Soektog na vermiste ma lei tot gru-vonds

Annetjie Stassen. Foto: Verskaf

Annetjie Stassen. Foto: Verskaf

Die soektog na Annetjie Stassen, ʼn 78-jarige vrou van Kempton Park aan die Oos-Rand wat verlede week as vermis aangemeld is, het ná ʼn vier dae lange speurtog tragies ten einde geloop.

Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die Kempton Park-polisie, het Maandag aan Maroela Media gesê ná ʼn intense ondersoek en ondervraging van haar moontlike moordenaars, het hulle Vrydag onder druk geknak en het die vermistepersone-saak ʼn moordsaak geword.

Mtshali het gesê [Anna Dorothea Wilhelmina] Stassen is Donderdag deur haar vriende as vermis aangemeld nadat hulle bekommerd oor haar was aangesien hulle sedert Maandag niks van haar gehoor het nie. Sy was ʼn diabeet en het nie haar medikasie by haar gehad nie.

Stassen het haar huis met haar 43-jarige seun en dié se 31-jarige vriendin gedeel.

“Die polisie het die ondersoek by haar huis begin. Die seun het beweer dat hy nie weet waar sy ma is nie. Hy het aanvanklik gesê ʼn motor het haar vroeër kom oplaai, maar hy het nooit sy ma as vermis aangemeld nie,” het Mtshali gesê.

Mtshali het gesê die polisie het vermoed iets is nie pluis met die seun en sy vriendin se verklarings nie. Hulle het dus die ondersoek versterk en op verdoemende bewyse afgekom wat hulle met Stassen se verdwyning kon verbind.

“Die paartjie het Vrydag uiteindelik onder druk geswig en erken dat hulle haar vermoor het. Hulle is dadelik in hegtenis geneem,” het Mtshali bygevoeg.

“Die verdagtes kon nie vir die polisie sê waar die vrou se liggaam gestort is nie en het gesê hulle kan nie onthou nie. Albei het gedurende aanhouding en ondervraging verskeie plekke genoem, waaronder ʼn dam in Mpumalanga, Marble Hall asook Bronkhorstspruit.”

Die polisie het hul kollegas in dié gebiede in kennis gestel en ʼn uitgebreide soektog na haar liggaam is van stapel gestuur. “Die polisie se soektog in die dam in Mpumalanga het niks opgelewer nie. Die deurbraak is Sondag gemaak toe ʼn groep vroue, wat ná ʼn kerkdiens teruggestap het huis toe, op haar liggaam in ʼn veld in Bronkhorstspruit afgekom het.”

Stassen is vermoedelik doodgeslaan. Haar vriende het reeds haar liggaam uitgeken.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-streekhof verskyn, waarna hul name bekend gemaak mag word.

Lees die opvolgberig hier: Ma glo deur seun vermoor: ‘Sy was ontsettend lief vir hom’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Jollie ·

Watter siek wereld is hierdie nie!!!!!! Dat ‘n kind sy ma vermoor!! As jy nie van haar hou nie, trek!! Maar moenie iemand doodmaak nie!!!

Marisa ·

Hy kan tien teen een nerens trek want hy bly seker by haar omdat hy te niks werd is om sy eie plek te hê nie – ek praat uit ondervinding ek het ‘n broer van 32 wat te sleg is om ‘n werk te kry en te hou!!

Jackie Naude ·

Hoe vermoor jy jou eie ma?? Daar moet werklik iets groot verkeerd wees met so ‘n mens (as ek hom ‘n mens kan noem). Dit is absoluut skokkend!!

Amanda ·

Tragies! ‘n Mens kan net aflei dat sy vir hulle gesorg het? En die verskoning gaan weer wees ons was op drugs! Hoe in die lewe vermoor ‘n mens sy eie ma???

Speurder ·

Hulle name is reeds bekend gemaak op Netwerk24 en ja, dit was drugs..

PAM ·

O wee. Hoe sleg kan dit nog in ons land gaan dat jy as kind jou bejaarde moeder se lewe neem!!!!!!!!!!

charmaine ·

Net die feit dat so sleg ding van 43 nog by sy ma bly moet al rooi ligte laat afgaan.
Stuk gemors van die samelewing.

