Soektog na vermiste Kaapse onnie

Dean Dempsey (24). Foto: Verskaf

Dean Dempsey (24). Foto: Verskaf

ʼn Soektog is van stapel gestuur na Dean Dempsey, ʼn 24-jarige onderwyser van Malmesbury in die Wes-Kaap, wat op 10 April spoorloos verdwyn het.

Dempsey, ʼn nuutaangestelde onderwyser aan Hoërskool Swartland, is Vrydagoggend vir die laaste keer gesien toe hy die koshuis waar hy bly verlaat het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste persone op te spoor, het Woensdag aan Maroela Media gesê Dempsey het aan die koshuisvader genoem dat hy ʼn vriend in Bloubergstrand gaan besoek.

Die skool het ʼn vermiste-persone-saak aanhangig gemaak nadat hy nie na die koshuis teruggekeer het nie.

Maroela Media het verneem Dempsey het familie in Gauteng en sy vriendin woon in die Oos-Kaap. Hulle het glo teen Woensdagoggend nog nie van hom gehoor nie.

“Dean bestuur ʼn wit Toyota Yaris met die registrasienommer ZVY 293 GP. Hy het ʼn gemiddelde liggaamsbou, sy hare is blond en hy het groenblou oë,” het Rechner gesê.

Rechner het ʼn beroep op mense gedoen om pamflette met inligting oor sy verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand hom sal herken.

Enigiemand met inligting oor waar hy hom moontlik mag bevind, of wie sy motor gewaar, kan konst. Henry du Rand by 071 604 8379 of die Pink Ladies by 072 214 7439 bel.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

franklin ·

Met die koue weer wat 11:37:17 kaap nou tref hoop die persoon word spoedig gevind dat sy familie kan berus.

Hannelie ·

Ek bid vir sy familie dat hy gevind word…..al daai onsekerheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.