Soektog na tienermeisie eindig tragies

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Die soektog na ʼn 14-jarige meisie van Johannesburg het Dinsdag tragies geëindig toe haar liggaam by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind is.

Klara Göttert is Dinsdagmiddag as vermis aangemeld nadat sy nie ná skool terug huis toe gekeer het nie. ʼn Grootskaalse soektog is begin en haar liggaam is omstreeks 21:30 by die winkelsentrum gevind. Sy het vermoedelik van die boonste verdieping af gespring.

Liesl Göttert, Klara se ma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is verslae. “Ek het net daar gesit en haar lyfie vasgehou totdat hulle haar kom haal het,” het sy gesê.

Volgens Göttert blyk dit dat dit ʼn sameloop van omstandighede was wat Klara laat besluit het om haar eie lewe te neem. “Sy het ʼn sketsboek gehad waarin sy sketse geteken het van die dinge wat in haar gemoed aangegaan het. Die boek is nou by die polisie. Dit lyk asof die druk van verhoudings by die huis en by die skool, vriendskappe, goedjies by die huis, alles het net vir haar te veel geraak,” het sy in trane gesê.

Göttert het gesê sy en haar man was bewus van goed wat Klara gepla het en dat sy berading ontvang het om oor haar bekommernisse te praat. “Maar omdat sy so ’n opgeruimde, vrolike en liefdevolle mens was, was dit soveel moeiliker om enige tekens van depressie te sien. ’n Mens kon nooit dink dit is wat in haar gemoed aangegaan het nie,” het sy gesê.

“Ek wil net so graag vir ander ouers sê, asseblief luister na julle kinders. Luister, sien en hoor hulle. Ons moet ophou geld en sukses najaag en na ons kinders luister.”

Klara was ʼn gr. 8-leerling aan die Duitse Skool in Johannesburg. Sy was die jongste van drie kinders.

Ao. Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn 14-jarige meisie se liggaam by die Northgate-winkelsentrum gevind is. “’n Geregtelike doodsondersoek is begin,” het hy gesê.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

78 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jeanine

When ever a teenage girl went missing and it turned out she is fine and was just fooling around i use to judge the girl and parents…….ONLY now do i realize those are the lucky parents, What could be happening is so much worse. RIP Klara I have been in tears for you and your family all morning and never ever do i want to feel your moms pain right now. I will be holding my 13 year old daughter extra tight tonight in your memory.

Z bc

Ai my liewe meisiekind……wat het jou gedryf om tot so ‘n stap oor te gaan? Wat het deur die jonge mensie se gedagtes gegaan toe sy besluit het om te spring (soos daar beweer word)? Mag jou geliefdes met tyd die nodige vertroosting ontvang wat hulle nou so brood-nodig gaan hê. Baie sterkte aan julle almal……..dis baie tragies……..

Z bc

Ai my liewe meisiekind……wat het jou gedryf om tot so ‘n stap oor te gaan? Wat het deur die jonge mensie se gedagtes gegaan toe sy besluit het om te spring (soos daar beweer word)? Mag jou geliefdes met tyd die nodige vertroosting ontvang wat hulle nou so brood-nodig gaan hê. Baie sterkte aan julle almal……..dis baie tragies……..

JOHAN

Dis regtig hartseer om van julle dogter te hoor. Baie sterkte vir julle as familie.

Bokkie

So ongelooflik hartseer…….. Ek wil benadruk wat Liesl hier noem, ons is almal so vasgevang (wel, meeste van ons) in hierdie ‘rat-race’…dit wat ons dryf om nog harder te werk, nog meer van die huis af te wees, wat lei tot nog minder goeie (daaglikse) tye saam met veral ons kinders……ons jaag dinge na wat aards is, groter huis, groter voertuig ( status simbool), in plaas van om eerder ons lewens standaard konstant te hou. Ek het ook ‘n kind met ‘n baie klein hartjie, maar toe hy die dag vir my sê: “Mamma, jy is nie meer soos ‘n… Lees meer »