Soektog na tienermeisie eindig tragies

Klara Göttert. Foto: Facebook

Klara Göttert. Foto: Facebook

Die soektog na ʼn 14-jarige meisie van Johannesburg het Dinsdag tragies geëindig toe haar liggaam by die Northgate-winkelsentrum naby Fourways gevind is.

Klara Göttert is Dinsdagmiddag as vermis aangemeld nadat sy nie ná skool terug huis toe gekeer het nie. ʼn Grootskaalse soektog is begin en haar liggaam is omstreeks 21:30 by die winkelsentrum gevind. Sy het vermoedelik van die boonste verdieping af gespring.

Liesl Göttert, Klara se ma, het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy is verslae. “Ek het net daar gesit en haar lyfie vasgehou totdat hulle haar kom haal het,” het sy gesê.

Volgens Göttert blyk dit dat dit ʼn sameloop van omstandighede was wat Klara laat besluit het om haar eie lewe te neem. “Sy het ʼn sketsboek gehad waarin sy sketse geteken het van die dinge wat in haar gemoed aangegaan het. Die boek is nou by die polisie. Dit lyk asof die druk van verhoudings by die huis en by die skool, vriendskappe, goedjies by die huis, alles het net vir haar te veel geraak,” het sy in trane gesê.

Göttert het gesê sy en haar man was bewus van goed wat Klara gepla het en dat sy berading ontvang het om oor haar bekommernisse te praat. “Maar omdat sy so ’n opgeruimde, vrolike en liefdevolle mens was, was dit soveel moeiliker om enige tekens van depressie te sien. ’n Mens kon nooit dink dit is wat in haar gemoed aangegaan het nie,” het sy gesê.

“Ek wil net so graag vir ander ouers sê, asseblief luister na julle kinders. Luister, sien en hoor hulle. Ons moet ophou geld en sukses najaag en na ons kinders luister.”

Klara was ʼn gr. 8-leerling aan die Duitse Skool in Johannesburg. Sy was die jongste van drie kinders.

Ao. Balan Muthan, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn 14-jarige meisie se liggaam by die Northgate-winkelsentrum gevind is. “’n Geregtelike doodsondersoek is begin,” het hy gesê.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Jeanine ·

When ever a teenage girl went missing and it turned out she is fine and was just fooling around i use to judge the girl and parents…….ONLY now do i realize those are the lucky parents, What could be happening is so much worse. RIP Klara I have been in tears for you and your family all morning and never ever do i want to feel your moms pain right now. I will be holding my 13 year old daughter extra tight tonight in your memory.

Heidi ·

How sad that just because she was depressed its assumed she committed suicide…many people are depressed and don’t kill themselves maybe we should get the facts before we assume its suicide

anne ·

Your comment is uncalled for…have you lost a child …do you know the circumstances in the household…. think before you leave such a message… .that family will never know what it is like to take a deep breath again. …they are for ever changed by this tragedy!

angel ·

Ds waar wat jy daar se mense is so gou om altyd slegte kommentaar te lewer oor ander se lewens maar weereens het hulle geen idee wat dalk agter toe deure aangaan dat daai arme kind moes voel dat dit die enigste uitweg was nie.Dis baie hartseer en haar mamma hoe moet sy nie voel nie ek dink dit die ergste wat n ma ooit kan oorkom in om haar kind te verloor .

Z bc ·

Ai my liewe meisiekind……wat het jou gedryf om tot so ‘n stap oor te gaan? Wat het deur die jonge mensie se gedagtes gegaan toe sy besluit het om te spring (soos daar beweer word)? Mag jou geliefdes met tyd die nodige vertroosting ontvang wat hulle nou so brood-nodig gaan hê. Baie sterkte aan julle almal……..dis baie tragies……..

angel ·

Ds waar wat jy daar se mense is so gou om altyd slegte kommentaar te lewer oor ander se lewens maar weereens het hulle geen idee wat dalk agter toe deure aangaan dat daai arme kind moes voel dat dit die enigste uitweg was nie.Dis baie hartseer en haar mamma hoe moet sy nie voel nie ek dink dit die ergste wat n ma ooit kan oorkom in om haar kind te verloor .

oues ·

Ek lei self aan depressie. Dis geen grap nie. Die lelike komentaar sal altyd kom en gaan. Mense verstaan nie. Mag God Sy arms om daardie kind vou. Sterkte aan haar ouers. Dis bitter hartseer, mag ons ander ouers uit julle hartseer n les leer. Baie liefde en seën vir jou Liezl , alle sterkte.

Z bc ·

Ai my liewe meisiekind……wat het jou gedryf om tot so ‘n stap oor te gaan? Wat het deur die jonge mensie se gedagtes gegaan toe sy besluit het om te spring (soos daar beweer word)? Mag jou geliefdes met tyd die nodige vertroosting ontvang wat hulle nou so brood-nodig gaan hê. Baie sterkte aan julle almal……..dis baie tragies……..

JOHAN ·

Dis regtig hartseer om van julle dogter te hoor. Baie sterkte vir julle as familie.

CHERYL PIETERSE ·

It is so very sad, when such a young child takes her own life. M.H.D.S.R.I.P. and may God be with those left behind. Sterkte aan almal

Bokkie ·

So ongelooflik hartseer…….. Ek wil benadruk wat Liesl hier noem, ons is almal so vasgevang (wel, meeste van ons) in hierdie ‘rat-race’…dit wat ons dryf om nog harder te werk, nog meer van die huis af te wees, wat lei tot nog minder goeie (daaglikse) tye saam met veral ons kinders……ons jaag dinge na wat aards is, groter huis, groter voertuig ( status simbool), in plaas van om eerder ons lewens standaard konstant te hou. Ek het ook ‘n kind met ‘n baie klein hartjie, maar toe hy die dag vir my sê: “Mamma, jy is nie meer soos ‘n mamma vir my nie…jy’s meer soos ‘n juffrou (want ons kon eers baie laat elke aand sy huiswerk deurwerk….met frustasie want ons albei was al moeg), het ek besef my prioriteite is nie reg nie. Nou is ek voltyds mamma, maar ons moes noodgedwonge ons lewens standaard aanpas om net met my man se inkomste uit te kom. MAAR dit was definitief die moeite werd!!!!!!!!

