Soektog na vermiste man en kind in kanaal opgeskort

Stad Kaapstad se brandweer (Foto: ANA)

Die soektog na ʼn kind wat in ʼn kanaal geval en ʼn man wat haar probeer red het, is Donderdagmiddag opgeskort weens weersomstandighede.

Jermaine Carelse woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, het gesê die brandweer is omstreeks 13:20 ontbied na ʼn voorval waar ʼn kind in ʼn kanaal naby 8ste Laan, Belgravia Estate in Hazendal, geval het.

“Brandweerspanne van Ottery en Epping en duikers van Roelandstraat-brandweer is na die toneel ontbied. Inwoners het aan die bevelvoerder gesê ʼn man het ook in die kanaal gespring om die kind te help.”

Die beamptes is oral in die gebied ontplooi. ʼn Dobber, wat in die kanaal gegooi is om ʼn moontlike uitgangspunt te bepaal, het by Koodoo- en Hickoryweg opgekom.

Carelse het gesê die soektog is omstreeks 16:30 opgeskort weens die gure weersomstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
marthie

Ons innige simpatie aan haar familie en sy familie