Soektog na vermiste 12-jarige eindig tragies

Michaela Williams is Woensdagoggend as vermis aangemeld. (Foto: Pink Ladies)

Die Wes-Kaapse polisie het Donderdagoggend ’n verdagte in hegtenis geneem kort nadat die liggaam van ’n vermiste meisie in die vroeë oggendure in Philippi in Kaapstad gevind is.

Michaela Williams (12) is Woensdagoggend as vermis aangemeld nadat sy Dinsdagmiddag verdwyn het.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê Michaela is vir die laaste keer by haar huis in Cranestraat in New Horizon in Grassy Park gesien in die geselskap van ’n volwasse man wat in dieselfde straat as sy woon. Die man was sedertdien nog nie weer tuis nie.

Die polisie het vanoggend op Twitter bevestig dat ’n 48-jarige man in hegtenis geneem is nadat Michaela se liggaam gevind is.

Die man sal na verwagting Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

jakes ·

Weereens n monster wat n onskuldige kind vermoor het. Waarom moet sulke drek nog verhoor en tronk toe gestuur word? Laat die publiek hom in die openbaar stenig.

dries ·

hoeveel generasies sal verbygaan voordat die dinge einde kry? Ons vrot van die kop af.

JohanR ·

Hou op om die kinders van Suid Afrika dood te maak!! Vat wag daar vir die ou? Hof toe, borgtog, hof toe, skuldig bevind, gewonnis, tronk toe, eie blyplek met drie maaltye ‘n dag, en kans om miskien ietsie te doen, of leer, of ietsie van sy misrebale lewe te maak. Twaalf jarige se lewe afgesny, net omdat die ou se hormone hom oorval het…..

Thelma ·

Ek dink altyd aan daardie kind se laaste uur, laaste gedage, mag hierdie ouers berusting vind. Rus sag Michaela, jy het hierdie nie verdien nie. Mag die monster kry wat hom toekom.

Vita ·

Die land is in n groot gemors, ongehoorsaamheid aan die groot opdrag, Die Here Jesus het gese maak dissipels van all mense . Die Woord moet verkondig word ,mense moet hoor van Jesus Christus, Hy in die harte van mense sal die land help, nie die WB rugby nie dit was net n gemors niemand staan saam nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.