Soektog na vermiste Ellisras-vrou gaan vir eers voort

Monica Barnard (Foto's verskaf deur Louise Loubser; grafikasamestelling deur Platinum Bushvelder)

Monica Barnard (Foto’s verskaf deur Louise Loubser; grafikasamestelling deur Platinum Bushvelder)

Die polisie in Limpopo het Maandag bevestig dat ʼn liggaam in ʼn veld buite Lephalale (Ellisras) gevind is, maar kon nie bevestig dat dit die liggaam van die 19-jarige Monica Barnard is nie.

Maroela Media het vroeër berig Barnard het glo in die vroeë oggendure van 7 April die woonstel wat sy met haar kêrel deel, verlaat. ʼn Intensiewe soektog is sedertdien van stapel gestuur, maar leidrade soos dat sy moontlik in Polokwane opgemerk is, het nog niks opgelewer nie.

Barnard se regte naam is Monique, maar sy verkies glo die naam Monica. Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat ʼn liggaam Vrydagmiddag deur ʼn verbyganger in ʼn veld buite Lephalale gevind is.

Lephalale LP Monique Barnard 19 Yr 7 April 2016Volgens Otto is die liggaam egter só erg ontbind dat dit nie duidelik is of dit dié van ʼn man of ʼn vrou is nie. “DNS-toetse word tans gedoen om die identiteit van die oorledene te bevestig. Die soektog na Monica gaan intussen steeds voort,” het Otto gesê.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van die Pink Ladies, het ook aan Maroela Media gesê die soektog na Barnard word voortgesit totdat die polisie kan bevestig dat sy wel gevind is.

Louise Loubser, Barnard se ma, wou nie Maandag kommentaar lewer nie en het gesê sy wag op verdere inligting van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Gesiggie ·

Ag tog asb , mag dit nie Monica wees …. mag die meisie gevind word, en terug keer na haar ouer huis… ons hoop regtig op goeie nuus”’ Sterkte aan Monica se ouers..wat deur hierdie swaar tyd moet gaan.

vierkleur ·

Ellisras of te wel Lephalale, is besig om n nes te raak vir krimmenele.
Die polisie in die dorp sal so bietjie opgeskerp moet word.

antwoord net ·

Jy is seker n siener ken jy naamskending die uwe prokureur

charmaine ·

Ja niemand het nog iets oor die kerel gese nie? Jaloesie is n lelike ding.
Met al die uitbreidings daar is dit lekker speel veld vir die misdaad.

antwoord net ·

Klink regtig of. Jy net ook graag n kommentaar wou lewer jy weet nie mooi wat in daai verhouding aangegaan het nie so dis maklik om vinger te wys, groot speelveld se jy dit klink so asof jy eerder beskuldigings rondgooi as om te hoop die kind is veilig

groeni ·

Waar is die persone met hulle regte lelike opmerkings van laasweek? Ek hoop ieder en elk van julle sak julle koppe in skaamte indien dit wel die meisie is na julle uitlatings!

Christelle ·

Ek het nogal dieselfde gedink Groeni. Dit is so ongelooflik hartseer. Dit maak nie saak watse probleme ‘n kind het nie. Dit bly ‘n kind wat weg is. Ek hoop en bid die volgende nuus is dat dit nie haar liggaam is nie.

Debbie ·

Ek nie glo so baie mense raak eenvoudig net weg nie. Dis hartverskeurend!

E.K. ·

Lelike kommentare? As ‘n kind baie robleme voorheen veroorsaak het en haar ma is siek van bekommernis dan mag mense sekerlik hoop dat die kind haar ma sou kontak. Niemand het enigsins êrens gesê dat hul vir ‘n slegte uitkoms wens nie, moenie aannames maak en dinge verdraai nie. Ons is almal al so hartlik siek vi rkinders wat net vir die geringste ding wegloop (laasjaar was dit soos ‘n epidemie) dat mens nie kan verkwalik word nie. Ek hoop van harte ook nie dis die meisie nie en sou dit wees dat hulle die skuldige dan vinnig vastrek. My wense is nog altyd vir sterkte vir die ma.

Sê maar net ·

Ek voel net as die kêrel haar nie meer wou hê nie, hoekom haar los om te loop? Hoekom haar nie probeer terugvat en dan by haar ma afgelaai het nie. Ek bid dat dit nie sy is nie. Ek hoop die polisie werk sy sake vir hom en goed ook

antwoord net ·

Het jy al gewonder oor die feit dat hy agter haar aangery het omdat hy omgegee het en dat sy nie wou inklim nie lees die koerante dan lewer jy kommentaar

Anitha ·

Haatlik siek van kinders wat net wegloop??!! Jy is seker nie n ouer nie, of het n hart van klip. As jy so siek is daarvan waarom kommentaar lewer? Scroll verby. Lees dan liewer oor die kond wat gevind is. Jy is dit hespaar want jy sou dit beslis nie kon ‘handle’ nie. Ek is n ma wat haar dogter op 20 jarige ouderdom verloor het en meer onlangs my stiefseun van 28. Geen ouer will daardeur gaan nie ongeag die omstandighede. Dis haatlik om sulke kommentaar te lees. Ek het daardie dogter voor my sien grootword. You ASB julle negatieween mislike kommentaar vir julle self. Wees eerder dankbaar jy soek nie na jou eie kind nie en le nagte om en staar die donkerte in en weet nie of jou kind honger en koud is nie. Sit seker ook voor in die kerk elke sondag end prys die Here maar leef dit nie uit nie

antwoord net ·

Ek hoop regtig almal van julle wat dink julle is alwetend en vinger na die kerel het tog so klein bietjie menslikheid om ook omverskoning te vra, ek persoonlik dink God verafsku almal wat so oordeel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.