Rita ·

Dis so waar ons MOET meer tyd en aandag aan ons kinders en kleinkinders gee…jy het dit reg…my hart bloei vir die arme ouers en as sy boetie of sussie gehad het…is glad nie lekker om n kind so jonk te verloor nie…nie op die manier nie en ook nie voor ouers nie…RIV ENGELJIE VAN JESUS VERSEKER ! XX

Adrie ·

Ek lig my hoed vir elke gesin wat hulle kinders se welsyn en geluk bo geld stel en selfs bereid is om hul lewenstandaard te verlaag. Ek glo dis die moeite werd. Al die Mammas wat moet werk om die basiese rekeninge te help betaal, baie sterkte, baie werk omdat hulle moet, nie omdat hulle wil nie. Sterkte vir almal wat die beste vir hulle kinders doen, uiteindelik kan ons net vir ons kinders bid en hulle aan die Here toevertrou.

Lizelle ·

Ek is so trots op jou. Geld kan nie opmaak vir n ouer se nabyheid nie. Ek hoop meer ouers besef dit.

Jo-anli ·

Ai ek is so verskriklik jammer vir hele familie almsl kry swaar wens ek kon almal net drukkie gee dis sowaar seerste seer op aarde. Ons weet hoe dit voel. Baie sterkte en liefde. GOD sal genade vrede vir julle gee en almal styf vashou.
Baie sterkte.

Karien ·

Ons sal nooit weet of besef die hartseer en druk wat die kinders ervaar nie. Dis net presteer presteer, presteer. Die “in-croud”, die kinders wie se ouers baie geld het (of altans dink hul het baie geld..), die onderwysers wat omgekoop kan word en selfs die skole, die ouers wie se hande die diepste in hul sakke is, die se kinders kom bo uit.. die kinders van normale huisgesinne, wie nie hul kinders aan sulke goed wil blootstel nie, bly agter… ai my liewe kind, ek kan so “relate” met jou kwellinge en hartseer.. miskien was dit ook een van jou probleme… sterkte aan die familie want dit KAN nie maklik wees nie..

Theresa ·

Ai dis bitter, bitter hartseer. Baie sterkte aan die familie wat hierdie moet verwerk. Dit wys jou net hoe vreeslik “verkeerd” het die ou lewe verander. Van toe ons kind was tot nou. Ai ek weet nie wat om te sê nie en diè tipe van dinge kom nou al hoe meer voor. Dit maak mens regtig bang.

Crystal ·

Oe jinne, die trane spoeg by my oe uit. Ek lees so deur almal se kommentaar en dit is duidelik dat ek en my familie paar veranderinge sal moet maak. My innige medelye, dit voel amper of ek iemand verloor het. Ek sit langs my 4maande oue baba se hospitaal bed oor n virus wat sy by crechè opgetel het…5jarige is skool toe en ek kon nie eens haar help voorberei vir haar 1ste mondeling by skool nie…Mag Jesus by ons wees soos ons Hom en ons familie ons fokus punters maak…sterkte Gottërt familie.

Liz ·

Ons bure se kinders is ge-homeschool. Ek het altyd gedink dis dom en dat die kinders uitmis en geisoleerd grootword. Daardie kinders is nou gesonde lieflike volwassenes. My kinders is op laerskool. As ek dit kon bekostig sou ek my kinders “home-school”. Die wereld het net te wreed geword. Die kinders is nog wreder as wat hul in my tyd was, en die gemeenheid is op ‘n ander vlak met ouers en onderwysers wat toekyk. Om jou kinders ongeskonde en as gesond deur die skool te kry is ‘n wonderwerk.

Amanda ·

Hi Liz, gesels bietjie met Kotie Burger by [email protected] ons het die homeschool besluit geneem en sal nooit weer terugkyk nie. As jy skoolklere, borgvorms, petrol ens uitsny spaar jy. Dit is nie goedkoop nie maar vir die gemoedsrus en wete my kind kry n Christelike opvoeding en die beskerming sal ek brood en water eet. Kyk bietjie rond op die net wat vir jou gaan werk, ek verstaan jou bekommernisse. Groete en moed hou.

Tania ·

Hi Amanda kan jy my dalk kontak op whatsapp asb? Ek wil net by jou uitvind oor home school? Ek sal jou my email los waarop jy kan reply dan sal ek my jou whatsapp stuur.
[email protected]

**Rus in vrede meisiekind.. Ek dra haar ouers en familie in my gebede op**

nicole ·

N dogter is n baie spesiale mens in n vrou se lewe en ek stem saam dat ouers na hulle kinders moet luister want in vandag se era is dit nie maklik om te praat oor goed as goed wel pla nie ek kan dink dis nie lekker nie ek kan dink dis verskriklike seer en almal se tyd sal beter maak maar nou het julle net ondersteuning nodig en ek wil net vra dat ons Hemelse Vader die hele gesin sal seen en ophelp asook dra in die tyd van nood, ek weet julle het dit seker al baie gehoor maar probeer geduldig bly en staan sterk moenie gaan le en opgee nie dis baie seer ek kan myself in julle skoene sit maar wat ek kan se is God is goed en alles het n goeie doel

mandie ·

My inige simpatie aan die ouers. Ek het self 2 dogters my oudste 11 word oneindig baie geboelie by die skool deur kinders en n onderwyser. Ek kan my ni in sien dat my kind so iets moet doen nie. Wat word van ons saamelewe dat kinders van daai ouder dom al aan sulke bloot staan dis hart verskeurend

