Soektog na sakeman se kinders geloods

Die vier kinders wat ontvoer is. [Foto: Verskaf]

Die polisie, buurtwaglede, sekuriteitsmaatskappye en die publiek is onverpoos op soek na ’n bekende sakeman van Limpopo se vier seuns, nadat hulle glo Woensdagoggend ontvoer is.

Nazim Moti, eienaar van Auto Moti in Polokwane, se vier seuns Zia (15), Zayyad (11), Alaan (13) en Zidan (6) was omstreeks 07:00 van hul huis in Nirvana op pad na Curro Heuwelkruin, toe hul motor gekaap is. Die seuns was in skooluniforms geklee en het in ʼn silwergrys BMW gery.

Volgens lt.kol. Maimele Pilusa, stasiebevelvoerder van Westenburg-polisiestasie in Polokwane, het die 64-jarige bestuurder van die BMW vertel hoe ’n silwer Kia Sorento en ʼn swart Mercedes‑Benz die motor waarin hulle gereis het, van die pad af gedruk het. Nie een van die voertuie het nommerplate gehad nie.

“Volgens die bestuurder het daar na bewering sewe mans, almal in wit oorpakke geklee, uit die voertuie geklim en skote op die BMW afgevuur,” sê Pilusa.

“Die vier seuns is toe uit die BMW in die Mercedes ingedwing en die bestuurder is agtergelaat. Die seuns is klaarblyklik in Flora Park van die Mercedes na ’n silwer Toyota Fortuner oorgelaai.”

Andries Opperman, provinsiale veiligheidskoördineerder vir Limpopo, het vroeër gesê die BMW is gekaap en na bewering by die N1-afrit by Penina Park langs die pad gelos. Dit is later met die bestuurder in gevind.

Die laaste keer dat die Fortuner gesien is, was op die N1 in die rigting van Louis Trichardt.

Shaahid Valjie, hoof‑ uitvoerende beampte van Mighty Tactical Reaction Services, wat ook by die soektog betrokke is, doen ’n beroep op inwoners van Nirvana om op hul kringtelevisies te kyk of hulle enige van die verdagte motors opmerk.

Enigiemand met inligting wat kan help om die kinders op te spoor, kan die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 of hul naaste AfriForum-buurtwag, skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Oom ·

Die ontvoerder is seker ‘n ontstoke kliënt wat ‘n motor by hierdie motorhandelaar gekoop het.

Juffrou ·

Nee oom, die pa is ń ryk sakeman.
Afpersing. Opportuniste. Gou geld maak plan. Die bedrag x4. Verstaan jy nou?

Misky ·

Ek bid vir hierdie ouers en waardeur hulle nou moet gaan. Ons land is in skerwe en misdaad het ‘n breekpunt bereik!!!!

Sandra ·

Jong die hele storie klink maar lekker verdag. Ek hoop die kinders word veilig teruggevind. Ek vind dit eienaardig dat niemand behalwe die bestuurder van die motor waarin die kinders was, die enigste ooggetuie is.

JanSt ·

Nou hoe ken jy die ouers dat jy sulke aantygings kan maak? Klink vir my jy moet dringend met die speurders praat.

Anonymouse ·

As jy Nazim Moti google kom daar ‘n Zunaid Moti se naam op. Zunaid se storie klink of dit uit ‘n fliek kom met 2 maande in ‘n Duitse tronk, die Russe wat hom soek, en iets oor die Russiese Mafia, en bewering dat hy die hulle of ander Russe geld skuld — die storie is bietjie deurmekaar. Ek wonder of daar ‘n verbintenis is tussen Zunaid en Nazim.

En maak nie saak wat nie, die arme kinders verdien niks van dit nie. Dis vier pragtige seuns en ek kan my nie indink hoe hulle familie moet voel vanaand nie. Ek hoop baie hard dat hulle ongedeerd gevind sal word, en gou.

Lubbe ·

Mens doen nooit speur werk op google nie. Dit is soos mense wat goed gaan google oor Covid en alles glo wat gese word.

Shakespeare ·

A corrupt business that went wrong ???? Vra maar net.

Christine ·

Dit is verskriklik en sekerlik die ergste stres wat ‘n ouer kan deurgaan. Hopenlik sal die kinders vinnig gevind word en ongedeerd wees. Kan rykes se kinders ‘n toekomstige sagte target wees vir diewe? Is dit waartoe kriminele volgende sal oorgaan in ons land met soveel werkloses en korruptes?

KhoiKhoi ·

Bid vir die seuns en kinders.
Die rykes is ‘n teiken vir ontvoerings wat deur buitelanders, veral Pakistanis gepleeg word.
Sagte teikens.
Dit gebeur ook meer dikwels as wat berig word.
Klaarblyklik is dit nie die eerste keer dat die gesin slagoffers word nie.
Pa en oom was vantevore ook ontvoer

Annelize ·

Ek is baie jammer, maar iets klink nie reg hierso nie. Die kinders is in die Mercedes ingedwing, maar klaarblyklik later in ‘n Fortuner oorgelaai, weg van waar hulle oorspronklik ontvoer is Hoe weet hulle dit as die bestuurder van die BMW agtergelaat is? Dis maar net een van die talle vrae wat in my kop opkom.

Stephanie ·

Ons bid vir hulle veilige terugkoms en dat d skuldiges gevang en gestraf word. Bid vd ouers ook in hd verskriklike omstandighede

Yolandie ·

Dit is alles seker net vir ‘n groot los prys… die geld gierigheid in die land is baie hoër as die IK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.