of die Pink Ladies by 072 214 7439 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tanz ·

Wat op hierdie aarde gaan met vandag se kinders aan? Weet hulle wat hulle aan ouers doen wanneer hulle so wegloop!! Ek hoop hy word spoedig gevind en word ‘n goeie loesing toegedien!

christa ·

kan die ouers nie die vriend, saam met wie hy weg is, kontak nie of ken hulle nie eens die vriend nie

Ook n ouer ·

Ons het gister n jongerige seun gesien by die Centurion Taxi Rank (Lenchen laan), was bitter vreemd om n jong seun 10:00 in die oggend daar tussen almal te sien

Genieve ·

Waar is sy ander vriende hulle kan sy ouers laat weet dat hy veilig is.

s ·

Sal uitkyk vir hom ken die 2 waarvan gepraat word nie baie goeie invloed nie.

se maar net ·

Verstaan ek reg? Is Eoin die persoonlike assistent van Mike Bolhuis? Hy is dan net 15 jaar oud……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.