LINDA ENGELMOHR ·

Mandie – weet jy dat daar skole maatskaplike werksters en skoolsielkundiges en soos ek vrywillige beraders daar is vir jou kind.
Vra by die skool dat jou kind met iemand praat – ons skryf ‘n verslag aan die onderwys departement – NIKS word met die skool bespreek nie ( behalwe waar ‘n kind gemolesteer is of nie kos het nie) Ons gee ook die onderwysers aan by die skool en praat ook met die ander leerders wat so BOELIE. ( hulle doen dit omadat hulle ook ‘n groot eina het)
Asseblief maak werk van jou kind se situasie – ek hoor jou seer!

Liesl ·

Ek moes vroeër hierdie jaar tot my ontsteltenis hoor my kind lei aan depressie – aanvanklik is hy verkeerdelik gediagnoseer met aandagafleibaarheid. Dis so maklik om die tekens te mis want ons kinders kan self nie hulle gevoelens verwoord nie.
Die oorsaak van die depressie (wat oor n tydperk van 2 jaar aankom) was onderwysers. Ons het gekies om die onderwysers te glo, en het sy willoosheid en rebelsheid toegeskryf aan aandagafleibaarheid. Dankie tog vir n briljante psigiater wat oor ons pad gekom het, en ons kind reg gediagnoseer het, anders was ons dalk ook deel van die statistiek. Ons het nooit besef hoe diep ongelukkig ons kind werklik was nie, al is ons ‘n baie hegte gesin.
My hart gaan uit na hierdie familie en ook na elke kind wat by die skool geboelie word deur ongenaakbare onderwysers en kinders.

Ek was self ook daar ·

Die ouers moet nooit hulself blameer nie. Daar is nie so ‘n ding van ouers luister na jou kind nie. Al leef mens hoe liefdevol en is HOE betrokke by jou kind; al gesels mens gedurig met jou kind oor alles in sy/haar lewe as daar erens die saadjie van depressie is kan jy niks werklik doen nie. SOms kan di tuitgestel word maar soms gebeur iets kleins en heel simpels wat die hele ding “trigger” en niks of niemand sou di tkan verhoed nie. Ons verstaan nie hoe werk die dinge nie, glo my. In so persoon se hart glo hy/sy dat niemand verstaan wat met hom/haar aangaan, die lewe is te erg en ENIGIETS, let wel absoluut enigiets kan so kind/persoon tot so stap laat oorgaan. Terapie en liefde en aandag en alles help tot ‘n mate maar ongelukkig glo ek is daar net iets in so persoon se brein bedraad wat nie deur ons verstaan of voorsien hoe dinge gaan uitwerk nie en dan gebeur so iets. Lees self sy was ‘n liefdevolle, oulike en gelukkige kind – tog het sy skeilik op ‘n dag gevoel dis net nie die moeite werd om aan te gaan nie. Al is mens ‘n tuisbly ma, al doen mens WAT, jy kan dit NIE altyd voorkom nie. Die wat dit vryspring is die gelukkiges, glo my. Depressie is ‘n monster wat op hodnerde verskillende maniere werk en ons het nie al die antwoorde nie. Sterkte vir hierdie arme ouers.

nicolene ·

dis baie hartseer en so bloedjonk en weg, baie sterkte aan die 2 ouers en gesin, saam die familie en uit genade is elkeen hier en this world is not my home! mens vra hoekom gebeur al die dinge? ten dele weet ons en eendag sal ons alles weet want wat deur jou gemoed gaan so baie wat mens leer deur al die jare heen en so baie jonges sterf of gaan, HY ons Hemelse Vader weet die beste en is altyd daar maak nie saak wat nie en mens kan voluit lewe en so leef asof dit jou laaste dag is en ouers wees daar vir jou seun of dogter luister, deel, praat en maak tyd vir hulle en rykdom, geld, sukses, groot huise, mooi karre pla my glad nie en wees vir jou seun of dogter daar in enige situasie – hoor, luister waneer hul met jou deel of met jou wil gesels, soms is mens so besig met allesdaagse dinge en ander goed laat mens nie tyd gee vir jou dogter of seun nie!! tyd is kosbaar, tyd is liefde, omgee, deel, gesels, deel dinge, vertel van hoe was jou dag en stel belang want jy wat ma of pa is kan op die regte tyd daar wees vir jou jong tienerseun of dogter en dis wat vandag tel, nou op hierdie oomblik want waar vind jy jou more? more is te laat en dis nou wat tel en ek dank my Hemelse Vader vir my 2 groot seuns en dis vir geen ouer lekker om n kind in dood af te staan nie!!! geen ouer verdien om daardeur te gaan nie en HY weet die beste en wil dit vir elkeen he….

Marchetta ·

By God se voete vind ons vertroosing en in Sy liefdevolle arms is sy nou veilig. vind die liefde en vrede in en by Hom in die donker dae.

Louise ·

My innige meegevoel en simpatie met die bedroefde ouers. Ek is self n ouer en dit so hartseer. Mag God julle dra en versterk in hierdie hartseer tyd. As ouers het dit nodig geword om vir ons kinders wat tiener jare bereik baie te bid. Hulle ervaar so baie druk van ouers, vriende, skool, dat ek vir myself sê Here ek het U leiding nodig om hierdie kinders van my groot te maak. Want net by U is ons veilig.

