Soektog na vermiste 11-jarige eindig tragies

Argieffoto: Kent Williamson

Tlhafelo Mego (11) wat Woensdag as vermis aangemeld is, se liggaam is in ʼn puttoilet in Noordwes gevind ná sy vermoedelik verkrag en vermoor is.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê sy is Woensdag as vermis aangemeld by die polisie. “Tlhafelo het by haar niggie gebly en is Sondag 31 Maart weg om by ʼn vriend te gaan kuier in Gopane Village. Die niggie is later ook weg by die huis om iemand in dieselfde gebied te gaan besoek.”

Toe die niggie later terugkeer huis toe, het sy gesien ʼn venster is gebreek. Sy het ontdek Tlhafelo is nie daar nie. “Sy het glo gaan slaan en gehoop Tlhafelo sal terugkeer. Sy is uiteindelik Woensdag as vermis aangemeld,” het Botma verduidelik.

ʼn Soektog is van stapel gestuur saam met lede van die gemeenskap. “Inligting is ontvang dat Tlhafelo vermoedelik vermoor is en dat haar liggaam in ʼn puttoilet gestort is. Haar liggaam is uiteindelik Vrydagoggend gevind.”

Twee persone, onderskeidelik 24 en 25 jaar oud, is dieselfde dag in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Lehurutshe-landdroshof verskyn op aanklag van moord en verkragting.

Genl.maj. Ryno Naidoo, waarnemende provinsiale kommissaris, het die beamptes van die sigbare polisiëringseenheid, speurders en honde-eenheid geloof dat hulle drie dae lank onverpoosd gewerk het om die meisie se liggaam op te spoor en uit die toilet te verwyder en uiteindelik die verdagtes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Domvraag ·

Hoekom kry hierdie nie dieselfde nuusdekking as die Dros geval nie? As die moordenaars wit was sou dit van alle platvorms verkondig gewees het en politici veel te sê gehad het.

Sue ·

@ Domvraag, hulle kry nie dieselfde nuusdekking nie want dit trek nie aandag om “nuus te verkoop” nie. Onthou, vroeer jare het publikasies nog fisies koerante verkoop met syfers wat “target driven” was, vandag noem ek dit “nuus verkoop”. Dis al waaroor dit gaan. Wit op swart trek aandag, daarom sal dit elke soort dekking geniet denkbaar moontlik. Dit spyt my, die nuusbedryf is ook maar net n besigheid, n diens wat gelewer word. Hulle is nie persoonlik beinvloed deur wat hulle plaas nie.

Lana ·

Stem saam. Hierdie is selfs erger as die Dros geval, want hier is die kind dood.

Landir ·

Wat kan ons doen om ons land se kindertjies veilig te hou? Daar moet iets wees wat ons kan doen??

BlinkStephaans ·

Ek weetnie of die vraag al gevra is of beantwoord is en of enige iemand verseker weet?…. maar kan iemand uit n soortgelyke gemeenskap of n sielkundige wat al met so n siek voorbeeld van n mens gewerk het… vir ons vertel. Wat is die storie agter die storie? Wat gaan in mense wat dit doen se koppe aan.?

Arno ·

Ai jong meisie. Jou land en sy mense het jou gefaal. Korrupsie, die honger na mag en hebsug is belangriker as jou lewe. Ons kinders is niks in die oë van die anc nie. Vir CR is dit net geld, geld en nog geld.

