Soektog ná vermiste Kampsbaai-vrou

Chantal-Ann Kitley-Freemantle. Foto: Verskaf

Chantal-Ann Kitley-Freemantle. Foto: Verskaf

Die polisie van Kampsbaai in Kaapstad ondersoek ʼn vermiste persone saak nadat Chantal-Ann Kitley-Freemantle (46) vroeër vandeesweek spoorloos verdwyn het.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, ʼn organisasie wat hom daarop toespits om vermiste mense op te spoor, het Vrydag aan Maroela Media gesê Kitley-Freemantle se ma het haar as vermis aangemeld.

“Haar ma het op 16 Mei vir die laaste keer met haar kontak gehad toe hulle mekaar gebel het,” het Rechner gesê. Nadat die vermiste persone saak aanhangig gemaak is, het verdere ondersoek vasgestel dat Kitley-Freemantle se motor op 19 Mei tussen Constantia en die  V&A Waterfront gesien is nadat sy vermoedelik ʼn vriendin in Constantia gaan besoek het. Sy ry ʼn metaalblou Hyundai Getz. Dit is ʼn 1996 model met die registrasienommer CA 445 740.

Chantal-Ann Kitley-Freemantle 46 yrs 19 May 2015.

Chantal-Ann Kitley-Freemantle

“Na wat verneem word het sy alleen in haar huis in Kampsbaai gewoon. Die klere wat sy aangehad het toe sy vir die laaste keer gesien is, is onbekend. Sy het wel gereeld mooi juwele gedra.”

Die vrou is slank en is 1.7 meter lank. Sy het lang bruin hare en blou oë.

Rechner het ʼn beroep op mense gedoen om pamflette met inligting oor Kitley-Freemantle se verdwyning op sosiale media te versprei, in die hoop dat iemand haar sal herken. Daar word vermoed dat sy in en om Kaapstad kan wees, hoewel mense versoek word om landswyd op die uitkyk vir haar te wees.

Mense met inligting oor waar sy haar moontlik mag bevind, of wat haar motor waarneem, kan kapt. Isaacs by die Kampsbaai polisie by 021 437 8150 of die Pink Ladies by 072 214 7439 bel.

Camps Bay WC Chantal-Ann Kitley-Freemantle 46 yrs 19 May 2015

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

charmaine ·

Die wereld is op sy kop! elke week is daar mense wat vermis raak, kinders wat verdrink baba’s wat hulle dagsorg iets oorkom.

Ek kry die families van hierdie mense vreeslik jammer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.