Lynette ·

Iemand wat nie glo nie sal dit nie verstaan nie en net iemand wat nie glo nie sal so iets kan skryf. In ander mense se grootste pyn, lyding en hartseer is wanneer God sy grootste werk doen en ook in jou is Hy besig om sy werk te doen deur jou onsekerheid en twyfel te openbaar. Jy hoef nie te glo nie en jy hoef nie te verstaan nie nie maar God werk ook op die oomblik in jou. En elke ouer wat hierdie lees hoop ek kyk met ander oe na hulle kinders en vergeet vir ‘n oomblik van alles wat moet en wil gedoen word. Elke onderwyser neem verantwoordelikheid vir elke kind in jou klas die boelies, die loud crowd en die stil mensies julle weet wie hulle is want julle ken die kinders. Elke ouer leer jou kind respek vir sy klasmaat al is hy anders, lyk hy anders. LIEFDE mense is wat hierdie wereld nodig het

Beverley Bradbury ·

So terribly sad to read this, what a beautiful young girl and she looks like an angel. Our p rayers go out to your family in this very sad time. May God give you the strength and he will watch over you as he is an awesome God. Sending lots and lots of love and hugs xx

Mariana ·

My innige en diepe meegevoel aan die ouers en familie. Ek bid dat ons Hemelse Vader julle sal dra deur hierdie verskriklike hartseer tyd.

EMK ·

Ek hoop die ouers lees al die kommentare en WEET dat ons as lesers omgee en vir jul liefde en sterkte en aanvaarding toebid. Dis ‘n lang en moeilike pad wat voorlê, mag jul leiding ontvang. Ek stem saam met “Ek was self ook daar” – ons weet NIE altyd wat in ander se gedagtes is nie, mense leef met maskers en laat nie altyd almal in hul diepste toe nie.

Sanja ·

Baie baie baie sterkte aan haar ouers en gesin, vriende en familie – jikkels dit wat gebeur het is onverstaanbaar sleg!!!! Maar ek weet dat ek net om die berig te lees sommer ‘n lewensles ook gekry, ek en my tiener seun van 17 het hoeka vanoggend voor skool WEER vasgesit oor sy punte!!!! Vanaand gaan ek hom ‘n klapsoen ‘n stywe druk en die versekering gee dat ek hom oneindig baie baie lief het. En dat hy slegs sy beste moet lewer en nie probeer om bloed uit ‘n klip te tap nie!!!

Belinda ·

My innige simpatie met haar ouers, gesin en familie. Dis so tragies wat gebeur het. My hart gaan uit na julle. Ek was ook daar en weet hoe dit voel om ‘n kind te verloor. Dis waar dat niemand sal weet wat in jou kind se hart en gedagtes omgaan nie. My seun was ‘n liefdevolle mens en het altyd gelag. Tot na die naweek van die 22 Aug 2014 – was in ‘n geveg betrokke waar hy rond gestamp geslaan ens (als op video material) is, waarna als die Sondag, sy meisie ‘n foto van haar en ‘n ander ou op haar bbm profiel gesit het terwyl hy met haar praat. Hy was stukkend en het regtig vir haar omgegee. Ek het tot laat die aand met hom gepraat en gesels. Ek is 00:15 na my eie kamer waarna ek vir elke vriendin van my ‘n gediggie gestuur het: Äan elke spesiale moeder”. Min wetend op wat ek sal afkom die Maandag 25 Aug 2015 om 5:45. Hyt sy eie lewe geneem. Ek sukkel tot vandag toe nog om uitsluitsel en berusting te kry oor sy dood. Dis glad nie maklik vir enige ‘n ouer om sy kind op daardie manier te verloor nie. Van dag sien ek gereeld van kinders wat selfmoord pleeg en als kom op een of ander manier uit op – “Depressie”. Hoe help jy hulle werklik om nie in daardie gat te kan val nie? Mag die Here hulle hande styf vashou en hulle die nodige krag gee om hulle deur als te dra!!!!

Tanya ·

Belinda…my moeder hart bloei vir jou moeder hart…jou storie het my baie diep geraak….baie sterkte en liefde xxx

BoereBikerBaby ·

Ai dis hartseer.
Dit is sad om te dink dat kinders van vandag se tyd onder soveel stes lewe. Die lewe is gans te gejaagd en mens besef nie altyd hoe dit ons kinders raak nie. Mense moet hul kinders waardeer en tyd saam hul spandeer. Ek kom laat tuis van die werk af elke dag, maar die paar ure saam my kinders spandeer ek saam hul deur saam kos te kook en te gesels oor die dag se gebeure ens.

Sy was ‘n pragtige jong dame. Sterkte aan haar hele gesin. Rus in vrede Klara.. nou is jy in die hande van die Here.

M ·

Ons kinders word heeltemal te vroeg ryp gedruk. Hulle is veronderstel om nog te speel, hul lewe te geniet. Deesdae is skool nie meer ‘n 07:30 tot 14:00 ding nie, dis ‘n leefwyse, van voorskool na 18:00, soms nog later en selfs naweke. Alles moet rondom die skool georganiseer word. Mens kan nie meer ‘n naweek of vakansie beplan nie, want dalk is daar winter skool, ekstra klasse, sport klinieke, toere. Miskien moet mense ophou vra hoekom kinders inmeng in grootmense se geselskap en hoekom kinders nie meer respek het vir volwassenes nie. Dalk omrede hulle klaar soos volwassenes hanteer word en hulle moet maar net cope.

