Die soektog na ʼn 55-jarige man wat sedert Sondag vermis was, het met ʼn gru-vonds geëindig nadat sommige van sy liggaamsdele vermoedelik gevind is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die Limpopo-polisie, het Saterdag gesê gedeeltes van die man se liggaam is deur vissermanne in die Olifantsrivier buite Groblersdal gekry.
Ngoepe het gesê die slagoffer het Sondag vermis geraak en was sedertdien soek totdat die vissermanne gedeeltes van sy liggaam in die rivier tussen Moletsane en Elandskraal gevind het.
“Die vissermanne het ʼn net gebruik en toe hulle dit na die oewer trek, is die man se kop en hand daarin gevind,” het Ngoepe gesê.
Ngoepe het gesê die oorsaak van die man se dood moet nog deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word, maar die vermoede bestaan dat hy moontlik deur krokodille opgeëet is aangesien die rivier vol van dié reptiele is.
Lede van die man se familie het die oorskot op die toneel uitgeken, maar sy identiteit kan eers bekend gemaak word as die nadoodse ondersoek bevestig het dit is hy.
Die polisie het ʼn beroep op die publiek in die omgewing gedoen om uiters versigtig te wees as hulle die rivier wil oorsteek.
Die Rakgoadi-polisie doen ʼn geregtelike ondersoek.
Hoe seker is hulle dis sy kop????
Is die ooit n geldige vraag? Met wat dink jy kan die kop misgis word? Dalk die stert
Lede van die man se familie het die oorskot op die toneel uitgeken,
Wat ‘m aakligheid om die uitkenning te doen.
Ek breek die 100m rekord as ek daai net intrek.?
Is netsleep dan nie onwettig in varswater visvang nie?
Niks maar niks is meer in hierdie ANC beheerde land onwettig nie. Tot die president mag openlik loot. Mag geregtigheid gou terugkom!
Moenie die rivier oorsteek nie.
Gebruik die PAD.
Jammer vir die man se familie!