Soektog na swemmer noord van Umhlanga

Die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die polisie en lewensredders spook tans om die liggaam op te spoor. (Foto: ER24)

’n Buitelandse toeris het Sondagoggend net noord van Bronze-strand by Umhlanga Rocks in KwaZulu-Natal vermoedelik verdrink.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê nooddienste is net na 09:00 na ’n nie-swem-strand ontbied waar ’n man, vermoedelik in sy 40’s, in die moeilikheid beland het.

Die man en sy vrou het vroegoggend gaan swem toe hy onder die water verdwyn het, het Herbst bygevoeg.

Daar word in dié stadium aangeneem dat die man verdrink het. Die plaaslike Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die polisie en lewensredders spook tans om die liggaam op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boerboel ·

Ek bly op die kus. Mense moet bewus gemaak word dat in die see swem jy net as daar lewensredders aan diens is of daar is ander mense wat kan help. Die see is nie n swembad nie. Is baie gevaarlik

Strand looper ·

Boerboel. Ek ook en het n heilige vrees vir daai grooooot dam wat die Engelse gebou het…

Jaco ·

Ek vestaan ni nou so lekke ni. Hoe kan daar in begin van berig gese word hy HET verdrink maar hy is nog nie eens gevimd nie. Later in berig word daar gese daar word vrmoed hy het verdrink. Berig is bietjie misleading en teenstrydig.

Jaco ·

Ek bid egter dat Hy lewend gevimd word. Sterkte aan almal wat geraak word

Cherokee ·

Omdat dit ‘n logiese afleiding is om te maak, Jaco. Daar is min ander veronderstellings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.