Soektog na verdagtes wat seuntjies vermoor

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Scott Rodgerson/Unsplash)

ʼn Groot soektog is onderweg na die verdagtes wat vir die grusame moord op twee klein seuntjies van Soweto verantwoordelik is.

Maroela Media het vroeër berig dat die kinders, onderskeidelik vyf en ses jaar oud, se verminkte liggame Donderdagoggend in dié omgewing gevind is nadat hulle Woensdagaand as vermis aangemeld is.

Luidens ʼn verklaring deur die onderwysdepartement het die Isiseko Primary School die distrikskantoor in Soweto Donderdag in kennis gestel dat twee gr. 1-leerders en ʼn gr. R-leerder omstreeks 07:30 Woensdag ontvoer is.

Twee van die drie seuntjies is vermoor terwyl die derde een oorleef het.

Die LUR’e vir gemeenskapsveiligheid en onderrig in Gauteng, Faith Mazibuku en Matome Chiloane, het die vermoorde seuntjies se gesinne Donderdag ná afloop van die grusame voorval saam met Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, besoek.

“Wat in hierdie gemeenskap gebeur het, is iets wat nie geduld kan word nie,” het Lesufi gesê.

“Ons probeer tans vasstel wat die redes agter hierdie voorval is. Staatshulpbronne sal ingespan word en alles in hul vermoë doen om hierdie mense se gedrag te probeer verstaan.”

Die DA het intussen ook ʼn beroep op die polisie gedoen om die verdagtes op te spoor en die gemeenskap versoek om met enige inligting na vore te kom wat kan help om die skuldiges te vind.

“Ons hoor gans te veel van gevalle waar jong kinders vermis raak en dan in die meeste gevalle dood gevind word. Dit is ʼn duidelike aanduiding dat ons kinders se lewens in gevaar is. Dit is nou, meer as ooit, belangrik dat gemeenskappe na mekaar se kinders omsien,” het Crezane Bosch, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Gauteng, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink baie sal saamstem ons nodig ‘n onafhanklike tuisland waar ordentlike mense kan woon en werk,hierdie land sal net regkom as hy soos sodom en gemorra met vuur vernietig word.

Harley Davidson ·

Orania is net ‘n plaas geleë in Suid-Afrika, dit val onder die wette van sa en die regime kan dit enige tyd onteien

Tante Toekie ·

Wanneer iets onaanvaarbaar is, waarom is dit dan nodig om redes te ondersoek? Dis onaanvaarbaar en klaar. Koop ‘n tou by die naaste hardeware winkel en hang die skuldiges – dit sal miljoene rande spaar

piet ·

Dis die tipe van gevalle waar mens hoop die gemeenskap spoor die gemorse eerste op en verwyder hulle self met geweld en doodslag uit die samelewing. Soos die Engelse se “turn a blind eye” met wat die gemeenskap met hulle gaan doen.

Wit Leeu ·

Ai, dis jammer dat die politieke partye sulke tragiese voorvalle gebruik vir hulle ie gewin.

Vonkprop ·

Lesufi julle sê elke liewe keer hierdie goed kan, mag en sal nie geduld word nie, maar julle doen absoluut niks om dit te keer nie. Kriminele kom letterlik met moord weg, want hulle vrees nie die regstelsel nie. Hoe belaglik is dit nie. En die ergste is dat die mense wat geliefdes op ‘n wrede manier verloor het sorg ook nog boonop vir die einste monster in die tronk met hulle belastingsgeld so dit is ‘n dubbele slag. Jy sê net hierdie goed Lesufi om te klink jy gee om maar in jou hart weet jy dat jy niks wil doen nie, jy soek net jou salaris.

Leona ·

Sonder twyfel is dit weed. Sterkte aan die families. Ons wat op n klein dorpie woon, hoor en deel met hierdie daagliks. Dit is verskriklik en my hart huil vir die ouers

Cindy ·

Watter redes kan daar ooit wees om kinders wreed te vermoor? DINK die mense ooit wat hulle kwytraak? Julle praat te veel en doen te blerrie min!

ES ·

Maar sodra die gemeenskap reg in eie hande neem om van sulke booswigte ontslae te raak, dan wil die polisie inspring. Doen julle verdomde werk!

Skappie ·

Ek is so jammer vir die klein kinders se ouers om hierdie te aanskou. Mag onse lewe Heer julle almal styf vashou in Sy arms , en julle deur hierdie moeilike tyd help met alles wat vir julle elkeen voorle. Mag die skuldiges vinnig vasgetrek word.

Juanita ·

Die ministers en premiere besoek hierdie gesinne om hulself goed te laat lyk. “Too little too late”! Dit is geen troos vir hierdie arme mense wat hul geliefdes op sulke walglike wyses verloor nie. Hulle moet eerder die misdade voorkom as om na die tyd te wil pronk in die kollig.

Annatjie ·

Waarvoor die gedrag probeer verstaan? ‘n moordenaar moet uit die gemeenskap geneem word en ons sal of wil nie hulle gedrag verstaan hulle is en bly wreedaards en is so gebore.

Maggies ·

Ek is seker daar is mense wat my nou sal wil veoordeel.
Dit klink wreed maar ek glo hulle verstaan maar al té goed. Hierdie tipe moorde gaan oor duiwelse rituele. Ja dit gaan selfs in hierdie verligte tye nog steeds aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.