Soektog na skrander jong man eindig tragies

Stephen Nieuwoudt (19) het Sondag oënskynlik vermis geraak.

Die soektog na die 19-jarige Stephen Nieuwoudt wat Sondag spoorloos verdwyn het, het Dinsdag hartseer geëindig toe sy liggaam by die Botaniese Tuin in die Harrismith-omgewing gevind is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn reusesoektog is na Nieuwoudt begin nadat hy Sondagmiddag by sy ouerhuis op Harrismith weg is, oënskynlik om by ʼn vriend op ʼn plaas by Verkykerskop te gaan kuier.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het vroeër gesê Nieuwoudt se pa, ook Stephen, het die vriend se ma op Harrismith raakgeloop en gevra waar sy seun is. Volgens haar het Stephen nooit op die plaas aangekom nie.

Nieuwoudt se motor is vroeër vandag verlate in die Platberg-omgewing gevind, maar daar was steeds geen teken van hom nie. Polisielede, met die hulp van snuffelhonde en lede van die gemeenskap, het die gebied by die Botaniese Tuin gefynkam.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het ʼn kort ruk gelede gesê Nieuwoudt se liggaam is met ʼn skietwond aan die kop en ʼn .270-geweer langs hom gevind.

“In hierdie stadium word geen vuilspel vermoed nie en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen,” het sy gesê.

Nieuwoudt se gesin het mense vroeër op Facebook gevra vir gebede dat hy gevind sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MIA ·

Dit is voorwaar ‘n tragedie om jou kind op so ‘n manier te verloor. Baie sterkte aan die gesin, familie en uitgebreide vriendekring.

Annatjie ·

Ons kinders is seer Suid Afrika se vooruitsig lyk so donker vir ons hoe moet dit vir ons kinders lyk? Dit is so hartseer as ‘n begaafde kind hierdie uitweg kies.
Sterkte aan sy ouers.

Scalla ·

Tragies, wat sou die rede gewees het vir die jong slim man?

Genis ·

Ai julle dis baie hartseer en so tragies! Ander se boeke is duister

sopbeen ·

Depression is living in a body that fights to survive, with a mind that tries to die……..

Kompas ·

Baie tragies. Ek dink hierdie Covid – grendeltyd het ń merkbare invloed op jongmense se geestesgesondheid. Dit is die tyd van hul lewe om hul vlerke te sprei en hul drome na te jaag. Baie hartseer.

Fedup ·

This is so heartbreaking. No parent should bury their children.

Bugsby ·

My hart gaan uit na hierdie familie in hierdie hartseer tyd. Ons regering besef nie tot watter mate hulle regulasies in hierdie donker tyd mense benadeel nie. Vir hierdie ‘n begaafde seun was daar geen silwer randjie rondom sy donker wolk nie, en dit wys maar net dat die toekoms vir ons kinders bitter donker lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.