Soektog ná sakeman op plaas doodgeskiet is

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die Gautengse polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na vyf gewapende mans wat Donderdagaand ʼn sakeman, in sy 60’s, op sy plaas oos van Pretoria doodgeskiet het.

Maroela Media het vroeër berig vyf gewapende mans het die egpaar omstreeks 20:00 op hul plaas in die Onbekend-omgewing naby Welbekend oorval. Die man bedryf sy eie onderneming op die plaas.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, het intussen die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die egpaar het vermoedelik op ʼn alarm gereageer wat afgegaan het, toe die vyf mans, wat klapmusse aangehad het, hulle oorval het. Die verdagtes het vuurwapens op die egpaar gerig en hulle in die huis ingedwing waar hulle vasgebind en aangerand is. Die huis is geplunder en die verdagtes het onder meer ʼn onbekende bedrag geld gesteel.”

Volgens Makhubele is die egpaar na buite geneem waar die man in ʼn bebosde gebied in die bolyf geskiet is. Hy is op die toneel dood. Die vrou is erg getraumatiseerd en moes na ʼn hospitaal geneem word.

Die Welbekend-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die slagoffer se naam is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou totdat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Chris ·

Tragies dat die voedingsare en ekonomiese stabiliteit van ons land so afgesny en geminag word. Praat nie eers van ons volk wat brutaal uitgemoor word nie.
Dit is werklik tyd dat ons God vertrou om ons uit die hande van die bose te red.
My hart bloei vir ons nasie en veral die families wat so duur prys betaal om geliefdes af te staan.
Mag God ons genadig wees.

johan ·

Ek sal jou se hoeveel nog. Totdat alle wittes uitgemoor is.

Ouma ·

Ja vra ek ook! Hoeveel nog? Maar die sogenaamde “regering” dink dis ok!! Kyk maar na die brandstigting by Enige plek!! Staan met slaparms en toekyk hoe vernietig hulle boeties die goed!! Niks respek vir niks!!

Nog 'n Ouma ·

Eers as al die wittes uitgemoor is, sal die buitelandse media seker vir die eerste keer begin berig oor die ‘verskynsel’, en begin navorsing doen daaroor. Te laat!

Swannie ·

Ek stem saam met jou – dit maak net nie sin nie.

Lyk my amper of die mense nie hul alarms vertrou nie.

LB ·

Hulle het nie noodwendig uitgegaan nie, die alarm kon afgegaan het omdat hulle iets afgebreek het om in te kom en was dalk binne die “veiligheid” van hul eie huis oorrompel. Die les vir ons almal is om altyd jou wapen in jou hand te hê, om traliehekke binne jou huis aan te bring en hierdie diefwering wat lyk asof dit met voëlmis vasgesweis is te vervang met sterk staal wat vasgebout is en nie weggebuig kan word nie. Beams wat hulle buite reeds gewaar moet jou eerste waarskuwing wees, as al daardie goed in plek is, is dit net genade en ‘n baie sterk sesde sintuig wat jou gaan help want môre moet jy weer uitgaan om te werk.

humor ·

Mens staan verslae want dit gaan net ongehinderd voort. Mens raak sprakeloos en wil soos Dawid se: “Ek sal my mond nie oopmaak nie,want God het dit gedoen.” Mens probeer n breer beeld van die toekoms te slep maar slaag nie daarin nie.Kan maar net uiteindelik vra waarheen is God ons Vader met hierdie land oppad? Na die groot saamkoms van gebed blyk dit dat baie mense n spoedige stop van die grusame misdade te wagte is, maar dit werk nie altyd so nie. Talle momente in die Christendom se geskiedenis bevestig dit.

Pop ·

Ek is verslae. Hoeveel mense word aangeval en vermoor oordat hulle na buite gaan. Bly binne veral as alarm afgaan. Ons alarm gaan ook soms af, en dan sit ons maar en wag met ‘n wapen totdat die sekuriteit kom kyk. En selfs vir hulle maak ons nie oop nie. Het ‘n klein venstertjie waardeur ons praat. Drie bullterieers binnè in huis. Ons word gespot en uitgelag maar is omtrent enigste wat nog nie by ingebreek is of aangerand is in hierdie geweste.

