Soektog na Tazné eindig tragies

Die liggaam van die agtjarige Tazné van Wyk van Ravensmead in die Wes-Kaap is Woensdag laataand gevind.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring Tazné se liggaam is in ’n stormwaterpyp buite Worcester aangetref. Moehydien Pangaker (54) het die liggaam aan die polisie uitgewys.

Pangaker is vroeër vandeesweek in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem in verband met Tazné se verdwyning. Daar was egter geen spoor van die kind nie.

Volgens Potelwa het Pangaker vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van ontvoering waarna hy na Kaapstad geneem is en later die polisie na die dogtertjie se liggaam gelei het.

‘n Plakkaat en kers in die Van Wyk’s se sitkamer vir Tazné.

Pangaker sal Vrydag in die Goodwood-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Potelwa sê die moontlikheid van bykomende aanklagte kan nie in dié stadium uitgeskakel word nie.

Maroela Media het vroeër berig Tazné het op 7 Februarie weggeraak toe sy na ʼn winkel oorkant hulle huis in Clarestraat in Ravensmead in die Wes-Kaap gestap het.

Pangaker het tydelik by sy niggie Abigail Adams gewoon, oorkant Tazné se ouerhuis. Die kafee waar Tazné die middag nog ʼn ysie gekoop het, is reg langsaan die Adam-woning.

Pangaker is vantevore al vir verskeie misdade aangekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ester ·

My hart gaan uit vir Tazne se ouers en naby familie mag hulle berusting vind…

Kiewiet ·

Die enigste manier om sulke wrede misdade te keer, is om die doodstraf terug te bring. Maar wat…… die regering sal dit nooit doen nie, hulle is bang vir iets …weet nie wat nie. Die enigste manier om sulke goed te stop is vir die massas om in die openbaar reg in eie hande te neem.

Foefie ·

Probleem is dit gaan te lekker in tronke. Free boarding and lodging en dan kan hulle nog studeer ook van kriminele het regte. Ba!

Oujongvrou ·

Ek stem saam, en doen dit in die openbaar sodat almal kan sien.

Louwrens ·

Ai dis tragies. Mens se kinders is nerens meer veilig nie. Wat het daai ding bereik met die moord op die klein dogtertjie. Sy moes absoluut weerloos gewees het. Mag hy swaar gestraf word.
Rus in vrede meisiekind.

Nie Verbaas ·

Dit is hartverskeurend. Rehabilitasie programme in gevangenis? Groot grap. Dit is wat gebeur as jy misdadigers vrylaat sonder dat behoorlike evaluasie gedoen word. Weereens die regering se skuld. Bring doodstraf terug.

Melanie ·

Hoe is sy dood? ek is so kwaad!!! sy familie het geweet die gemors doen sulke goed, beskerm hul eie kinders teen hom maar die die bure sin nie!! my hart breek vir die ouers van die pragtige sorgelose engeltjie… ek bid die monster al sy hel toe wat hy verdien… en waag daar nou borg kom vir die gemors!!

Santjie ·

Ek sit hier met gemengde gevoelens. Hartseer, verdwaas, woede, hulpeloos…. ek weet nie eintlik watter een van die klomp is die sterkste nie. Wat ek wel weet, is dat ek daai gesig op die foto langs Tazné net wil vermorsel. Liewe Tazné, ek weet jou familie gaan jou vreeslik mis, maar, my liewe kind, jy is baie beter af daar bo by ons hemelse Pappa, as die maatjies wat nog hier is.

Agter die skerms..... ·

Stem saam op daai ene Santjie – mens wil net die gesig op die foto vermorsel.

Riana ·

Al wat ek wil weet hoekom was die moordenaar uit op parool!!!! seriously!!!!!!!!

Kokkie ·

Ek het regtig so gehoop sy word lewend gevind. Maar nou ja, nog ‘n weerlose, onskuldige kind se lewe geneem deur ‘n siek wreedaardige monster. Dit ‘gesteun’ deur ons patetiese regstelsel wat toelaat dat hy buite die tronk kon voortgaan met sy gruweldade. Bring die doodstraf terug vir moordenaars, verkragters en pedofiele. My innige en opregte simpatie aan Tazne se familie. Mag die Here julle vertroos en versterk.

Porseleintjie ·

Met hvl minagting is die kind vermoor en dan word haar liggaam nes n lappop weg gesmyt? Hy verdien nie lewenslange tronkstraf nie want dan teer hy steeds op ander. Bring terug die doodstraf.

Patch ·

Baie hartseer. Ek kan my net die hartseer van haar familie indink. Mag hy kry wat hom toekom, ek wens doodstraf was nog wettig in ons land.

bekommerd ·

joh soos ek hier sit het ek geen woorde nie..geen. Al die jare wat hy in die tronk was het niemand een episode gemis nie. n episode waar hy miskien probeer verander het of iets van sy lewe maak . hoe kom jy na etlike jare uit die tronk en pleeg presies dieselfde daad van voorheen. die weerlose klein kind moes n bitter prys betaal . Ai liefiekind ek wil nie se RIP nie want die woorde is te seer. Dis te seer . Ek wens ek kon my net in n kamer toesluit en huil…huil oor ons kinders wat so seergemaak word. Ai poplap ….ai my kind

Anel ·

Tronkstraf is geen afskrikmiddel meer nie. Kry iewrs ‘n onbewoonde eiland, baie moeilik bereikbaar en gaan gooi die sulkes daar af. Hulle moet dan maar self sorg. Gee vir hulle niks, nie kos, water, skuiling, klere, nie NIKS. Laat hulle daar maar doodgaan van elende. Hoekom l et ons ad belastingbetalers nog vir hulle ook sorg?

Angelique ·

Mag ‘n kind nie eers ‘n ysie gaan koop nie…. liefste mensie rus in vrede…

E ·

‘n Ander webtuiste het gese hy was uit op parool. Ek wonder waarvoor. Maar ons moet mense nie borgtog of parool gee nie.

Agter die skerms..... ·

Dis miskien beter om nie kommentaar te lewer nie -my hart gaan uit na na haar ouers toe – sy het net ‘n ysie gaan koop en word toe ontvoer. Moehydien wat het Tazne aan jou gedoen om dit te verdien. dis my enigste vraag? Nooit man. RIV Tazne. Die doodstraf moet teruggebring word want hoe gaan die mense ooit ‘n les leer h oe?

koos10 ·

Nou ja, kan iemand asb vir die minister van justsie hierdie artikel vertaal.
Dit vertel met trots die staat se bevoegdheid om misdadigers te reabiliteer.
As die tronke vol raak dan bou die regering nie nuwes nie, NEE ons laat misdadigers vry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.