Elbie ·

Stem saam Charmaine! Genugtig n uitgegroeide lummel van 43 wat op sy bejaarde ma teer…dit se alles. Stuk gemors!

Frans ·

Dit is onbegryplik dat ‘n mens so laag kan daal om jou ma te vermoor en dan nog eers oor dit te lieg en die polisie om die bos probeer lei getuig van ‘n absolute gewetenlose mens.

Tina du Tout ·

Hulle het natuurlik op haar geld gelewe en sy moes maar net voorsien. Het seker gedink hulle gaan geld score vir drugs. Dis gemeen om jou eie ma dood te maak. Arme ou tannie. Ek hoop hulle sit lewenslank.

Susan Leonard ·

Ons het as kinders in dieselfde straat gewoon waar Gideon se ouerhuis is. Sover my kennis strek het Gideon n baie goeie werk gehad en was hy baie na aan sy ma. Hy het sowat drie jaar terug die meisie ontmoet. Hulle was besig om huis te koop en sou trou. Daarna het ons kontak verloor. Ek is hartseer en geskok. Die tannie was n dierbare mens waarna ons as kinders opgesien het.

JJ ·

Kry asseblief jou feite reg. Hy was beslis nie na aan sy ma nie. Hy het haar inderdaad gereeld geslaan en mishandel. My man (van SAPS) was juis so ‘n maand en ‘n half terug by haar huis omdat die gemors haar geslaan het. My man het die tannie gesmeek om ‘n saak teen hom te maak, maar sy wou nie.

fransie rowles ·

Siek man siek, so jammer ons regstelsel is so pateties!!
Jul verdien die doodstraf !!

pop ·

Hoop dis n les vir al die ma”s wat hulle sleg volwasse kinders by hulle laat woon wat nog op drugs is ook. Skop hulle uit!!!Aan die naasbestaandes van die stome vrou, my innige innige meegevoel.

Winston ·

Eiesoortige doodstraf is beter vir hulle. Slaan hulle ook stadig dood.

Eliza-beth ·

Sy dra hom vir nege maande, versorg hom as hulpelose baba en natuurlik aldeur sy grootwordjare en ook later, soos dit hier blyk – en dis sy dankie. Hoe uiters siek. Ek het regtig nie woorde nie, dit maak my net naar.

Rene ·

doodstraf is n te maklike uitkoms. hulle moet gevonnis word en biki die tronk lewe he. daar sal hy sit en dink en spyt salbsy vriend word. sy ma was sy grootste aanhanger nou het hy niemand. die gemors!

Anre ·

Ag nee hel. Dis tragies. Ek hoop maar reg geskied ordentlik!

Ronel ·

Tannie Sussie, ons gaan jou mis. Jou plekkie is leeg in ons harte. Jou moordenaars sal aan di pen ry. Hulle sal kry wat hule verdien.

Gerhardt ·

Ek hou baie van jou kort kommentaar! Kan ons die 10 gebooie asb weer in die kerk begin hoor?

Johan S ·

Die gereformeerde kerke hou nog met elke oggend diens die 10 gebooie voor. Hou so aan Doppers

Beatrix Stevens ·

N Hart van n Moeder… so kosbaar soos Goud… ek sou wat wou gee… om my Moeder vir net nog een minuut of sekond teen my vas te druk… en net nog eenmaal vir haar wou vertel” hoe lief ek haar het… Nou kry jy so n monster van n sleg kind… wat die lewe van sy Ma neem… Ja sy was goed terwyl sy als kon gee, maar toe dinge begin sleg gaan…. en jy geen ander omdraai kans het??? wat doen jy??? Vermoor haar…. Jy is nou 43??? jy gaan in die tronk bly boet”’ en mag jy dan elke dag dink aan?? Wat jou Ma als vir jou in die lewe opgeoffer het??? en wat het jy gedoen””’ ?? Jou gewete sal jou pla…. jy sal berou””

mientjie ·

Alhoewel ek die daad van moord verafsku, dink ek nie mens moet vergeet dat ons almal sondaars is nie. Ek dink mens moet eerder vir hulle bid. Ek is seker die vermoorde moeder sou ook eerder gebede vir haar seun gevra het as die doodstraf…ek sou, as dit een van my kinders was, eerder wou he hulle moet God leer ken en deur Hom vergifnis gesmeek het.

johann weilbach ·

Waarvoor bid? Hulle verdien geen gebede net die verdoemenis die slegte goed.