M ·

Ek is self in die onderwys en ek kan regtig saam met jou stem. My suster is nog op skool en die hoeveelheid huiswerk en leerwerk is skokkend.

Skoolstelsel steel ons kinders se lewe ·

RIV liewe kind en baie sterkte aan die ouers. Moenie skuldig voel nie, mamma. Ek is ‘n tuisbly-ma, ek gee ongelooflik baie aandag aan beide ons kinders en is betrokke by hul skoolwerk. Kinders op skool moet langer ure werk as die gemiddelde volwassene om by te bly met huiswerk, leerwerk en projekte, om van die druk mbt sport en ander buitemuurse aktiwiteite nie eens te praat nie. Sommige kinders sit snags en werk. Dis absurd! Ons plaas geen druk op ons kinders nie, maar tsv alle hulp, ondersteuning en liefde het ons een dogter bipolêr geraak (verskeie selfdoodpogings deur Genade oorleef) en ons ander dogter wat die mees spontane, sorgvrye kind voor skool was, ly nou aan angs en paniekversteuring. En nee, dis nie geneties by my of my man se familie nie. Ons is ‘n gelukkige, gebalanseerde Christelike gesin. Ons kinders word deur skool nie net rypgedruk nie, maar STUKKEND gedruk. Mag die Vader jul krag gee om jul ongelooflike pyn te verwerk.

Sonja Mulder ·

Ja, ek stem saam met jou. Ek is siek en sat van die ewige skoolwerk wat ons kinders (en ons) vermoor, jammer ‘versmoor’. Onderwysers, lees hier, hoe lank wil julle hiermee voortgaan en dit toeskryf aan die sg. ‘kurrikulum’? Ek hoop een van julle sien hierdie. Ek is nie teen onderwys en opvoeding nie, ek is ‘n mediese dokter, maar wraggies, so kan dit nie aangaan nie. Ek hoop ‘n skoolhoof antwoord op hierdie pos. Niemand is alleen ‘skuldig’ nie en niemand is sekerlik skuldig aan hierdie ongelooflik hartseer gebeurtenis nie, maar maak gebruik julle gesonde verstand en staan ‘n oomblik stil: iewers is daar in ons lewenswyses en samelewing GROOT fout.

Debbie ·

Daar is geen woorde om jammer te se oor wat julle deurmaak nie. Daar is geen woorde om te verseker dat die pyn ooit sal weggaan na die dood van’n kindjie nie – maar daar is een ding om te se en dit is dat God – Ons Hemelse Vader net die mooiste blomme pluk vir sy tuin en alhoewel jul altyd sal vra hoekom sal daar nooit antwoorde wees nie. Verander ons almal se lewens en wees daar vir ons kinders, maak nie saak wat die lewe gooi nie – kinders is ons alles. Mag julle vrede vind en weet dat jul klein engeltjie veilig in Jesus se hande is en dat sy geen bekommernisse meer het nie. Sterkte en ek is seker daarvan die hele Wereld dink aan julle vandag.

Anna ·

Ek is n ouma van 4
Ons kinders gaan deur baie druk op skool en ook by di huis.Asb luister na julle kinders as julle wil praat dis so nodig. My hart gaan uit na di Mamma Pappa en familie.Mag God se arm Om julle wees. Rus sag Klein mensie

Breytie Breytenbach ·

Dit is ontstellend dat daar dikwels die afgelope tyd berig word van jongmense wat selfmoord pleeg. As opvoedkundige berader lees ek met aandag die stories en kommentare. Daar is elke keer natuurlik ‘n netwerk van faktore wat tot so iets lei en ‘n mens sal nooit die antwoorde hê nie. Nogtans is ek oortuig dat iets gedoen kan word om sulke ekstreme handelinge te voorkom.

Heel eerste moet ouers verstaan dat die redes nie enkelvoudig is nie. Die oplossing is nie so maklik as om bloot met jou kind te praat nie. Telkens sê ouers dat die kinders nie gepraat het oor hulle gevoelens nie maar dit op ander maniere uitgedruk het. Die atmosfeer moet reg wees voordat ‘n kind (of enige mens) sal praat oor innerlike woelinge. Wat nodig is, is dat in elke gesin ‘n kultuur van gesprekvoering, nabyheid en onderlinge openheid gevestig moet word. Hiervoor is die saamwees rondom die etenstafel elke dag onontbeerlik. Daar kan ‘n gewoonte geskep word dat die gesin oor hulle eie dinge gesels; elkeen leer om oor hom/haarself te praat en elkeen leer om na die ander te luister. Die gesin moet ‘n plek wees waar daagliks geleentheid is vir elke lid om aangehoor te word. Probleme binne die gesin kan ook daar bespreek word. Dis beter dat kinders bewus gemaak word van probleme as dat almal weet van die reuse olifant in die huis waarvan niemend praat nie.

Meeste van hierdie probleme begin by geboorte wanneer daar nie regtig binding plaasvind tussen ma en kind nie. Kinders wil behoort en hulle wil hoor dat hulle behoort en hulle wil dikwels in ‘n omhelsing voel dat hulle behoort. Hierdie moderne ding dat ouers hulle kinders se privaatheid sogenaamd moet respekteer, is ‘n onding. Ouers moet hulle kinders se lewe ken – elke aspek daarvan. Dit gee aan kinders die wete dat hulle gekeer sal word wanneer hulle afdwaal, dit bring sekuriteit en ‘n gevoel van “belonging”.

Dit help nie om jou kind bloot na ‘n berader of terapeut te stuur nie. Jy moet weet wat die terapeut doen en dit moet om die gesinstafel bespreek word. Al die geheime en privaatheid laat die kind eensaam en alleen voel. Ouers moet ook nie dink hulle moet betrokke wees by die kind se “wêreld” nie. Kinders het ernstige nood aan net een wêreld en dit is die ouers se wêreld.

