Soektog na vermiste kleuter eindig tragies  

Khaya Restoration Rikhotso (5). Foto: Verskaf.

Die liggaam van die vyfjarige seuntjie van Limpopo wat sedert 6 September vermis was, is Donderdag gevind.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Maake buite Tzaneen ondersoek nou die omstandighede rakende Khaya Restoration Rikhotso (5) se dood nadat sy liggaam omstreeks 09:00 deur ʼn verbyganger in die bosse opgemerk is.

Volgens Ngoepe het sy ouma hom sien speel by die hek voor in die erf in die Hoveni-nedersetting en toe sy later weer gaan kyk het, was hy nêrens te vinde nie.

Hy het ʼn blou denimbroek en rooi frokkie aangehad ten tyde van sy verdwyning. Ngoepe het bevestig dat die kind wat gevind is dieselfde klere aangehad het. “Sy familie het hom positief identifiseer, hulle was daar op die toneel.”

Die polisie doen voorlopig ʼn geregtelike doodsondersoek, maar Ngoepe sê die nadoodse ondersoek sal meer lig werp op die oorsaak van dood en die saak mag dalk dan verander word.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kol. Cecil Machimane by 082 451 7181 bel of die misdaadhulplyn by 08600 10111

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tanzie ·

Anoniem – Miskien is jy “third time lucky”…. Dus moet eintlik dis of beter nog, dit is wees.
Mag die seuntjie in vrede rus. Ons land is verrot. Daar is geen hel meer onder die grond nie, ons leef in die hel.

HPV ·

Tragies. Net een van meer as 350 wat in die 7 dae vermoor is !!!

GM ·

Rus in vrede.
Kinders kan nêrens meer alleen speel nie. Dit is hartseer dat mens so moet leef.

Gesiggie ·

Ai ek het so gehoop dat hul hom sal kry… ja so onskuldig… wonder wat die oorsaak is? my hart gaan uit na die Ouma en klein Khaya se Ouers. N kind verdien nie seer.. en so ook nie n Ouer. RIP Khaya

Abel ·

Agge nee dit is verskriklik!! So mooi ou seuntjie, rus sag by Jesus se Voete kleine mannetjie. Die mens is siek!!!!!!

DS ·

Dis verskriklik hartseer maar sien elke dag hoe kindertjies – wat ek so klein as 2 jaar skat – alleen in die informele nedersetting in Boksburg langs ‘n BAIE besige pad loop of speel met geen volwassene in sig nie. My kleinkind speel veilig in sy kamer en ek maak elke paar minute seker hy is nog veilig. GEEN manier wat hy alleen eers in ons erf speel nie al is daar 6 voet mure om. Asseblief mense dit kos net sekondes vir siek mense daar buite om jou kosbaarste besitting te gryp en dan is dit te laat. Dink partymaal mammas pas hulle selfone beter op as hulle kinders. Rus in vrede kleinding.

chaanWP1 ·

En dan word daar gese(deur polisie) dat ons nie die die gerugte moet glo wat op sosiale media versprei word van kinders wat ontvoer en doodgemaak word..Se voet man wanneer moet ons dan no vir ons begin steur aan dit wat on ons aangaan..
Rus sag engelkind.
Wonder waar en wanneer dit gaan eindig

E SCHOLTZ ·

My hart ruk elke keer as ek so ‘n opskrif sien. Daardie engel gesiggie sal nooit meer gesien kan word nie. Hoe kán enigiemand so wreed wees om so ‘n onkuldige kind te moor. Ek sal mal raak!

Willie ·

Tragies wat in die land aangaan.. dis so hartseer… hang die moordenaars! CR haal af jou oog klappe…

Bekommerde moeder ·

Dan wil die polisie nog steeds sê ons moet nie bekommerd wees oor ons kinders wat so verdwyn net om ‘n paar dae later dood of glad nie gevind word nie. Wag tot daar 1 van hulle kinders verdwyn dan gaan dit hoof opskrif wees in die koerant en nooit die einde van die storie hoor nie.

Sanette ·

Dit is so hartseer! Ek ry vanoggend in die Pretoria CBD. By die robot sien ek ‘n jong dogtertjie (verseker onder die ouderdom van 8) wat wag om die pad oor te steek by die robot. Daar kom staan ‘n jong (duidelik arrogante) man langs haar – wag ook om die pad oor te steek en hy kyk haar omtrent uit haar skoene uit op en af en jy kon sien sy is ongemaklik. Toe slaan die robot groen en hulle loop oor en ek ry aan. Ekt regtig gebid dat sy veilig sal wees waarheen sy ookal stap. Mense, julle kan nie julle kinders alleen laat loop of los nie. Dit is ‘n siek wrede wêreld daar buite. ASB. So hartseer vir die familie.

Snaaks ·

Ek het nou lekker gelag vir Tanzi se uitlating.

Dis asof mens fokus op die dingetjies van die alledaagse lewe wat ander irriteer… net om die eina te vermy wanneer ‘n kind die slagoffer van booswigte raak. ‘n Kosbare lewetjie beëindig – so ontydig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.