Bytjie ·

Ek het die tannie geken. Sy sou beslis vir gebed vir haar seun gevra het dat hy Jesus persoonlik sal leer ken.

Cecilia Tjaden ·

Doodgeslaan deur jou eie kind.
Is daar iets erger? Daar word daagliks baie moorde gepleeg – maar n seun wat sy eie moeder vermoor. Haar doodslaan!
Ouermoord. Daar is net nie woorde om my walging te beskryf nie.
Daar IS GEEN VERSKONING vir dit nie.
Ook nie drugs nie.
Hulle behoort gehang te word in die openbaar. Maak n voorbeeld van hulle.
Die feit dat die moordenaar van die van Breda ouers vry rondloop gee groen ligte!!
Skande!

Innige simpatie met haar geliefdes.

Derrick Gouws ·

Ons innige simpatie met die familie wat haar liefgehad het en nou oor haar dood moet treur. Ons is mense en kan nie oordeel nie. Haar moordenaar sal rekenskap gee. Sterkte vir julle almal.

M A ·

Ek ken ook ‘n man in sy 50’s wat sy ma haat en haar sou doodmaak as hy dink hy kan daarmee wegkom. Hy het op haar geteer en net by haar ingetrek. Dis nie so maklik om jou rug op jou kinders te draai nie, al weet jy hulle is sleg. En ‘n mens is ook maar bang om hulle uit te skop want hulle dreig jou gedurig. Moet asseblief nie die tannie kwalik neem omdat sy nie streng genoeg was nie. Party mense is net van die duiwel self.

Corne ·

Ek ken Tannie Annetjie 36 jaar. Sy was ‘n diep kind van God en die manier waarop sy geneem is, is iets wat ek nie my grootste vyand toewens nie, maar nou is sy by Ons Vader waar sy gelukkig is. Gideon en Sara sal eertstens in ons gereg verantwoording moet doen en dan wag hulle nog om voor God se regterstoel te staan. Tannie Annetjie rus in vrede.

Ook 'n moeder. ·

Ek is ook ‘n moeder met so ‘n seun. Nugter is hy dierbaar maar die bottel maak hom iemand wat ek haat. Ek haat drank en drugs dit verwoes lewens. Ek het my kniee al deur gebid en sy vader is oorlede terwyl hy onder die invloed was en hom nie gegroet het nie. Party se gooi hom weg, Ek het als probeer, weet nie meer watter kant nie, die lewe is nie meer leker nie en ek wil na my man toe gaan. Dit voel asof ek teen ‘n muur vas bid en God my vergeet het. My gebed is dat hy by die HERE sal uit kom want daar is nie ‘n ander manier wat hy sal reg kom nie.

SNEL ·

Ook n Moeder, dis vreeslik om te lees wat jy deurmaak. Bid saam met jou. Ek stem, net die Here kan mense verander.

Eliza-beth ·

Ook ‘n moeder – hoe wens ek ek kon jou help en ek glo almal hier voel so. Dalk moet jy stilweg ‘n video van hom neem wanneer hy so mal word en dan, as hy goed nugter is vir hom wys hoe verskriklik hy is en hom mooi vra om vir hulp te gaan. Ons weet almal dat alkoholiste en mense wat verdowingsmiddels gebruik slegs gehelp kan word mits hul self hul probleem erken en gehelp WIL word. Dis net ‘n voorstel, of dit kan werk weet ek nie. Kan jou leraar of maatskaplike dienste nie ook dalk help nie? Ai man, ek bid regtig vir jou. Jy is reg – ‘n ma bly ‘n ma en mens gooi nie jou kind sommer weg nie ne ongelukkig gebeur daar soms dinge soos in hierdie berig. Ek hoop iemand êrens kan jou help. Baie sterkte vir jou.

