Soektog na vermiste Marco eindig tragies

(Foto: Verskaf)

Die soektog na Marco, ʼn driejarige Australiese beeshond wat op 24 Februarie spoorloos van ʼn kleinhoewe in Colleen Glen buite Port Elizabeth verdwyn het, het Saterdagaand tragies geëindig.

Op die Facebook-blad Bring Marco home skryf iemand: “Ek tik hierdie boodskap met ʼn swaar hart namens Anneli. Marco is ʼn rukkie terug dood aangetref. Hy is geïdentifiseer en huis toe geneem en in sy tuin begrawe. Uit die diepte van ons harte bedank ons elkeen van julle, Marco se herinnering sal nie hier eindig nie. Vlieg hoog Marco.”

Anneli van Jaarsveld, Marco se eienares, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Die dierebeskermingsvereniging (NDBV) in Uitenhage het ook die nuus op sy Facebook-blad bevestig. “Marco is gevind maar is ongelukkig dood. Rus in vrede liefste seun. Ons gedagtes en gebede is saam met jou familie in rou.”

Maroela Media het Saterdagoggend nog berig dat die reusebeloning van R25 000 na R50 000 verhoog is om Marco terug te besorg.

Van Jaarsveld het Saterdagoggend gesê hulle hoop dié bedrag is genoeg om iemand te oortuig om hom prys te gee. “As hy siek of vermis was, sou ons al iets gehoor het. Hy is definitief gesteel.”

(Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Van Jaarsveld het ʼn Facebook-blad genaamd “Bring Marco Home” gestig. Haar pleidooi om Marco terug te kry is al meer as ʼn halfmiljoen keer op sosiale media gedeel.

“Hy is my alles, my kind en my lewe. Hy gaan oral saam met my. Ek weet nie hoe ek sal regkom sonder hom nie,” het Van Jaarsveld aan Maroela Media gesê.

Marco het op 24 Februarie oudergewoonte saam met Van Jaarsveld buitentoe gegaan omdat daar mense by die hek was. Van Jaarsveld het ʼn perdeplaas en ʼn gastehuis op die kleinhoewe waar sy saam met haar man woon.

“Daar sou mense die oggend kom perdry op die plaas, so ons het uitgeloop buitentoe. Marco hardloop altyd na die hek toe om die mense te gaan groet. Ons het die hek oopgemaak, maar die motor het nie ingery nie. Hy het ook nie só geparkeer dat ons kon sien wie in die kar is nie. Die hek het toe outomaties toegegaan toe niemand inry nie. Die kar het weggery en Marco was nie meer daar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Ekke ·

Waarvan is hy dood .het iemand hom toe ontvoer? Almal is nou in duister gelaat .en almal het help soek?? Wat is die oorsaak van sh dood !!!’ sterkte RIP

chantelle ·

Hi Ekke. sover ek verstaan is hy in greenbush area gevind met n stuk draad om sy nek. en nog n stuk los amper soos n leash. ek het ook gehoor dat hy toe wel gebruik was in dogfighting want hyt baie byt pleke op hom gehad, (dit is egter nog nie bevestig nie)

Paul ·

Nog te meer rede, soos ek hier verder ondertoe voorstel, dat daar ‘n standbeeld vir Marco opgerig sal word. Dit moet sy hele storie en lewensverhaal tot en met sy dood vertel. Dit moet ons daaraan herinner en motiveer om daagliks die onreg teen ons viervoetige geliefdes, met alle mag te beveg.

Marinda ·

My hart is skoon seer toe ek die lees. Sterkte vir julle.

Lollie ·

Wat was nou die doel van dit alles? Hoop hulle kry die skuldiges! Bied daardie beloning aan vir iemand wat die skuldiges uitwys of bring, ‘dead or alive’!

Anichia van vuuren ·

Volgens wat berig is is hy in Groenbossies gevind. Hyt n draad om di nek gehad wat dui dat hy vasgemaak en losgebreek het maar draad het hom verwurg.

