Soektog na vermiste man voortgesit

Argieffoto: Chops Craig/NSRI

Argieffoto: Chops Craig/NSRI

Die soektog na ʼn 45-jarige man van St. Francisbaai in die Oos-Kaap wat in die Kromrivier vermis geraak het, is Sondag voortgesit.

Marc May, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in St. Francisbaai, sê die vermiste man het laat Saterdagmiddag saam met twee ander mans in ʼn kano op die rivier geroei toe dit omgeslaan het.

“Die twee vriende het alarm gemaak nadat hulle daarin kon slaag om die kant te bereik. Hulle is nie beseer nie.” Duikers van die NSRI het teen laat Saterdagaand nog die rivier gefynkam en die soektog is Sondag voortgesit.

“Die polisie se honde- en reddingseenheid is ook op die toneel en help met die soektog. Die polisie se duikeenheid is ook in kennis gestel,” sê May.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.