Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Sondag ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn 60-jarige vrou wat met ʼn kano op die Hartbeespoortdam in Noordwes gaan roei het.
Rod Pitter, adjunk stasiebevelvoerder van die Hartbeespoortdam-NSRI, het Maandagmiddag gesê NSRI-bemanning is Sondag omstreeks 14:00 deur die vrou se familie ontbied nadat sy gaan roei het en nie teruggekeer het teen die tyd was sy verwag was nie.
“Die NSRI het omstreeks ʼn uur lank gesoek toe die vrou se familie bel om te sê sy is veilig terug by die huis. Die vrou het vermoedelik tussen digte hiasinte beland terwyl sy geroei het. Sy kon dit darem veilig tot by die oewer maak en het van daar af huis toe gestap, wat langer geneem het as wat verwag was,” het Pitter gesê.
Die NSRI het die familie geloof omdat hulle alarm gemaak het pas nadat hulle onraad vermoed het.
Bly sys veilig maar waarom gaan sy roei sonder haar selfoon??Ek hoop syt iets geleer hieruit
Ek roei ook sonder ‘n selfoon. Dit is anders want ek roei tussen branders maar mens waag nie ‘n selfoon of ‘n kamera op ‘n kayak nie. Roeibote het nie nodwendig plat rompe nie en elektroniese toerusting word deur maklik daarop gewaag nie. Natuurlik is daar waterdigte houers maar dit kan maar tuis bly.
Die hiasinte raak n groot probleem vir mense en diere ek verstaan seekoeie eet hiasinte maar dit hou weer gevaar in vir mense ,miskien moet die regering biodiesel van dit maak en die wins gebruik on nog damme te bou.
Bly die vrou is veilig – het 2 weke terug daar gery – jy kan omtrent nie meer die dam sien nie en dit stink vreeslik daar.