Veronica ·

My hart huil saam met sy nonna! Ek het so gehoop vir n gelukkige einde want ek is self gek oor diere. Beter en getrouer as mense!! Ek neem aan dit was n kar? Julle sê nie? Sterkte ounooi! Ek glo vas ons diere.wag daar vir ons in die hemel!

duifie ·

Ek verstaan, Anneli. Huil saam met jou….moes ook eenmaal my geliefde, getroue labrador so bitter onverwags groet. Maar daar is Een wat ons die beste verstaan. Kyk op en huil by Hom. Dink aan jou.

Canine ·

Baie min mense is bewus of het al die band wat tussen mens en hond Kan bestaan ervaar. Die onbaatsugtige liefde, lojalitet , en kameraadskap. Altyd, elke dag. Vir seker n geskenk van Bo aan die mensdom.

Tjert ·

My hart gaan uit na Anneli (al ken ek haar nie)… My 3 Staffies lê nou hier by my voete en slaap… ek wil my nie aan haar situasie indink nie. As mens waarlik lief is vir jou hond(e)… het elkeen sy/haar eie besonderse karakter en buiten my 3 groot kinders… word hierdie soos ‘n tipe van inwoner, baie na aan mens se hart…. soos ‘n kind! ‘n Kind kan NOOIT vervang word nie… ten spyte van die seer en unieke karakter van ‘n lieflinghond… kry ‘n nuwe Marco!!! Sterkte.

Anton ·

Ai ! My hart huil saam met Anneli. Die hartseer is erg maar wees gerus hul wag vir ons daar by die Reenboogbrug om saam met ons die Hemel in te gaan.

Paul ·

Ons het klomp jaar gelede twee kinders gehad, twee maltese, die een se naam was Nicky, die ander een Bambie, die effe ouer een was ‘n baster tussen ‘n maltees en ‘n miniatuur fox terrier, hy kon oor die 20 bevele gehoorsaam, mens het altyd gevoel hy praat met jou, gesels saam, kon met jou kommunikeer. Hulle was al twee kinders wat ons gehad het. Ek praat nou eers van hulle na hulle al oor die tien jaar nie meer met ons is nie.

Cristel ·

My hart is stukkend vir jou. Sterkte. Ons almal dink aan jou.

Candice ·

Weet nie hoe Waar dit is maar het gelees dat hy is gevind met n draad om sy nek. Hy was ge wurg. Maar let wel dit is nog Geen eens bevestig deur enige iemand van Marco se mense. Ek weet net as dit wel die geval was het hul om gevat net om te gaan vermoor omdat Ek nie kan dink dat enige ienand so n groot bedrag Sal prys gee as hy wel nog gelewe het toe die bedrag bekend gemaak was. Ek hoop regtig gebruik daardie geld en spoor die mense op wat verandwoordelik was v sy onnodige dood.

LR ·

Ek hoop hulle kan die motor onthou. Hulle het seker nie die registrasie no neergeskryf nie. Ek ruik n rot hierdie mense het heelwaarskynlik die hond ontvoer hom dood gemaak omdat hulle hom beskou as n gevaar om op n latere stadium by die eiendom in te breek. Wees asb op julle hoede.

Andrea ·

Dis waarvoor ek bang was. Ek wou sê gaan soek hom in die naaste plakkerskamp. So jammer, arme Marco. Jy wat net liefde en sorg geken het. So jammer dat jy jou lewe moes eindig in sulke omstandighede, dat jy moes leer daar is wesens wat soos mense lyk, maar so boos is dat ek nie n naam vir hul het nie. Baie jammer.

Paul ·

Soos vir Jock, laat ons ‘n monument oprig vir ons geliefde viervoetiges. Ek dink ook aan Balto, daardie poolhond.

Paul ·

Waarom dan nie die foto van Marco hier bo vir die standbeeld gebruik nie? Wie gaan die projek dryf en waar kan ons ‘n bydrae maak?

Daan Erasmus ·

Jock of the Bushveld is ‘n storie. Net ‘n storie. Sir Percy Fritzpatric het die stories opgemaak as slaaptyd stories aan sy kinders. Hy het ‘n hond Jock gehad. 90% van die Jock verhaal is fiksie.

