Soektog na seun (5) in mynskag afgelas

Die vyfjarige Richard Thole wat op 25 Februarie 2017 in die mynskag verdwyn het (Foto: ANA)

Die vyfjarige Richard Thole wat op 25 Februarie 2017 in die mynskag verdwyn het (Foto: ANA)

Die Ekurhuleni-metro het met die proses begin om inwoners van die Jerusalem- informele nedersetting in Boksburg te hervestig ná ʼn vyfjarige seuntjie verlede maand in ’n ou mynskag afgeval het.

Die besluit volg ná die weermag ʼn reddingspoging van stapel gestuur het. Die weermag het Dinsdag met die stad, die departement van minerale hulpbronne en die ouers van Richard Thole vergader en ʼn verslag voorgelê wat hulle saamgestel het oor die reddingspoging.

Mzwandile Masina, burgemeester van die Ekurhuleni-metro, het voorgestel dat berading beskikbaar gestel word en dat die stad seker maak dat alle ou en verlate mynskagte afgesper word.

Masina het ook voorgestel dat ʼn gedenkdiens vir Thole gehou word en dat die bestuurder van die stad dringend aandag daaraan skenk om die gemeenskap te hervestig op ʼn veiliger plek.

Foto: @EMMInfo/Twitter

Foto: @EMMInfo/Twitter

Die verslag van die weermag stel dit duidelik dat dit wesenlike gevare vir reddingswerkers inhou om aan te gaan met die reddingspoging. Een van die reddingswerkers het tydens een van die pogings sy bewussyn verloor weens die tekort aan suurstof in die mynskag.

Die weermag meen ook dat die wisselvallige weerpatrone die stabiliteit van die grond in en rondom die mynskag beïnvloed en dat dit ʼn wesenlike gevaar vir die reddingswerkers inhou indien dit voortgaan.

Maroela Media het vroeër berig dat Thole Saterdag 25 Februarie in die ou mynskag ingeval het. Hy het glo saam met maatjies gespeel toe hy in die skag beland het. Die skag is sedert 1950 nie meer in gebruik nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dirk ·

Die maatskappye wat die myn skagte grou, moet vir ewig verantwoordelik gehou word vir die instandhouding van die seëls wanneer die skagte toe gemaak word.

julius ·

Ek sou met ‘n gas masker en tou hom gaan uithaal het ongeag die gevare wat dit inhou, maar nou sal dit nie meer help nie. Ek het so gehoop iemand sal braaf genoeg wees om dit te doen.

Lizel ·

@Julius, hoekom nou jou mond rek, hoekom het jy nie jou dienste aangebied toe hulle besig was of kop gekrap het oor wat om te doen nie? My man is deel van Mine Rescue Service en glo my hulle maak hel deur om deel te wees van n groep mans wat bereid is om hulle lewe te gee om ander te help om daar te gaan waar niemand anders wil gaan nie. Ja hulle het maskers en suurstof maar dis nie al wat n rol speel om in so n skag in te gaan nie. As hul suurstof opraak wat gebeur dan? Dan verloor hulle hul lewe gasse ondergrond is nie grappe nie, wat as die rotse afkom? Party keer moet moeilike besluite geneem word. Ek daag jou uit om MRS te skakel en te kyk of jy dit regtig in jou het om so iets te doen!

Lee ·

Wat weet die weermag in elk geval. Kry die ouens wat by die groot myne werk wat opleiding in sulke situasies het om in te gaan. Die Zama Zama’s het ook gesê hulle sal ingaan. Al leef hy seker nie meer nie wil die ouers tenminste ‘n lyfie hê om te begrawe. Nee Ekurhuleni kry mense wat die werk kan doen om in te gaan. Dis ‘n kind!!

julius ·

Lizel. Ek het ‘n vol lewe gehad. My werk wat ek gedoen het, het soortgelyke gevare ingehou. Ek sou my lewe gee vir ‘ n arme kind wat net gespeel het en daarin beland het. Die berig oor die seun is lank na hy ingeval het eers op maroella geplaas. Dit sou onwaarskylik gewees het om hom lewendig uit te haal. Die weermag beskik nie oor die mense om die tipe werk gedoen nie. Ek hoop jy verstaan my punt.

Scalla ·

Die weermag moet hul maar eerder by hul eie pligte bepaal, tragies dat die kind so moes sterf.

Andrea ·

Arme ou seuntjie. Hoop dit was vinnig. Wil nie dink dat hy n lang, eensame, vreesgevulde dood moes sterf nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.