Die polisie in Limpopo het Maandag bevestig dat ʼn liggaam in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) gevind is, maar kon nie bevestig dat dit die liggaam van die 19-jarige Monica Barnard is nie.
Maroela Media het vroeër berig Barnard het glo in die vroeë oggendure van 7 April die woonstel wat sy met haar kêrel deel, verlaat. ʼn Intensiewe soektog is sedertdien van stapel gestuur, maar leidrade soos dat sy moontlik in Polokwane opgemerk is, het nog niks opgelewer nie.
Barnard se regte naam is Monique, maar sy verkies glo die naam Monica. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat ʼn liggaam Vrydagmiddag deur ʼn verbyganger in ʼn veld buite Lephalale gevind is.
Volgens Otto is die liggaam egter só erg ontbind dat dit nie duidelik is of dit dié van ʼn man of ʼn vrou is nie. “DNS-toetse word tans gedoen om die identiteit van die oorledene te bevestig. Die soektog na Monica gaan intussen steeds voort,” het Otto gesê.
Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het ook aan Maroela Media gesê die soektog na Barnard word voortgesit totdat die polisie kan bevestig dat sy wel gevind is.
Louise Loubser, Barnard se ma, wou nie Maandag kommentaar lewer nie en het gesê sy wag op verdere inligting van die polisie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Ag tog asb , mag dit nie Monica wees …. mag die meisie gevind word, en terug keer na haar ouer huis… ons hoop regtig op goeie nuus”’ Sterkte aan Monica se ouers..wat deur hierdie swaar tyd moet gaan.
Ellisras of te wel Lephalale, is besig om n nes te raak vir krimmenele.
Die polisie in die dorp sal so bietjie opgeskerp moet word.
Die kerel????
Ja niemand het nog iets oor die kerel gese nie? Jaloesie is n lelike ding.
Met al die uitbreidings daar is dit lekker speel veld vir die misdaad.
Waar is die persone met hulle regte lelike opmerkings van laasweek? Ek hoop ieder en elk van julle sak julle koppe in skaamte indien dit wel die meisie is na julle uitlatings!