Dalene ·

Sluit hul toe,gooi sleutel weg en vergeet van hulle.Hul verdien Om van honger Te sterf. Stadig maar seker. Gebruik lief belasting betalers se geld vir opregte behoegtiges.

Amanda Van Vuuren ·

Ek het al male sonder tal op fb ens geskryf dat ek n rolprent gesien het waar n druglord n man se kind se dood veroorsaak het deur drugs. Die pa het nooit ophou soek totdat hy die druglord opgespoor het nie. Die dag toe hy hom kry, het hy die man op die grond vasgepen en drugs in sy keel af geforseer totdat hy daarvan versmoor het!! Die beste straf ooit!!

Beatrix Stevens ·

Ook n Moeder… Troos jou daaraan… jy het Gebid jy het jou als opgeoffer vir hiedie seun…. My mooiste woorde altyd… vir my kinders is: Ek kan jou van die Lewe vertel…. maar ek kan nie jou Lewe vir jou Lei? … Ek kan jou van Jesus vertel, maar Ek kan nie Jesus jou Koning maak nie…. Ek kan verstaan wat jy moet deur maak…. Maar berus jouself… Ons almal het net een kans in die Lewe…. en Elkeen wat die vir wie hul moet Lief wees verwerp, of leed aan doen??? Hul dag sal kry…. Wees Sterk…. en hou aan Bid… God hoor jou Gebede….

Onbekend ·

Hoe gemeen!!!!!!! Sy het vir hom blyplek gegee en hom versorg en dan doen hy dit aan sy eie moeder ja natuurlik het hy nie geweet wat hy doen nie en dit deur die verdomde DRUGS!!!!!!!!!!!!!!
Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg asseblief!

Linda ·

Dit wat in die Bybel staan is besig om oral te gebeur, in MATTHEUS 21:10 (jammer ek gaan dit in Engels kwoteer)
New Living Translation
“A brother will betray his brother to death, a father will betray his own child, and children will rebel against their parents and cause them to be killed

Peet J ·

My simpatie met die familie dit wil vir my voorkom of hierdie soort van moorde waar kinders hulle ouers vermoor besig is om toe te neem
ek verwys ook na waar Jesus sê:- Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader en tussen ‘n dogter en haar moeder en ‘n skoondogter en haarskoonmoeder.

Christine ·

Peet J – nou verstaan ek nie so mooi nie? Waar (in watter teksvers) het Jesus hierdie woorde kwytgeraak? Toegegee, ek is nie ‘n Bybel-student nie, maar ek weet darem nie so mooi hiervan nie.

Delta Mike ·

Goeie werk aan al die SAPS manne wat betrokke was by die ondersoek. Daar is nog bitter min van julle wat trots op jul werk en deeglik aandag gee aan n saak.

Theresa ·

Dwelms nie beskikbaar nie – dan gaan die herinneringe en verlange kom. Dit kan erger as doodstraf wees…

Esmerelda ·

Ai my hart is seer.
Die tannie was ons client ons het haar derde party eis gedoen. Sy was altyd so gelukkig en bly om met my te praat ai sy het my al tot op my naam geken. RIP mev Stassen!!

SL ·

Sy was ‘n baie eerbare vrou, absokuut weerloos en sy was een van die goddelikste mense wat ek geken het, wat op ‘n baie oneerbare wyse gesterf het. Mag die HERE Here van die Leërskare haar jare lange gebede en trane onthou en haar seun red uit sy verdoemde toestand.

anton ·

Mense ek het saam met die oom en tannie geestelike pad gestap waar hul seun ook teenwoordig was. Hierdie ouers het hul seun baie lief gehad. Jaar gelede het sy gehuil oor hom. Mense hierdie goeie man Gideon is verwoes deur hierdie monster. Dwelms maak jou ander mens. Bid vir Gideon. Mag die famulie weet tannie Annetjie het met Christus gelewe en in Christus gesterwe. Bid vir ons jongmense drugs vernietig baie ouers se lewens.

Deloris ·

hoe siek, ek hoop hulle gaan hulle toekoms in die tjokkie deurbring .. .ek hoop hulle kry lewenslank…. net jammer ons moet vir die gemors sorg in die tronke .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.