Soektog na vermiste ma afgeskaal

Brenda Lynn Scriven.

Brenda Lynn Scriven.

Daar is steeds geen teken van Brenda Lynn Scriven (62) wat verlede Maandag tydens vloede in Durban vermis geraak het nie.

Volgens Tami Scriven Alves, Brenda se dogter, is die laaste gekoördineerde soektog Sondag op die oewers van die Umgeni- en Umhlanganerivier in Durban-Noord onderneem.

Maroela Media het vroeër berig kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe Scriven se motor Maandag op die hoek van Glen Anilstraat en Sneezewoodweg onklaar geraak het.

Sy het glo vir ʼn insleepvoertuig gewag toe ʼn rivier daar naby weens swaar reën oorstroom het. Sy het vermoedelik uit haar voertuig gespring toe dit deur vloedwater meegesleur is en is ook deur die vloedwater meegevoer.

Die polisie, lede van die publiek en verskeie nooddienste en instellings soek sedertdien steeds na haar en die vermoede bestaan dat sy verdrink het.

Tami het gesê soekpogings gaan nou afgeskaal word, maar is nie afgelas nie. “Ons sal nooit op hou soek na ons geliefde ma nie,” het sy gesê.

Tami het namens die familie almal bedank wat hulle in die moeilike tyd bystaan deur te help met die soektog, donasies en gebede.

Mense met enige inligting oor Brenda word versoek om ao. Audh by 072 796 1818 of die polisie by 0860 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theresa ·

Alle voorspoed, Tami. Hoop jy het baie vriende en familie wat sal bly soek. Ek hoop dat jul pogings vrugte sal afwerp. Baie baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.