Soektog na SA’ners in Mosambiek duur voort

Argieffoto: Pixabay.com

ʼn Burgemeester van Limpopo is op pad na Mosambiek om die families van die vier Suid-Afrikaners by te staan wat die afgelope naweek in die see naby die Portugese Eilande vermis geraak het.

Die vier was deel van ʼn groep vriende wat op 12 Januarie na Mosambiek gereis het om een van die vriende se verjaarsdag daar te gaan vier. Die tragiese voorval het op 14 Januarie plaasgevind.

Die groep vriende het vermoedelik vanaf Maputo ʼn boot na die Portugese Eilande geneem en daar in die see geswem toe vier van hulle deur ʼn groot golf getref en onder die water verdwyn het.

Die kantoor van die premier in Limpopo het die vermistes as Tjolo David Kaise, Mahlogonolo Mmatholo, Lesego Matsepe en Gregory Mfune geïdentifiseer. Mmatholo en Matsepe is van Groblersdal in Limpopo afkomstig, terwyl Kaise en Mfune onderskeidelik van Secunda en Bloemfontein afkomstig is.

Vincent Rammupudu, Lesedi Mmotong, Basetsana Mogafe en Lefentse Mampuru wat saam met die vermistes in die see geswem het, is betyds deur Mosambiekse owerhede uit die water gered.

“Die premier het Julia Mathebe, die burgemeester van die Elias Motsoaledi-munisipaliteit, en haar munisipale bestuurder ontplooi om na Mosambiek te reis en namens die Suid-Afrikaanse regering die families van die vermistes by te staan wat reeds na Mosambiek gereis het,” sê Kenny Mathivha, woordvoerder van premier Chupu Stanley Mathabatha.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê minister Lindiwe Sisulu is vanoggend deur die konsulêre dienste ingelig oor die besonderhede van die voorval en die soektog wat tans aan die gang is.

Mabaya sê Dirco werk saam met die Hoë Kommissie in Maputo om die vermiste persone se families te ondersteun.

“Ons is deurentyd in verbinding met die hoë kommissaris terwyl die soek-en-reddingspogings aan die gang is en ons hou aan hoop dat hulle lewend gevind sal word,” sê hy. Hy het egter erken dat die vermoede tans is dat die vier jongmense verdrink het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

liefie ·

Ek was ‘n keer op ‘n passasierskip in die omgewing, die see was vreeslik rof.

L ·

Innige simpatie aan die familie van die jong mense. As ouer wil ek myself nie eers probeer in dink hoe traumaties dit vir julle moet wees nie. My hart breek vir julle.

marous ·

Waarom die burgemeester ? Daar is mos ‘n ambassade wat die goed hanteer!

louis ·

Dis n goeie geleentheid vir die burgermeester om bietjie te gaan vakansie hou!

Anoniem ·

Daar kon nie n helikopter uitgestuur word om my broer te soek toe hy verdrink het in die see nie omdat daar nie geld was nie maar hulle stuur n span mosambiek toe. Nou is daar geld. :( :(

Genoeg gehad ·

Om families by te staan. ? Dis niks anders as n gratis vakansie vir sekere mense nie. Nog nooit voorheen gelees dat hulle families van mense wat op plase aangeval en vermoor is gaan bystaan nie. Elke dag n nuwe verrassing in hierdie land.

Nel ·

‘There is always something new out of Africa’ aldus Pliny the Elder, en dis nie juis as ‘n vleiende of positiewe opmerking bedoel nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.