
Talle inwoners het die polisie na die twee vermiste kleuters help soek. (Foto: Newton Neighbourhood Watch/Facebook)
Die soektog na ʼn driejarige seuntjie en ʼn vierjarige dogtertjie het Dinsdag hartseer geëindig toe die liggaam van die seuntjie in ʼn ou motor in Newton in Wellington gekry is.
Die dogtertjie is lewend in die motor gevind en is na ʼn hospitaal vir waarneming geneem, het kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, gesê.
ʼn Grootskaalse soektog is Maandag na die kinders van stapel gestuur nadat hulle Maandagmiddag oënskynlik spoorloos verdwyn het. Hulle is die laaste keer gesien toe hulle buite ʼn huis in die buurt gespeel het.
Hulle is later as vermis aangemeld en tientalle mense het opgeruk om na hulle te help soek.
Traut het gesê die soektog deur die polisie en inwoners van die omgewing was teen gisteraand egter onsuksesvol.
Die twee is vanoggend in ʼn voertuig in die agterplaas van ʼn eiendom in Coronasingel aangetref.
“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en die presiese oorsaak van dood moet nog vasgestel word,” het Traut gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ai ai, hartseer, hoe siek moet ens wees om kinders te ontvoer het jy geen menswees
Laat ons net eers hoor hoe het die kinders weggeraak voor ons maar net aanvaar hulle is ontvoer.
Here, help ons asseblief in hierdie land. Ons kan nie meer al hierdie geweld en moorde vat nie! My hart huil vir hierdie kleintjies.
Ons leef in scary tye. Toe ek grootword, is my ma altyd daaraan herinner en gewaarsku dat ek nie met vreemdelinge moet praat nie – Stranger Danger – dit is die mense waaroor ons bekommerd moet wees. Ek het egter onlangs besef dat die gevaar nie net by vreemdelinge is nie, maar ook ooms, vaders, kêrels, broers, vriende – dit is mense wat ons ken, mense wat ons vertrou – selfs met ons kinders.
Ai hoeveel keer hat kinders nie al gesterf in skroot yskaste en goe wat in agterplase net le nie. Dit is so hartseer. Medelye met die families.