Soektog na Stellenbosch-transitorowers

Die vermeende transitorowers het kontant gebuit en van die toneel gevlug (Foto: Verskaf)

Die polisie in Stellenbosch is op soek na ʼn groep gewapende mans wat in Maart glo ʼn geldwa by ʼn sentrum in die dorp beroof het.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het veiligheidswagte op 2 Maart by die Stelmark-sentrum kontant van die geldwa na ʼn kitsbank gelaai toe die onbekende aantal gewapende mans hulle konfronteer. Die mans het dieselfde uniform as die wagte aangehad.

“Die wagte is gedwing om die gepantserde voertuig se kluis oop te maak. Die verdagtes het die wagte se hande met kabeltoue vasgemaak,” bevestig Hani.

“Die wagte het in die proses ligte beserings opgedoen.”

Die vermeende transitorowers het kontant gebuit en van die toneel gevlug.

“Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die ondersoekbeampte, sers. Nandipha Dayimani, by 079 498 6656 bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie J

Ook maar n rukkie geneem om die foto te publiseer en publiek se hulp te vra. Is daar so n groot tekort aan ondersoekbeamptes?

Elmarie

Hoekom nou hulp vra as die voorval al 6 maande terug gebeur het?

Mariana

Nogal snaaks hoe gereeld en vinnig hierdie voertuie beroof word. Is daar nog nooit enige manier gevind om hulle roof bestand te maak nie. Die persone wat elke dag moet uitgaan in daardie voertuie moet seker vreesbevange wees.