‘n 42-jarige man wat vermoedelik in Hercules, Pretoria ontvoer is, is dood aangetref in Standerton.
Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ʼn plaaswerker het Dinsdagoggend omstreeks 03:00 die gruvonds gemaak. Die man se liggaam is met ʼn duvet bedek en hy is op die R50, sowat 5 km buite Standerton, gevind.
Die man se liggaam is naby die voertuig gevind wat sy pa vroeër as vermis aangemeld het in Hercules.
Bloedvlekke is in die kattebak van die gryskleurige Renault Sandero aangetref.
“Die oorledene se nek is oopgesny en hy het ʼn meswond aan sy kop opgedoen. ʼn Familielid het hom die oggend om 07:30 positief uitgeken.”
Omstandighede rondom sy moord is nog nie bekend nie, maar die polisie in Standerton en Hercules werk saam om alle leidrade op te volg.
Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Sean Brouwer van Standerton te skakel by 079 499 6312.
- Die man se naam is intussen op versoek van ‘n woordvoerder van die familie verwyder totdat alle naasbestaandes in kennis gestel is. – Red
Dis nou maar Suid Africa vir jou
So word meer mense in SA vermoor as n oorloggeteisterde Israel maar die ANC is min gespin. Solank dit net nie een van hulle eie is nie.
En die WB rugby het ons nasie dan so mooi bymekaar gebring ! En nou dit. Ook die plaasaanval by Reivillo waartydens ‘n boervrou vandag vermoor is. Om nie eens te praat van die jong onderwyseres wat gruwelik tydens ‘n stapgeleentheid in ‘n Johannesburgse park vermoor is nie.
Sulke gebeure , voel dit vir my, neem daagliks toe in getal. Ons probeer oorleef in ‘n uiterste siek land van Barbarisme, geweld, dood, roof,verkragting en korrupsie.
Kom ons, as opgevoede Christen-mense, buig voor ons Hemelse Vader, bely met erns ons verkeerde/sondige dade, en pleit dat Hy, soos nét Hy as Almagtige Skepper kan doen, om ons te vergewe … maar … meer belangrik.. om die eer van Sy Heilige Naam te verdedig en aan Hom alle eer gee vir Sy genadige redding/ verlossing.
So bitter tragies nou val ons so vinnig voor kersfees mag GOD ons dra arme wittes shame !!!!!!??