Paul ·

Daan, daar stuur jy my droom en vertroue in die mensdom, heel in sy dinges in, ek wat hier neffens die spore van Jock se wedervaringe woon, so asof ek dit nie ken nie.

lizl ·

Jock was `n ware verhaal
Jock of the Bushveld is a true story by South African author Sir James Percy FitzPatrick.[1] The book tells of FitzPatrick’s travels with his dog, Jock, a Staffordshire Bull Terrier cross,[2][3][4] during the 1880s, when he worked as a storeman, prospector’s assistant, journalist and ox-wagon transport-rider in the Bushveld region of the Transvaal (then the South African Republic).[1]

Penellope Jones ·

Ai tog, so jammer om hierdie berig te lees!
Het so gehoop dat hy veilig gevind sal word.

Jo-ANLI ·

Rus in vrede liefste seun. Jou mamma gaan jou verseker mis. Net soos ek my 3 kindertjies mis wat ek moes afstaan dis so so seer, ek verstaan. Dit alles was so onnodig. Ek ken jounie, my hart gaan virseker uit na jou. Sterkte

Overberg ·

Die mense het heel waarskynlik geweet hoe hy optree as daar n voertuig by die hek stop. Ek gee jul n brief daar was inligting verskaf van iemand wat by jul werk of van bure se mense. Eks rerig omgekrap en hartseer hieroor.

Smurfie ·

Die Bybel sê duidelik ons moet heers oor die diere. M.a.w ons moet lief wees vir hulle en hulle versorg. Die mense wat diere so mishandel gaan eendag rekenskap moet gee. My hart is seer saam met die familie xoxo

Debbie ·

Sterkte dink aan julle. Weet waardeur julle gaan. Hoop en bid hulle kry die skuldiges. Mag geregtigheid see vier. Dit was so onnodig. RIP Marco Jou ounooi gaan jou baie mis. My hart is baie seer. Kan nie ophou huil.??

whanita ·

Ons het twee beeshonde en VERSTAAN hoe sy oor Marco gevoel het.
Jammer dat hy oorlede is maar nou weet jy waar hy rus.
R.I.P Marco jy is nou tuis

Ekke ·

Soek asb die skuldiges .en maak n voorbeeld van hul .kan nie weg kom met dit nie .gebruik nou asb daai R50,000 om die skuldiges vas te trek en lewens lank tronk straf moet gekry word vir dit .Asb

Lee ·

Ai dis so tragies. Het so gehoop hulle kry hom. Die Poliesie moet iets kan optel waar hy gekry is. Hoop die skuldiges word gevang. Sterkte Anneli! Dink aan julle xx

Melanie ·

Ai, ons is almal so hartseer!! RIP Anneli se seun!! Ons hoop julle gaan dit nie daar laat nie, as Marco met n draad om die nek gekry is en wel gebruik is vir honde gevegte moet hulle boet!! Terwille v al die ander arme honde wat nie hulle self kan verdedig nie! Gebruik daardie geld vir verder ondersoeke daarna. Sterkte Anneli, my hart is stukkend saammet jou!!

Naomi ·

En wat dink julle gaan met die skuldige gebeur? N.I.K.S. NET MOOI NIKS. !!!!!!!!
Mense lewens beteken zero in SA, diere lewens nog minder. Kriminele kry nie eers behoorlike tronkstraf vir moord, wat nog te sê lewenslange tronkstraf? Skuldiges vir moord is vinniger vry op borgtog as wat hul gevang is.
Skenk eerder daai beloning aan n diere organisasie.

Elizabeth ·

My innige meegevoel met jou groot verlies Anneli. Ek is in trane. Ek wil nie eers dink waardeur jou seuntjie gegaan het in die hande van hierdie gewetenlose moordenaars nie. Mag God aan jou vertroosting bied. Marco hardloop nou in die Hemel rond en sal altyd naby jou wees. Ek is so bitter jammer dat onskuldige diere so moet ly. Rus in vrede Marco. Jy het ons almal se harte geraak.

T ·

Ek glo nogal aan micro chips! Baie jammer Marco ek huil nog die hele dag.

Helene ·

My hart is verskriklik seer toe ek die nuus lees. Rus sag liefste Marco. Ek glo in elkgeval ons sal weer ons diere-kinders sien. Dit is verseker!!