Asseblief, Ouers, maak jou kinders betrokke by JOU wêreld, moenie hulle wegstuur na ‘n “kinderwêreld” wat net bestaan in die vorm van bemarkbare, kommersiële produkte nie.

M ·

Ek is spraakloos. Ek kon dit nie self beter gese het nie. Wens net almal kan hierdie boodskap lees. Mag ek asb met u toestemming dit op my facebook plaas natuurlik aangehaal?

Charl ·

“meeste van hierdie probleme begin by geboorte wanneer daar nie regtig binding plaasvind tussen ma en kind nie”

Jammer, maar dis n simplistiese siening van n baie komplekse probleem. Depressie het veelvuldige oorsake. Soms is die oorsaak n ongesonde binding tussen ma en kind. Soms is dit n genetiese siekte. Soms is daar n mediese oorsaak (ander siekte). Soms is daar n eksterne oorsaak soos stresvolle omstandighede of trauma. Soms is dit deel van n ander siekte soos bipolere versteuring of n angsversteuring. Soms is daar alkohol of ander middels betrokke. Moet asb nie dinge so probeer vereenvoudig nie, dit lei tot onnodige blaam en verkeerde afleidings.

Marita Schoonbee ·

Dankie vir jou antwoord Charl.
Depressie is een van die mees komplekse siektes and elke persoon se situasie is anders. Dit is ook die rede hoekom dit moeilik is – maar nie ontmoontlik nie – om depressie te behandel.
Liesl, sterkte aan jou, jou gesin en almal wat Klara liefgehad het.

Ek was self ook daar ·

Charl jy is 100% reg. Soos ek al miljoene kere genoem het ons was al op die maan, in die diepste dele van die see maar van die brein se werkinge weet ons BITTER min. Ons het ons seun so verloor. Glo my ons het as gesin alles saam gedoen, selfs inkopies, ons was eintlik “boring”. Ons was betrokke by ons kinders waar ons kon, ek was selfs eenkeer in die moeilikheid by die werk omdat ek laat was want ek wou my suen sien hardloop by die atletiek. Ons het gesels oor alles en by geboorte was daar beslis ‘n “bond” die oomblik wat hul gebore is het ek hul dadleik geborsvoed. Daar is geen simplistiese antwoord/oorsaak of antwoord vir depressie nie. Net soos elke mens op aarde verskil so verskil die impak van depressie op verskillende persone. Party mense ervaar net nou en dan dalk ‘n “af dag”, ander gaan dae en ander weke deur ‘n swart tyd, Vir ander is dit ‘n “metgesel” vir die res van hul lewe. En ONS het niks raakgesien nie, ek het die week vantevore nog die middag verlof geneem (was skool vakansie) en ek het hom bederf deur hom te neem vir fliek, wafels met room en net ronddrentel en gesels en hy het nog vertel van palnne vir die einde van die jaar asook vir watter studierigting hy na skool sou wou volg. En ‘n week later was alles vergete en het hy gevoel hy kon nie aangaan nie. So dis nie asof mens dit net kan sien nie, dis NIE moontlik nie al leef jy hoe na aan mekaar. Dis hoekom mense nie hulself moet blameer nie, mens probeer die beste ouer wees wat jy kan en soms raak ek bitter as ek sien hoe SLEG sommiges na hul kinders kyk en die kinders gaan maar aan en ons wat so lief was vir hom en so normale gesin eintlik was het ons s’n verloor. Dus weet ek verseker dis nie die ouers se skuld nie, of dan in sommige gevalle nie NET die ouers se skuld nie maar daar is faktore van buite, werkinge van die brein, hul hormone is deurmekaar as tieners en hope ander goed.

Alta Gloy ·

Dit breek my hart om die toename te sien in kinder/tiener selfmoord en ek glo dit is a.g.v. te veel druk op ons kinders uit verskeie oorde.

Ek het so tydjie gelede afgekom op hierdie oulike idee wat kan help om ouers ‘n kykie te laat kry in die struikelblokke of kwellinge waarmee hulle te doen het. Dit word genoem: “The Key Jar” en dit is die gulde geleentheid wanneer jou gesin om die tafel sit en daar so bietjie rustigheid is, om d.m.v. die “Key Jar” uit te vind of daar iets is wat jou kind ongelukkig stem of blydskap bring. Die “link” is: momastery.com/blog/2015/04/24/key-jar/ .

Ek bid vir al die ouers vir wysheid en leiding met die grootmaak van hulle kinders.

Liza ·

Wow, die boodskap het vir my vanoggend so baie be teken. Net vanoggend was ek in trane oor ‘n fight wat ek en my dogter (amper 17) oppad skool toe gehad het oor haar punte en nog meer. Dankie, dat weer opnuut na dinge kan kyk, want ek het gevoel ek het haar gevaal toe ek by my huis instap.

Annatjie Van Wyk ·

So Jammer om van julle pragtige dogter te hoor, ek het self n tiener seun in graad 8 en se ons as ouers moet luister kinders is onder groot groeps druk by die skool. Sterkte aan julle hele familie jul is in my gebede.