Pastoor ·

Die 22 April was die draaipunt. Ons mense moet self ook draai. Omdraai terug na God. Hys nog altyd God. Ons moet wegdraai van die sonde en reg leef soos oom Angus mooi verduidelik het. Manne dien God vroue ook wees julle manne onderdanig kinders dien God. Luister na julle ouers ens SA DRAAI TERUG NA GOD

Pastoor ·

Die 22 April bid was die draaipunt. Ons mense moet self ook draai. Omdraai terug na God. Hys nog altyd God. Ons moet wegdraai van die sonde en reg leef soos oom Angus mooi verduidelik het. Manne dien God vroue ook wees julle manne onderdanig kinders dien God. Luister na julle ouers ens SA DRAAI TERUG NA GOD MM plaas die berig asb wats fout

Cilla ·

By die slag van bloedrivier het die boere gebid maar ook laer getrek en terug geveg. Boere moet nou baie vinnig besef dat hulle in ‘n oorlog situasie betrokke is. Skerp jou sekuriteit maksimaal op en wees uiters paraat.

Jakalas ·

Die mense wat aangeval is in dié berig is bekentenise van ons gewees. Baie hartseer gewees om te hoor. Baie goeie mense, veral die oom.

Jaco Grobler ·

Ek voel bedroef vir die familie, sterkte julle. Ek wonder altyd as ek so berig lees; wat is die omvang van die ‘volskaalse’? Vyf mense los baie leidrade, veral die tipe krimineel wat in SA doenig is, hulle kyk sommer die kamera vierkantig in die lens en trek die sneller. Die mense in die informele nedersettings en lokasies weet baie van mekaar, en is lief vir praat. Ek weet daar is baie wat hard probeer, maar dan is daar die klomp wat nie eers weet wat is protokol van vuurwapen DRA nie, wat dan nog van die delikate proses van misdaadondersoek.

Anton ·

…niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie…dit is altyd die tragiese deel van die voorval…

Cilla ·

Pastoor, by die slag van bloedrivier het die boere nie net gebid nie. Hulle het laer getrek en terug geveg….. Dis nou hoog tyd dat die boere besef daar is oorlog verklaar teen hulle. Hulle moet hulle sekuriteit optimaal verskerp en uiters paraat wees. Nog ‘n ding hoekom word die klem op “sakeman” gesit in die berig? Dis nogsteeds ‘n plaaseienaar…..

Peet J ·

Daar bestaan nie ‘n kitsoplossing om die krimineletoestand om te swaai waarmee ons tans in die land mee te kampe het nie. Die Almagtige God het nie die vorige regering NP opdrag gegee om die huidige regering oor ons blanke volk aan te stel nie en ek kan ook nie onthou dat ons gemeenteleiers die HERE geken het en Hom geraadpleeg het d.m.v. kerkdienste oor so ‘n belangrike saak nie maar nou verwag ons dat gebede aan God die gemors wat ons veroorsaak het reggestel moet word.

leon ·

Wonder niemand soos ek, of die moontlikheid bestaan, dat die aanvallers miskien op die staat se betaalstaat is nie.

Marie ·

Hierdie is beplande gebeure om die land in n “state of emergency”te kan verklaar.Dit gee dan die president ongekende mag.Wag en kyk.Daar is net te veel soortgelyke voorvalle vir dit om toevallig te wees.

TP ·

Teks reeds gestuur. Moes formaliteite aan voldoen. Plaas, indien moontlik, nou my kommetaar. Groete.

toy ·

Ek is woedend, gatvol as ek so n berig lees, 5 gewapende mans wat onskuldige mense aanval. Dis net die Here wat ons sal help met sulke elemente in ons samelewing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.