Soektog na rondloperleeu duur voort

Die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes (Foto: Henk Kruger/African News Agency)

Spoorsnyers is steeds op soek na die leeu wat verlede maand uit die Karoo Nasionale Park in die Wes-Kaap ontsnap het, het SANParke Maandag gesê.

“Spoorsnyers het Sondag die laaste spoor van die rondloperleeu tot ongeveer 42 km noordoos van Sutherland in die Noord-Kaap gevolg,” het die organisasie gesê. “Dit is ook van waar hulle Maandagoggend hul soektog hervat het.”

Daar was Sondag ook berigte van vier skape en twee bokke wat op ʼn plaas in die omgewing doodgemaak is.

ʼn Span van Bidvest Protea Coin, wat Vrydag by die soektog aangesluit het, maak snags van infrarooi-tegnologie gebruik om nader aan die leeu te kom. Hulle het die afgelope drie aande egter tevergeefs bly soek.

“ʼn Spoorsnyer van die Bidvest-span het ook by die span op die grond aangesluit. Een van slegs twee helikopters in die land wat oor infrarooi-tegnologie (FLIR) beskik, vorm ook deel van die span. Hitte kan oor ʼn radius van 10 km snags opgemerk word,” het SANParke verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Piet Petrol ·

`Viva la Liberte! So moet ‘n leeu vry rondswerf! Die Skepper het hulle geskape om vry te wees. Die mens het heinings opgerig. Tevergeefs. Nogal baie dieselfde as n Godvresende nasie wie vry wil floreer. Allerlei wette om hulle aan bande te lê. Tevergeefs. Vryheid is die geboortereg van die waagmoediges.

Dries du Toit ·

Aag kom nou manne. Dit is nou regtig nie nodig nie. Beledigings vir jou eie mense is laakbaar

Dieter ·

Dries, as Lewies dapper genoeg is om Sanparke personeel te beledig, moet hy mans genoeg wees om beledigings te ontvang ook.

As jy wil uitdeel, moet jy kan ontvang ook.

Michael ·

Terwyl. hulle die leeu soek. Glo my jy gaan geen vee diefstal in daardie omgewing kry nie. “Koning Lou “is plaaswagter

Peet Schabort ·

Ek was verlede jaar op ‘n plaas waar leeu se kind patrolliewerk om die opstal doen.

Karolis ·

Daar is te veel heinings tussen Beaufort Wes en Sutherland.
Hulle moet padlangs soek. Stop al die taxi’s.

Ellisras ·

Leeus is tog nie so skaars dat die een onvervangbare is nie. Kry ‘n ander een in sy plek. Leeus is in elk geval banger vir mense as wat mense bang vir ‘n leeu is.

HPV ·

Leeus is net bang vir mense tot hulle honger is, dan kan jy sy daaglikse brood word.

HPV ·

Daagliks word probleemdiere, waaronder ook honde, op plase geskiet. Wat maak die leeu anders? Dit is nie ‘n bedreigde spesie maar hou wel ‘n wesenlike gevaar vir mense in, nie eers te praat vir kinders op plaaswerwe. Wilde vleiseters sien kinders maklik as prooi. Om duisende Rande, in ‘n land vol armoede, op so soektog te spandeer is om die minste te sê belaglik.

VanAfrika ·

Dis omdat almal skiet happy is dat ons diere uitgeroei is. As jy n probleem het daarmee, hou verby die artikel. Die mense weet die leeu is los, so hou jou kinders binne en wees waaksaam teenoor jou en jou diere. En vir jou inligting ons leeus, tiere en luiperde is op die brink van uitwissing. Praat van armoede, ons wild is ons rykdom en erfenis. Dit gaan nie oor wie arm isen die geld wat aan wild bestee word nie. Mense kan armoede bekamp, party is net te lui om te werk, diere kan nie hulself help nie, daarom moet ons voorsorg tref vir ons erfenis.

Ek sê, moenie daardie leeu skiet nie. Hy is net n dier en weet nie van beter. Hy dink die wêreld is sy speelplek wat eintlik so is. Ons is die aliens wat sy spasie kom vat het.

Jepetto ·

Kom ons gee die Leeu a naam dit is nou al a geruime tyd wat h y so rondloop

HPV ·

Cherokee het dit ‘n tyd gelede ‘n gepaste naam gegee, die “Skim”, jy sien hom net as hy jou wil sien.

Hendrik ·

Sit die leeu uit op tender vir ‘n professionele jagter met ‘n buitelandse kliënt. Geld is ‘n baie goeie motiveerder. Die tendergeld kan dan gebruik word om die park se heining by die spoelslote op te knap.

Herman ·

Ek dink bitter min jagters is fiks genoeg om dag in en dag uit agter n leeu aan te stap. Ek twyfel of enige ou wie se broek n 34 of groter is, fiks genoeg is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.