Gee om ·

Ek lees so deur almal se kommentaar, en kan my heeltyd indink hoe hierdie arme ouers en sussies/boeties moet voel. Ek het self ‘n tiener seun wat op 14 jarige ouderdom nie meer wou leef nie, en vir my (gelukkig) gesê het dat hy nie meer met die lewe wil aangaan nie. Gelukkig het hy opgeëindig by ‘n hospitaal, wat erge kinder depressie gediagnoseer het. Hy is tans op ‘n anti depressant, en kom voor as ‘n gelukkige tiener. Ek sê “kom voor”, want as ‘n ouer, sal mens NOOIT weet wat regtig in sy/haar kop aangaan nie. Jy kan hoe beskikbaar wees, so baie uitvra, soveel aandag gee as moontlik, EN dan gaan jy heeltyd wonder “wanneer is dit my kind”, omdat jy dit altyd verwag. En dan lees mens van ‘n ander kind wat sy/haar eie lewe geneem het, en ek raak weer stil en sê “DANKIE, my Hemelse Vader, dit was nie my kind nie”, maar ek kan myself so indink hoe daardie ouer moet voel, en ek huil saam met daardie ouer/s. ‘n Ouer wat bewus is van depressie by sy/haar kind, leef heeltyd met daardie vrees, en probeer elke optrede van sy/haar kind “ontleed”. Al wat ek kan sê, is my hart gaan so verskriklik uit na daardie ouers want dit is ‘n seer wat geen ouer ooit sal kan vergeet nie. Mag ons Hemelse Vader hulle styf in Sy arms vashou, nie net in hierdie hartseer tyd nie, maar vir die res van hul lewe vorentoe, en mag Hy hulle help om hulself nie te blameer nie! Sterkte aan haar ouers, en ook alle ander ouers wat bewus is van hul kinders wat depressie het. Dit is nie ‘n maklike pad nie!

Hartjie ·

Mamma ek wens ek kon jou seer weg gevat het. Mag God jou en jou familie in hierdie donker tyd bystaan in als. Ek is self n ma en 8jaar terug het my lewe ook verander. Die wereld daar buite is wreed. Hul kan jou vernietig. Nie net ouers nie maar kinders. Ons as ouers weet nie altyd wat ons kinders deur maak daar buite nie. Vandag kan ek staan en se mamma my hart bloei vir jou.

Mercia ·

My hart gaan uit na die ouers,want ons dogter se kêrel en Pa van hul dogtertjie was soos ons eie kind,het 2mnde gelede selfmoord gepleeg.Ons verstaan nou dat hy so stukkend was en al het ons hom altyd ondersteun,en hom van ons liefde verseker,was daar nie keer nie,die donker plan was te gevestig,dat niemand hom sou kon keer nie.Dis seer.SPYT KOM TE LAAT!

Pierre Celliers ·

Hier is soveel kommentaar, dat myne dalk oorbodis is, maar, ek wil net dit se: Eerstens my innige meegevoel met die ouers en naasbestaandes. Tweedens, ouers, maak ‘n punt daarvan om te weet presies wat jou kind se kwellinge is, sodat jy die kind kan onderskraag en liefde betoon elke minuut van jou lewe. Tieners gaan deur verskriklike trauma in die skole en min ouers besef hoe ernstig dit die kind affekteer. Maak dit jou taak om jou kind op die regte manier te help, sodat sulke dinge nie nodig het om te gebeur nie. Ai, en nog so jonk en pragtig! Hartseer, werklik hartseer!

anri nel ·

Ek hoop en bid so meer en meer ouers gaan doen navorsing oor vandag se musiek en televisie bedryf en begin hul kinders se koppe suiwer van hierdie dinge. As tiener het ek aan depressie gelei. Ek het huishoudleike probleme gehad. Maar toe ek as tiener besluit om my radio af te sit weens die liedjies wat alle vleeslike dinge by my aangewakker het asook agressie en hartseer en begeerte na liefde, was ek net beter af en meer gebalanseerd en heel. Musiek en tv ja dit klink af gesaag, maar watse boodskappe kry jou reeds hartseer tiener daaruit. Myne se lewe word gevul met alles, avontuur, kuier en creation seminare maar net nie die industrie wat mense leer om volgens hul gevoelens te lewe nie!

Elaine ·

Dit laat mens met nog vrae, waar is die sekuriteit van die mall asook die CCTV kamera beeldmateriaal, iemand moes iets gesien het en probeer help het. Want dit beteken almal kan gaan selfmoord pleeg by die mall. Nee hier maak iets nie vir my sin nie

Karen ·

Ek is enkel ouer en weet my seun is ook depresief…geld is skaars en waar gaan ek vir help…die is so hartseer en is so bang my kind doen dit.

Marita ·

Liewe Enkelouer, probeer ‘n geestelike berader deur ‘n kerk – dit behoort gratis te wees. Nader ook die skool; hulle behoort jou ook deur die regte kanale te kan help. Sterkte. Ek bid dat die son vir jou en jou kind weer sal skyn.

esmari ·

As kinders en veral tieners net kan besef dat dit nie die moeite werd is om hul lewens op te gee nie! Ek het ‘n aaklige kinderlewe gehad in die sin dat kinders my altyd gespot het as kind agv ‘n gebrek… As ek nou terug kyk kan ek net vir hul lag! Ek het soveel bereik ten spyte van my gebrek… Maar ek het soveel keer gedink die lewe is nie die moeite werd nie! En nou? Nou is ek ‘n onderwyseres wat elke dag vir kindertjies leer dat eljeen spesiaal is!! Ek het 3 van my eie seuntjies en ek vertel hul elke dag dat hul spesiaal is en dat ek vir hul lief is maak nie saak wat nie!!! Ek wens daar was woorde waarmee ek hierdie mamma kan troos! Maar al wat ons kan doen is om ons kinders te leer dat hul belangrik is! Dat hul móét weet dat ons hul lief het!