Ongelukkig ·

Ek voel hier is te min inligting. Ons sal graag wil weet wat die oorsaak van sy dood is? Is hy vermoor, raakgery, gif ingegee..? Ons het hierdie soektog saam met hulle aangepak en saam gehoop en bid hy kom terug. Sal graag meer details wou he om closure te kry. Dit was ‘n hartseer en ontstellende saak.

OORSAAK VAN DOOD ·

Nee hy is met ‘n stuk draad om sy nek dood gevind. Daar word vermoed dat hy met die draad om sy nek vasgemaak is (vir watter rede ookal – mens mag dalk nooit die rede weet nie) dat hy losgebreek het en dat die draad hom verwurg het/sy dood veroorsaak het. Daar is dit dus nou.

Adel ·

Dis so bitter hartseer en vreeslik dat die mense die hond ontvoer het….. daar is sulke siek mense daar buite wat wraggies so iets aan ñ onskuldige hond sal doen. Dit maak my woedend en ook baie hartseer vir julle met die verlies van julle geliefde honed kind.

Baie sterkte xx

Claudette ·

Anneli my hart is stukkend vir julle. Baie sterkte so gehoop julle gaan vir Marco kry. Ek sê sommer dankie aan almal wat help versprei het met die verdwyning van Marco. RIV Marco

lizl ·

Regstelling Daan : Jock WAS `n ware verhaal. Ja, die sjrywer het dit vir sy kinders vertel en gelees, maar die hond het werklik geleef en al die avonture beleef soos ons dit ken. Jock of the Bushveld is a true story by South African author Sir James Percy FitzPatrick.[1] The book tells of FitzPatrick’s travels with his dog, Jock, a Staffordshire Bull Terrier cross,[2][3][4] during the 1880s, when he worked as a storeman, prospector’s assistant, journalist and ox-wagon transport-rider in the Bushveld region of the Transvaal (then the South African Republic).[1]

Estelle Oelofsen ·

“The moral worthiness of a nation can be judged by the way its animals are treated” – Mahatma Gandhi
‘We can judge the heart of a man by his treatment of animals’ Immanuel Kant
“A righteous man cares for the needs of his animal, but the kindest acts of the wicked are cruel.” Proverbs 12:10 The Bible
Wild animals never kill for sport. Man is the only one to whom the torture and death of his fellow-creatures is amusing in itself.”
–James A. Froude, British historian
Ek sou versigtig wees, hulle maak jou hond dood om by jou uit te kom! Simpatie!
‘n Dier kruip baie diep in jou hart want hy is onvoorwaardelik met sy aanvaarding van jou. Ek ken mense wat hul diere sò sleg behandel, maar die dier bly lief vir, en lojaal aan hulle.

Jef ·

Ek het n dobermann gehad wat ook ontvoer is maar ek het my liewe saggeaarde hond nooit meer teruggekry nie en nou lees ek hierdie tragiese berig en ek weet wat jy nou moet deurgaan.
Diegene wat so iets doen klassifiseer ek nie as mense nie dis eerder moordlustige barbare.

Baie sterkte.

LB ·

Ek huil nou saam met Anneli. My diere is my familie en ek hoop dat dit wat aan Marco gedoen is sal teruggaan na sy moordenaars.

Pikkewyn ·

Anneli.Is so jammer om te hoor v Marco.Het regtig gehoop hy kom veilig tuis.Ek het self n hele paar honde en het nou so 2 weke terug my nuutste baba by gekry nadat ek haar gered het v 4 jong seuns wat haar met n tou om di nek gesleep het.Sy was toe maar net 5 wekies oud en half dood en baie ontwater.Ek het regtig benoud gewonder of ek haar deur daai 1ste nag gaan haal en wonder bo wonder het sy dit gemaak en alhoewel ek met haar sukkel dat sy genoeg eet om di maer ou lyfi weg te kry het sy my nog net vreugde gebring.Sy word elke dag al hoe ouliker.Sy skrik darem nou ni mee so baie ni en is ni mee bang vi alles wat beweeg ni.Vat di geld en spoor di skuldiges op wat dit aan hom gedoen het!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.