Soektog na vermiste bejaarde eindig tragies

John Rodda (Foto: Facebook)

Die grootskaalse soektog na die vermiste John Rodda (82) van Pretoria het tragies geëindig nadat dit bekend geword het dat hy in ’n motorongeluk dood is.

Rodda het Alzheimer se siekte en het Saterdag by die hek van die Wilgers-aftreeoord in die ooste van Pretoria uitgery “op pad apteek toe”. Hy het egter nooit teruggekeer nie.

Rodda se familie het ná die verdwyning die private speurder Mike Bolhuis en sy span genader om na hul geliefde te soek. Dit het intussen deur middel van die ondersoek aan die lig gekom dat Rodda ná die motorongeluk in ’n hospitaal in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga dood is.

Callie de Kock, hoofondersoekbeampte in die saak, het Vrydagoggend aan Maroela Media gesê dat ’n werknemer van die lykshuis in Witbank op Bolhuis se platforms van die ondersoek te wete gekom en De Kock met die hartseer nuus gekontak het.

Rodda is ná sy dood in die hospitaal na die lykshuis geneem waar ’n nadoodse ondersoek gedoen is. Die nadoodse ondersoek het vasgestel dat Rodda gesterf het weens beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het.

Die presiese omstandighede rakende die motorongeluk is egter in dié stadium nog onduidelik.

Maroela Media het vroeër berig Rodda kan op kringtelevisiebeeldmateriaal gesien word hoe hy Saterdag omstreeks 15:55 in ’n wit Nissan Tiida by die Wilgers-aftreeoord uitry en dan in die rigting van Mamelodi draai. Hy het nie ’n trui, medikasie óf ID by hom gehad nie.

De Kock vertel dat die ondersoekspan sedertdien onverpoos na Rodda gesoek het en onder meer Mamelodi deurkruis het op soek na die bejaarde. Die polisie het die private ondersoekspan bygestaan en ’n helikopter beskikbaar gestel vir die ondersoek.

Bolhuis het vanoggend die nuus as “ontstellend” aan Maroela Media beskryf en sy medelye aan die familie betuig.

Volgens hom sal sy ondersoekspan tog verdere ondersoek instel om daarvan seker te maak dat geen misdaad by Rodda se dood betrokke is nie, hoewel dit nie in dié stadium so lyk nie.

Die span sal ook die familie verder bystaan om die saak af te handel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Noels244 ·

Agge nee, dis verskriklik. Ek huil sommer, al ken ek nie eers die oom nie.

Fedup ·

This is so sad.
Either I read wrong or I missed something.
Why did he end up in a mortuary in witbank?
I know he had alzheimers, but surely he would know the way to the pharmacy he normally went to?

Kerneels ·

Dis die hartseer deel van Alzheimers, Fedup. Jy onthou nie meer sulke “gewone” dinge nie. Ek het al gelees van mense wat selfs in hul eie huise verdwaal (van die slaapkamer kombuis toe).

Pierre ·

Het n tannie geken wat selfs n paar keer om die blok verby haar huis gery het om winkel toe te gaan ek vermoed maar sy het iets herken en dan draai sy net om agter te kom sy is weer terug by die huis, dan ry sy maar weer.

Keith ·

My late Mom had it, and she couldn’t remember that she’d just drank her tea. She also knew me as three different people – her son, her brother or my late Dad, whichever came to mind. She once took our dog for a walk, and dissapeared for 4 hours. When we were eventually able to find her, she said she had decided to walk to the (non-existent) Cafe down the road.

Ovelia ·

Kon hul nie op die nommerplast v sy motor iets agter kom ni. Weereens is di werk half gedien want dt wad mos n ou mens

Anel ·

Ai. Dit is so tragies. Maar asseblief mense, sluit by CrisisOnCall aan. As die oom ‘n bandjie gedra het, sou sy familie dadelik geweet het waar hy was. Soveel mense is al deur die dra van die bandjie gered. Sterkte aan die familie.

Pieter ·

Waar is die ander voertuig wat betrokke was in die botsing.

My Mening ·

My hart breek vir die oom se familie. Ek is so jamner vir julle baie groot verlies!

Yvette ·

Ek wil weet hoe kon die aftree oord toelaat dat ‘n oom met Alzheimers in ‘n motor klim en daar uitry? Die oom het tien teen een paniekkerig geraak toe hy nie meer weet waar hy is nie…. dit is tragies.

Blikkies ·

Wat van die Sekuriteit by die hek, Was hy ‘n onbekende vir hulle en kan enige voertuig daar in en uitry soos hulle wil?

Blikkies ·

Ek voel jammer vir sy kinders en familie en wil ook my medelye aan die familie betuig.

SjN ·

Tragies, jammer en sterkte aan sy geliefdes, kry eers die feite/omstandighede reg voor daar beskuldig word.

Danie ·

My moeder het ook alzheimers en ek kan nie glo dat sy familie hom toelaat om n motor te bestuur. Dit is so onverandwoordelik. R. I. V. Omie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.