Janice ·

My innige meegevoel aan Klara se familie.Ek huil soos ek hier sit ek ken die familie van geen kant af nie my hart bloei vir hulle.Ek is self die ma van 3 dogters 17,13 en 11.Ek moes vanmiddag die middel een gaan haal by skool,want sy voel nie lekker nie.Oppad huistoe se sy vir my vd een seun wat vir haar die lelikste name onder die son noem dit kom glo al ‘n hele ruk aan.Ek wil net vir alle ouers vra praat met jul kinders om nie lelik te wees teen oor ander.Glo my daar’s male sonder tal wat ek met my 3 praat daaroor.Asseblief dit kan net wees dat jou kind die boelie is.Dis nie lekker om te sien my kind is in trane,want sy wil nie skool toe nie.Die skool kan net tot ‘n sekere punt ingryp,maar ons as ouers moet hulle sit maak skuldig of onskuldig en praat met die kind.Jy as ouer mag dalk net ‘n lewe red deur met jou kind te praat!!

Santie Pienaar ·

Nadat ek op fb van Klara se vermissing gelees het, het ekself dit onmiddellik op my eie fb blad gepost – in die hoop sy sal dan vinniger opgespoor word… My hart bloei vir haar ouers, geliefde familie en vriende. Mag julle vertroosting en berusting vind. Ek bid dat God julle sal toevou in Sy groot hand van liefde en genade. Baie baie voorspoed en sterkte vir al die verlang-dae wat voorle. Santie Pienaar – Betties Baai

Tertia Botha Hermanus ·

Die vrolikste opgeruimde mense wat veral vir ander omgee ,sensitief is en empatie het is dikwels die wat met verskuilde hartseer verkeer . Die kleinste insident kan die trigger wees en dan dink die persoon nie normaal nie . Sterkte aan die liewe gesin met hul hartseer en onbeantwoorde vrae . Moenie julself verwyt nie elke ouer doen altyd die beste vir sy kind

Erica ·

Dit is ‘n hartseer wat ek geen ouer wil laat ervaar nie! My motto in my lewe is :Psalm 127:1-5 ‘n Pelgrimslied. Van Salomo. As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs. (2) Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap. (3) Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. (4) Soos pyle in die hand van ‘n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. (5) Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het! Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.

marette ·

So so hartseer…..soms wonder ek net of die media nie te veel skryf oor sulke gebeure nie. Kinders is baie vatbaar vir groepsdruk en dikwels lees hul wat n ander kind gedoen het….en onnodige negatiewe gedagtes begin by hul posvat. Nietemin…my gebede ook weer by hierdie gesin.

Karien ·

So jammer vir die ouers en sussies wat moet agterbly met soveel onbeantwoorde vrae?? Dit laat mens net weer besef hoe kort die lewe is en dat ons tye saam moet koester. Wat sê mens in so situasie?? Hoop en bid vir die familie en hoop dat daar berusting sal kom.

Izak ·

Ek kan nie glo dit is wat hulle sê dit is nie. Daar steek meer agter die storie.

Ann ·

Meer as 20 jaar gelede het my sag geaarde jonger sus presies dieselfde gedoen. My ma was oud oor nag. En ons nooit weer dieselfde nie. My hart gaan uit na haar ouers. Maar niemand besef wat dit ook aan haar boetie of sussie doen nie. Die pyn, verwyt, twyfel en vrae bly nog steeds spook. Ek dink party siele is net te sag vir hierdie harde wêreld. Rus in vrede nou prinses.

Suzette ·

Mense, hierdie ou Blommetjie se ouers is klaar stukkend, moet asb. nie goed sê wat hulle kan laat voel hulle het haar gefaal nie. Klara se ouers en naasbestaandes: Ons almal treur saam met julle. Verder kan ons net vir julle aan die Here opdra, dat Hy julle hier deur sal dra. Een dag op ‘n slag. Ouers, bid vir julle kinders. Dis al wat ons in hierdie tyd waarin ons lewe, kan doen. Wat hier gebeur het, kan met enige iemand gebeur, want dis ‘n ontsaglike wrede wêreld waarin ons lewe. Genadige Heer, bewaar asb. ons kinders veilig.

vincent ·

Die velle aanslag van Satan op tieners is ooglopend in vandag se samelewing nes die Bybel beskryk in die laaste dae. Ouers kry en hou julle kinders geanker in die lewend Woord van God en enige iets kan oorwin word as Jesus saam is. 1 Johannes 4:4 ” Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is”

Mari van Aarde ·

Haar dood is so tragies. Sterkte aan die wat agterbly en mag die wete dat ons in lewe en dood aan die Here behoort julle dra in hierdie tyd van beproewing.

neelsie ·

Daar maal n duisend vrae deur n mens se gedagtes.
Baie jammer vir die gesin.
Ons kinders is AL wat ons kan saamneem hemel toe.!

Elmarita Wicks ·

My hart gaan uit vir die familie van hierdie pragtige dogtertjie!

Louis de la Porte ·

Ek sukkel vandag nog om my lewe aan mekaar te sit na my seun se dood in 2008. Hy is deur ‘n vrou op pad terug huis toe van haar werk af doodgery. Sy het straffeloos weg gekom. Ek het net ingevlieg van Irak af na Wenen, Oostenryk toe waar ek gewoon het. Sy dood het my lewe laat ineestort en my huwelik vernietig. Mag die Here Klara in vrede laat rus en haar ouers berusting gee.

Nicole ·

Ek is nicole stevens . Ek was ook deur moeilike tye ek het amper vir my self vermoor maar ek se maar dankie vir my pa wat my kom red het ek het amper van die stoel afgeval toe storm hy na my kamer en hal die tou van my kop af ek wil net se vir die tieners hulle moet nooit dit doen nie dit is baie baie gevaarlik jy gee net meer probleme vir jou ouers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.