Cynthia TREDOUX ·

Hoeveel maal raak KINDERS nie WEG…wanneer daar geen TOESIG OOR HUL IS NIE? Wat is dit met hierdie OUERS…dat hul nie behoorlik na hul kinders kan kyk nie? Die absurde antwoorde wat dan aan die media gelewer word: Die een het by daardie vriende gaan kuier…en dan het n ander een…ook later gaan kuier…en so word hierdie kinders ALLEEN in HUISE AGTERGELAAT….terwyl die PEDOVIELE ALS DOPHOU…EN TOESLAAN WANNEER DIT GEPAS IS….Werklik Suid Afrika…word WAKKER…dis OUERS SE NALATIGHEID wat tot hierdie hartseer lei…by die DROS…het die ma van die verkragte dogtertjie…erken…dat sy te LAAT NA DIE TOILET IS OM BY HAAR TE WEES….so …wat van al die geld wat sy nou kry…wonder of dit OOIT AANGEWOND word vir daardie kind se trauma!

wonder net ·

Sy het Sondag al weg geraak en is eers Woensdag as vermis aangegee? Terwyl daar duidelik gemene spel was? Absoluut verstommend.

Net Ekke ·

Ai mense, wat karring julle so oor die “Dros geval”?
Hoeveel keer hoor julle van n blanke persoon wat nogal op die daad betrap is met n kind, in die geval n swart kind? Dit terwyl dit amper algemeen in die swart kultuur is (ek glo min word op die daad en publiek betrap) . Julle kan onmoontlik so vergelyking wil maak nie.
Feit bly staan, wit, swart, bruin, watse kleur ookal, die mense is “siek” en ondskuldige kinders moet die prys betaal.

DS ·

Asseblief julle hou op om die heeltyd ras in te bring. Altwee gevalle is EWE erg – geen kind moet dit deurmaak nie (nee geen MENS moet dit deurmaak nie) nou stry julle oor watter een was ergste. Siek wereld waarin ons leef. Net een vraag hoe oud is die niggie? RIV Tlhafelo geen vrres en pyn waar jy nou is nie.

Toks ·

Hoekom hulle in tronk sit waar hul veilig is….gee hul name en adresse vir die gemeenskap…. die sal hul sake werk en met hul afreken…..hul gaan net weer loskom en nog kinders verkrag en vermoor…in ons land word die misdadigers beskerm

B.B. ·

Ek STEM 100% Saam…..Toesig…Toesig….Baie van vandag se ouers ..(ongelukkig meer in ons swart gemeenskappe) laat hul kinders alleen by die huis sonder toesig, of om winkels toe te stap….Geen kind kan meer in vandag se Tye ( In SA) alleen gelaat word nie…Lewe net te boos hier. Vir Politieke gewin, trek wit op swart gebeure ook baie, baie meer aandag.. ! Kyk maar na ons Boere wat Wreed vermoor word.. dit haal skaars die nuus..!!

fred ·

toesig..toesig..????? die ouers staan 5uur op….moet taxi vat..miskien nog n 2 de één om op tyd by die werk tekom..miskien om ons huisr skoon te maak..miskien om by die supermarkets om 6 uur als reg te maak…..kinders loop soms km’s skool toe langs verlate paaie deur die veld….hoe laat kom hierdie mense in die aand by die huis? 7 uur…??? hoe kan hulle in godsnaam toesig hou? sê my asb….

Oujongvrou ·

Hierdie ANC regering misluk klaaglik om die land se mense te beskerm. Ek dink hulle is bang vir die massas kriminele, daarom dat daar nie n plan gemaak word nie. Kriminele word heeltyd beskerm en hulle het al die regte in die lewe.

Hennie ·

Volgens dir Sowetan was dit ‘n vriend van die familie en het die ma van een van die twee beskuldiges hom aan die polise oorgegge.. Hier is ‘n stukkie van die berig mbt die twee beskuldiges.
Tlhalefo’s mother, Mmapholo Mong, told Sowetan that one of the two men charged with murder of her daughter was a family friend who they treated like a part of the family.
She said the suspect’s mother on Wednesday had told them she suspected her son because of the blood on his shoes and the bottom of his trousers.

Leser ·

My magtig!!!! Die kind is al van Sondag af weg, maar die niggie meld haar eers as vermis aan die Woensdag!?!?!?! Logika ontbreek…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.